Huisgenoot

PLESIER & PYN VAN MAGSPEL

’n Kaapse man wat van sy vrou se moord aangekla word, is na bewering behep met dominerend­e seks. Wat behels dit?

- Deur PIETER VAN ZYL

OP DIE oog af lyk dit soos ’n doodgewone huis in ’n doodgewone stil voorstedel­ike buurt in die Jakarandas­tad. Maar in ’ n kamer op die eerste verdieping kom jy af op rye rottangs, plakke, swepies en ander slaandinge saam met boeie, leermasker­s en kettings. Uit die dak hang hysapparat­e.

Dis ’n sogenaamde strafkamer, want op die stoele in die hoek kom sit kliënte om gemartel te word. Hulle doen dit weliswaar op hul eie voorwaarde­s, vertel Miss Paige. Dit is die skuilnaam waaronder dié 45-jarige vrou van Pretoria met ’n bemarkings­graad agter haar naam die rol van “dominatrix” vertolk vir kliënte onder wie volgens haar ’n predikant, boere en gesiene sakelui tel.

BDSM, oftewel Bondage, Discipline, Dominance, Submission, Sadism en Masochism, is die naam vir die soort tonele wat hier afspeel – iets wat jy dalk gereken het net in boeke en rolprente soos Fifty Shades of Grey gebeur. Maar toe het die moordsaak teen Rob Packham (57), ’n Kaapse sakeman en pa van twee, iets opgelewer wat mense nou behoorlik aan die gons het.

Hy het volgens verklaring­s wat sy vermoorde vrou, Gill (55), se vriendinne glo by die polisie afgelê het na bewering ’n voorliefde vir dominerend­e seks, kettings en swepe. Met sy onlangse borgtogaan­soek in die landdrosho­f in Wynberg het die aanklaer aangevoer Rob ly aan ’n “verslawing”, maar nie daaroor uitgewei nie.

In die weke voor Gill se verkoolde lyk in die kattebak van haar uitgebrand­e

‘Ek het al ’n dominee en ’n boer gehad. Hul vroue het die afsprake gemaak’

BMW gevind is, het sy volgens haar vriendinne se polisiever­klarings in WhatsApp-boodskappe aan hulle geskryf Rob wil nie met sy “nonsens” ophou nie. Sy het glo in die boodskappe haar man se beweerde verslawing as “verraad” beskryf en vertel sy ly weens haar man se ontrouheid.

Kettings en swepe en ’n verslawing aan dominerend­e seks in die verhouding van ’n oënskynlik doodgewone egpaar?

Terwyl hierdie soort seksuele voorkeure dalk talle wenkbroue laat lig en daarom ook dikwels ’n dig bewaarde geheim bly, sê die Kaapse seksterape­ut Marelise Swart daar is niks “abnormaals” daaraan nie. “Dit verander nie iemand in ’n geweldenaa­r nie,” beklemtoon sy.

BINNE BDSM verteenwoo­rdig voete die gewildste seksuele fetisj (’n seksuele behoefte aan ’n voorwerp of liggaamsde­el wat nie gewoonlik by seks betrek word nie). Sowat 3% van Suid-Afrikaners beoefen BDSM, sê Marilet Kotzé, ’n seksterape­ut van Bloemfonte­in. Dit was juis die blitsverko­per en lokettreff­er Fifty Shades of Grey wat dit skielik onder baie Suid-Afrikaners gewild gemaak het, meen Marelise. Dit word in klubs, by sekspartyt­jies in voorstedel­ike huise en aanlyn l b beoefen, f maar ook ki in die di slaapl kamer van doodgewone, lank getroude pare, verklap sy.

Tog is dit iets wat soms onmin in ’n verhouding kan veroorsaak – en kan meebring dat een lid van die egpaar elders vervulling soek. “Baie vroue besluit selfs ná berading om so ’n man te los omdat hulle nie kan of wil saamspeel in die BDSM-wêreld wat deel van sy seksidenti­teit is nie. Dan moet daardie mens ’n maat soek wat reeds deel van die leefstyl is.”

As die Packhams huwelikspr­obleme weens Rob se beweerde verslawing aan dominerede seks gehad het, sou sy hulle daarmee kon gehelp het, meen Marelise.

“In terapie kon hy en sy vrou tot ’n kompromis gekom het – of tot ’n gesamentli­ke besluit dat hul paadjies weens hierdie obsessie eerder moet skei.”

SY HET al huwelike gered met die aktiwiteit­e in haar strafkamer, vertel Miss Paige, wat al 13 jaar die sweep inlê. Die pyn is nie die hoofsaak nie, maar om mense te leer om hul behoeftes in die slaapkamer aan hul maat te kommunikee­r, sê sy.

Sy verduideli­k dit raak ook nie gevaarlik as paartjies saam daaraan deelneem nie. “Die sub (die sogenaamde onderdaan) is altyd in beheer, en net dit wat sy of hy wil hê moet gebeur, gebeur. Onderdanig­heid is ’n geskenk en daarom moet

die dom (die domineerde­r) seker maak die sub is oukei,” verduideli­k sy.

Dan haal Miss Paige vir Spider-Man aan: “Met groot mag kom groot verantwoor­delikheid,” en voeg by: “Dit is ook so in my beroep.”

Haar kliënte moet eers ’n dokument van 27 bladsye invul wanneer hulle by haar aanklop. Op ’n skaal van nul tot 10 moet hulle aandui hoe graag hulle sekere dinge wil beproef en waarvan hulle alles hou. “Tensy jy daarvoor vra, gaan ek dit nie doen nie. Daar kan tussen drie en ses maande onderhande­ling wees voor ek aan jou raak.”

Miss Paige het selfs al liefde in haar folterkame­r gevind. “Ek het die een goue reël oortree en verlief geraak op ’n kliënt en nou is ons al 11 jaar bymekaar. Hy is ’n fetisjis. Hy raak gestimulee­r deur hoë hakke, suspenders en sykouse,” vertel sy.

Haar kliënte is meestal mense met tersiêre opleiding, sê sy. Van die uitvoerend­e hoofde, direkteure, dokters, advokate en ander mense in hoë posisies wat haar kom besoek, het juis die behoefte om vir ’n slag beheer oor te gee.

“Ek plaas mense wat my kom sien op ’n reis. Hulle bepaal self hul bestemming – heel dikwels om seks met hul vrou by die huis te gaan hê. Ek het al ’n dominee en ’n boer van die een of ander platteland­se dorpie ook by my gehad. Hul vroue het die afsprake gemaak omdat hulle nie aan hul behoeftes kan voldoen om pyn te ervaar nie. ‘Gaan doen wat julle moet doen en kom dan huis toe,’ was hul boodskap aan hul mans.”

Party kliënte kom soek seksuele ontlading, maar ander soek bevryding van traumaties­e kinderjare, sê sy en verduideli­k BDSM het al in sommige gevalle ’n uitlaatkle­p gebied vir mense wat as kinders gemolestee­r is.

Tog waarsku sy mense moet weet wat die risiko’s kan wees. “Baie vroue kom hierheen om gefix te word. Ek kan hulle ’n veilige plek gee om van frustrasie ontslae te raak. Maar daar is mans wat wil mishandel en die BDSM-gemeenskap infiltreer om hierdie vroue as prooi te misbruik. Dit kan gevaarlik raak. Jy moet weet wat jy wil hê en bereid wees om perke te stel, anders kan jy vernietig word,” erken sy.

Ook Delene van Dyk, ’ n seksualite­itsopvoede­r en bestuursli­d van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Seksuele Gesondheid, waarsku dat BDSM fisiek en psigies gevaarlik kan wees as “mag misbruik word”.

Die reëls moet nagekom en grense gerespekte­er word, beklemtoon sy.

“Party geniet die streel van ’n veer, ander weer ’n piets met ’n rottang teen ’n boud of blad, soms ’n lek of knibbel aan ’n groottoon of die sagte pluk aan ’n bos hare. Ander wil hangend vasgebind en gemuilband word tussen twee pilare,” sê Delene.

Die domineerde­r moet bewus wees van die fisieke gevaar van versmoring, die toediening van pyn en om iemand vas te bind.

“Op ’n sielkundig­e vlak is dit ’n intieme en sen suele ervaring om iemand te vertrou en hulle beheer te gee. Solank daar met liefde en deernis gespeel word en elkeen vry voel om te onttrek wanneer hulle oorweldig voel, kan dit ’n positiewe en koesterend­e ervaring wees. Dit is deel van mense se gesonde sekslewe, al praat hulle nie daaroor nie. Dit voeg kreatiwite­it en opwinding by die intieme spel,” meen Delene.

“Op ’n fantasievl­ak voldoen dit aan die behoefte om vreesloos te leef,” sê Marilet. “Maar soos met alle fantasieë moet dit met ’n knippie sout geneem word. Dalk geniet jy dit glad nie.”

Vertroue is baie belangrik by BDSM, beklemtoon sy. “Beserings kan opgedoen word as albei nie nagelees het en presies weet hoe om die tegnieke toe te pas nie of iets doen wat te gevorderd is.”

Marelise beveel die gebruik van “veilige woorde” aan, soos “rooi” vir nee of stop, “geel” vir dalk en “groen” vir dis oukei, jy kan aangaan.

“Dis soos bergklim of stap. Daar is gevare na gelang van of jy ’n heuweltjie of die berg Everest wil uitklim,” verduideli­k sy.

Sy help pare uitvind waarvan hulle hou en waarvan nie. “As jy net 5 km wil hardloop en jou maat wil die Comrades-marathon voltooi, is dit dalk beter dat hy vir hom ’n ander oefenmaat kry,” is haar raad. “Natuurlik met toestemmin­g.”

‘Party geniet die streel van ’n veer, ander weer ’n piets met ’n rottang teen ’n boud of blad’

 ??  ??
 ??  ?? Rob Packham en sy vermoorde vrou, Gill. Rob was volgens verklaring­s aan die polisie na bewering verslaaf aan swepe en dominante seks.
Rob Packham en sy vermoorde vrou, Gill. Rob was volgens verklaring­s aan die polisie na bewering verslaaf aan swepe en dominante seks.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa