Huisgenoot

VERSORG JOU GOUE OUE

Nes mense het ons vierpotige vriende in hul senior jare ’n tikkie ekstra vertroetel­ing nodig

- BRONNE: THESPRUCE.COM, PETMD.COM

DIE ouderdom bekruip ons almal, ook ons vierpotige vriende. Dit kan hul lewensgeha­lte aansienlik verbeter as jy die tekens herken en voorbereid daarop is om hulle te help. Honde word oor die algemeen op sewe as senior beskou, hoewel dit van ras tot ras wissel. Kleiner honde word op agt of nege en groter rasse op vyf of ses jaar as senior beskou. Dit is omdat kleiner honde gewoonlik langer as groteres leef. Maar sommige honde verouder vinniger weens genetika, algehele gesondheid of omstandigh­ede.

OUER WORD

Die eerste teken dat jou hond sy skemerjare betree, is dat hy “stadig begin raak”. Hulle is geneig om gouer moeg te raak wanneer julle gaan stap, staan stadiger op of is minder geesdrifti­g oor speelgoed of speletjies. Ongelukkie­s kan ook in en om die huis of in hul slaap pp plaasvind. Algemene Algemenege­sondheids- gesondheid­s- probleme sluit artritis, blindheid, doofheid, demensie en niersiekte­s in.

HELP JOU HOND SO

Die goeie nuus is ’n mens kan jou troue e maat se lewe op ’n paar eenvoudige e maniere vergemakli­k. Vat jou troeteldie­r elke ses maande e

veearts toe in plaas van een keer per jaar r vir ’n ondersoek. Talle siektes kan behandel word as dit vroeg opgespoor word. En let op enige veranderin­gs in hul gesondheid.

Stap stadiger of verkort jou staptog as jy sien jou hond raak gouer moeg. Jy kan dalk twee kort stappies per dag inruim pleks van een lange. Moenie ophou met oefening nie – dis belangrik vir sy fisieke en geestelike welstand. Belê in ’n hondebed van goeie gehalte. Die uitgawe is die moeite werd as jy dink aan die gemak wat dit bied. As die hond sukkel met trappies in die huis, oorweeg om ’n klein oploop te installeer. Gee j jou hond toegang tot die buitekant vir sy s toiletsake as hy binne slaap.

Soek vir hondekosfo­rmules vir se

nior honde. Dit bevat gewoonlik minder kilojoules (om gewigstoen­ame te voorkom), meer voedingswa­arde en soms ook aanvulling­s, soos vetsure, wat nuttig is by verouderin­g. Oorweeg ook ’n spesiale dieet as jou ouer hond hart- of niersiekte­s het. Jou veearts kan hiermee raad gee.

Niemand wil ’n geliefde troeteldie­r laat uitsit nie, maar ’n algemene praktiese reël is as die “slegte dae” meer as die goeies raak, is dit tyd om dit as die beste uitweg te oorweeg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa