Huisgenoot

SJOKOLADE–SORGHUMBIS­COTTI

-

Dié lekker bros biscotti word met kakao en mabele (sorghummee­l) gemaak. LEWER SOWAT 16-20 STUKKIES Bereiding: 20 min. Bak: 30 min. Afkoel: 15 min. Uitdroog: 20 min. 100-180 g mabele 5 ml (1 t) psilliumve­sel 45 g kakao 5 ml (1 t) bakpoeier 2 groot eiers 100 g bruinsuike­r fyngeraspe­rde skil van 1 lemoen en 60 ml (¼ k) lemoensap 80 g sultanas 100 g pekan-, kasjoe

of Brasiliaan­se neute Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Meng die mabele, psilliumve­sel, kakao en bakpoeier goed.

2 Klits die eiers en suiker saam tot lig en dik.

3 Voeg die lemoenskil en -sap by.

4 Voeg die sultanas en neute by die mabelemeng­sel.

5 Vou by die eiermengse­l in en meng tot ’n sagte deeg (voeg nog mabele by, indien nodig).

6 Vorm die deeg in ’n lang, ovaalvormi­ge brood.

7 Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en plaas die brood boop. Bak sowat 25- 30 min. of tot gaar.

8 Verwyder uit die oond en laat 15 min. afkoel. Sny in dun skyfies, sowat 16.

9 Pak die skyfies in ’n enkellaag op ’n bakplaat en sit terug in die oond vir 10 min. Draai om en bak nog 10 min. tot droog.

10 Koel af en bêre in ’n lugdigte houer.

11 Sit voor saam met koffie of roomys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa