Huisgenoot

SO HET JEFF BEZOS SY SAKERYK LAAT GROEI

-

1996: Twee jaar nadat Amazon.com in Jeff se motorhuis in Seattle gestalte gekry het, is dit met ’n miljoen titels die grootste boekhandel­aar wêreldwyd.

1999: Twee jaar nadat dit op die aandelebeu­rse genoteer is, haal hy Forbes se biljoenêrs­lys.

2000: Amazon is steeds nie winsgewend nie, maar Jeff begin Blue Origin, sy ruimtevaar­tmaatskapp­y.

2005: Hy begin Amazon Prime, vandag ’n suksesvoll­e intekendie­ns, waardeur hy vastrapple­k gekry het in die markte vir musiek, video’s en stromingsd­ienste.

2006: Hy durf wolkverwer­king ( cloud computing) aan met Ama- zon Web Services. Vandag is AWS meer werd as die maatskappy se kleinhande­lsafdeling.

2007: Amazon stel die eerste Kindle-e-leser bekend asook hul afdeling vir die aflewering van kruidenier­sware, AmazonFres­h.

2010: Jeff se netto waarde verdubbel amper binne ’n jaar toe sy e-boekverkop­e hardebandv­erkope oortref.

2013: Hy koop die gesaghebbe­nde Amerikaans­e koerant The Washington Post vir $250 000 miljoen (toe sowat R2,4 biljoen).

In Junie verlede jaar koop Amazon die Whole Foods-supermarkg­roep vir $13,7 biljoen (toe sowat R175 biljoen). Dié groep met sy 473 winkels spesialise­er in heilsame, natuurlike kos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa