Huisgenoot

MURGBEENBO­TTER

-

LEWER SOWAT 125 ML (½ K) BOTTER Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 45 min. 4-6 groot murg

beenwiele ’n hele knoffelbol 15 ml (1 e) olyfolie sout en vars gemaalde

peper 100 g sagte botter 1 suurlemoen se

gerasperde skil ’n hand vol pietersiel­ie,

fyngekap 2,5 ml (½ t) seesout

vlokkies VIR VOORSIT mielies, gekook tot gaar ekstra vars pietersiel­ie

(opsioneel) suurlemoen­wiggies

(opsioneel) ekstra seesoutvlo­kkies Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Sit ’n vel foelie (dubbel so groot as ’n bakplaat) op die bakplaat. Pak die murgbene en knoffelbol op die foelie. Drup die olie oor en geur die murgbene met die sout en vars gemaalde peper. Vou die foelie toe rondom die murgbene en knoffel en seël die kante.

2 Sit die bakplaat in die oond; rooster 45 min. of tot die murg en knoffel sag is.

3 Krap die murg uit die murgbene en sit die murg in ’n mengbak. Druk die sagte knoffel uit die huisies en sit by die murg in die mengbak. Laat heeltemal afkoel.

4 Voeg die botter, suurlemoen­skil, pietersiel­ie en sout by die murg en knoffel en meng goed. Bedek goed en verkoel in die yskas tot jy dit nodig kry.

5 Vir voorsit Smeer die botter oor die mielies, sprinkel die pietersiel­ie oor (indien verkies) en sit voor saam met die suurlemoen­wiggies (indien verkies) en ekstra seesout.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa