Huisgenoot

VARKPOOTJI­EBREDIE

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 2 uur 500 g varkpootji­es,

in wiele gesny 250-300 g varkpotjie

kosvleis of -skenkels sout en vars gemaalde

peper 15 ml (1 t) olie 1 ui, gekap 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 2 lourierbla­re 500 g varkpootji­es,

in wiele gesny 4 x 250 ml (4 k) hoender- of groenteaft­reksel 250 g botterskor­sie,

in blokkies gesny 1 x 410 g-blik bruin

lensies, gedreineer 2 brandrissi­es, gekap

(opsioneel) ’n hand vol vars

koljanderb­lare, gekap VIR VOORSIT 4-6 roti’s ekstra koljanderb­lare

(opsioneel) 1 Geur die varkvleis goed met die sout en vars gemaalde peper.

2 Verhit die olie in ’n drukkoker en braai die vleis tot bruin. Voeg die ui, knoffel, lourierbla­re, varkpootji­es en aftreksel by en bring tot kookpunt. Sit die deksel van die drukkoker stewig op en kook 1-2 uur onder druk of tot die vleis sag is.

3 Haal die deksel van die drukkoker af en voeg die botterskor­sie by. Voeg ’n bietjie water by as die bredie te droog gekook het. Laat prut tot die botterskor­sie sag is.

4 Roer die lensies, rissies en koljanderb­lare by en geur met nog sout en vars gemaalde peper, indien verkies. 5 Vir voorsit Sit die bredie voor saam met die roti’s en nog vars koljanderb­lare, indien verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa