Huisgenoot

WEND BLOSSER SO AAN

-

Die vorm van jou gesig bepaal waar jy jou blosser moet aanwend. HART

So ’n gesig het ’n breë voorkop en puntige ken. Wend blosser aan jou wangbene aan om minder klem op jou ken te plaas en ’n bietjie bo jou wenkbroue om jou voorkop smaller te laat vertoon.

OVAAL

Iemand met ’n ovaalvormi­ge gesig se voorkop is breër as die kengedeelt­e. Jy kan wegkom met net blosser aan jou wangbene om dit te beklemtoon.

LANGWERPIG

’n Langwerpig­e gesig lyk soos ’n vertikale reghoek, maar het nie noodwendig harde lyne soos ’n vierkantig­e gesig nie. Laat die gesigvorm korter vertoon deur blosser aan die appel van jou wange en ’n bietjie weerskante van jou voorkop aan te wend.

VIERKANTIG

’n Vierkantig­e gesig het strak lyne. Jy kan blosser gebruik om die lyne te versag deur dit aan jou wangbene en die appel van jou wange aan te wend. Tik ook ’n bietjie blosser weerskante van jou voorkop aan.

ROND

’n Ronde gesigvorm het voller wange en min of geen duidelike lyne nie. Wend ’n bietjie blosser aan albei punte van jou wenkbroue aan en aan jou wangbene na die appel van jou wange. Dit sal die wange laat uitstaan en die kante van die voorkop ’n bietjie diepte gee.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa