Huisgenoot

Sleepnagme­rrie laat huwelik vou

Kim is sewe jaar gelede ’n kilometer ver onder ’n minibustax­i gesleep, ’n tragedie wat soveel meer van haar geëis het as haar lang, pynlike fisieke herstel

- Deur JANA VAN DER MERWE

DIS nou al meer as sewe jaar ná die gruvoorval wat die land geruk het. Op haar lang, pynlike pad na fisieke herstel moes die 32-jarige Kim McCusker al sowat 40 operasies ondergaan nadat sy daardie verskrikli­ke dag in September 2011 byna ’n kilometer ver onder ’n minibustax­i gesleep is.

Die vel en weefsel wat van haar rug en arms gestroop is, het intussen weer geheg en genees. Dit moes die einde van Kim se ontbering gewees het. Maar nie voor haar taxisleeph­el nog ’n slagoffer geeïs het nie: haar huwelik.

Die aantreklik­e blondine praat vandag hier in haar skoonheids­alon in Northcliff, Johannesbu­rg, vir die eerste e keer openhartig oor haar egskeiding ng van Lourens Grobler (43) ’n jaar ar gelede. Sy is vriendelik en ele- egant in ’n koningsblo­u somer- rrokkie wat die meeste letsels els aan haar lyf bedek, maar die groot seer van haar mislukte hu- uwelik lê vlak.

Sy glo haar lewe sou anders ers gewees het as Patlet Thamage, ge, wat vandag steeds ’ n voort- rtvlugtige is, nie in die padwoede- devoorval oor haar gery het nie.

“Ek sou ’n loopbaan as advo- vokaat gehad het. Ek sou kinders ers gehad het. Ek sou nie vol letsels sels gewees het nie. Ek sou nie ’n lewe ewe van pyn gelei het nie. Ek het destyds ’n lewe beplan wat baie anders sou gewees het as wat dit vandag is.”

In 2016 het Kim vertel Lourens, ens, aan wie sy ten tyde van die taxi- axivoorval verloof was, het ’n kort- ortstondig­e verhouding met haar vriendin gehad. Hulle het egter gter besluit om weer te probeer. Maar

ná nog sowat 18 maande het hulle besef dis verby. “Ek weet vandag ek het nooit oor sy ontrouheid gekom nie,” vertel sy.

Haar trauma die afgelope sewe jaar was nie net aan haar beserings te wyte nie, sê sy. “Ek dink dit was ’n kombinasie van alles,” vertel sy. “My verlies aan ’n huwelik. Die verlies aan ’n lewe wat ek vir myself beoog het.”

Sy is ’n oomblik stil en beklemtoon dan: “Dít was die moeilikste om my mee te versoen: my verlies aan ’n normale lewe.

DIT was sowat vyf maande voor hul troudag, wat hulle vir Februarie 2012 beplan het, dat Kim en Lourens oudergewoo­nte saam gimnasium toe is. Op pad huis toe is hul motor skrams deur die taxi getref. Hulle het stilgehou en na die ander voertuig gestap om die bestuurder se besonderhe­de te kry, maar hy het weggetrek en bo-oor Kim gery.

Thamage, aan wie destyds borgtog toegestaan is, word vandag steeds deur die polisie gesoek om tereg te staan op aanklagte van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur. Hy het in Desember 2015 spoorloos verdwyn.

In haar boek, Scarred – But Not for Life (2016), beskryf Kim haar ontbering en die pyn en trauma van haar genesing. Benewens die 58% van haar weefsel en spiere wat afgestroop is, het sy ook verskeie rugwerwels en ribbes beseer.

Maar deur alles het Lourens haar bygestaan. En nadat hulle weens die taxisleepv­oorval hul troudag met drie maande moes uitstel, het hulle oplaas in Mei 2012 voor die kansel gaan staan.

Vandag glo Kim die taxivoorva­l het omstandigh­ede geskep waarin hul huwelik nie kon oorleef nie. Hulle het naamlik by haar ouers, Douglas en Patricia, in die Johannesbu­rgse voorstad Fairland gaan woon. Patricia, ’n verpleegst­er, sou help met Kim se versorging.

“Vir my en Lourens om as pasgetroud­e paartjie by my ouers in te trek was uitdagend. Ons was almal onder dieselfde dak,” sê Kim. “Ek dink ook Lourens het daarmee gesukkel dat alles ’n lang tyd net oor my gegaan het. Daar was soveel mense wat sy rol as eggenoot vervul het. Ek dink hy het onbelangri­k gevoel.”

Sy voel dis waarom hy hom ná meer as vier jaar van die “abnormale omstandig- hede” in haar ouerhuis tot haar vriendin gewend het vir aandag. Dié verhouding, in 2014, het glo vier maande geduur.

“Dit was net so ’n groot vertrouens­breuk,” sê Kim. “Nog ’n slag.”

Hulle was enkele maande lank vervreem, maar het later besluit om hul huwelik nog ’n kans te gee. Hulle het uit haar ouerhuis getrek en vir die eerste keer tydens hul huwelik hul eie woonplek gekry. Maar 18 maande later het hulle tot die slotsom gekom dit werk nie.

“Miskien kan party mense ná ’n affair teruggaan na daardie oorspronkl­ike vlak van vertroue. Maar vir my is dit oor die algemeen moeilik om teenoor ander oop te maak en te vertrou,” sê Kim.

“As daardie vertroue verbreek is, is dit net soveel moeiliker om weer terug te gaan. Ek dink dit is selfs onmoontlik vir iemand soos ek. Ek is ’n lojale mens, en wanneer iemand ’n mens se vertroue verbreek, is dit die grootste seer.”

En op ’n manier het die lewe saam met haar ouers normaal geraak. Vir haar en Lourens om ná amper vyf jaar alleen te wees was byna ’n skok vir haar.

Met haar liggaam so te sê genees en die uitgerekte eis teen die Padongeluk­kefonds agter die rug, was dit skielik asof sy geen doel gehad het nie.

“Die eerste twee maande het ek baie depressief gevoel. Nie soos in hartseer en huilerig nie, maar neerslagti­g en ongemotive­erd,” verduideli­k Kim.

“En ek kon dit nie verstaan nie, want ek het kort ná die ongeluk of tydens die drie maande daarna in die hospitaal nooit daardie gevoelens ervaar nie. Nie eens met al die letsels wat nog op my lyf is nie. Trouens, die depressie het gekom in ’n tyd toe dit veronderst­el was om beter te gaan.” Sy het dit deeglik deurdink. “Ek het toe besef dis omdat alles weens die taxivoorva­l verander het. Ek het geen duidelike vooruitsig­te meer oorgehad nie.”

Sy het haar salon, Lady Grace Nail & Body Boutique, in Mei 2016 geopen. “Ek wou nie weer vir enigiemand werk nie; ek wou by my eie ure hou en meer aanpasbaar wees,” verduideli­k sy. “Ek het tot laatnag hier in die salon sit en skryf eerder as om huis toe te gaan,” sê sy oor die boek wat sy gepublisee­r het.

Dit was in dié tyd dat haar huwelik op die rotse geloop het en sy en Lourens uitmekaar is .

SEDERT sy en Lourens in Maart 2017 amptelik geskei is, woon sy weer by haar ouers en fokus sy op haar skoonheids­alon. Sy hanteer haar egskeiding soos alle ander terugslae, vertel Kim. “Met wilskrag en die regte ingesteldh­eid kan jy enigiets die hoof bied.” Sy sit nie en huil in ’n hoekie nie. “Selfbejamm­ering kry ’n mens nêrens. Jou situasie is wat jy daarvan maak. Jy leer iets in elke verhouding.

“’n Mens moet oor die verlies van elke verhouding treur en nie die bagasie in jou volgende verhouding indra nie,” verduideli­k sy. Sal sy haar weer oopstel vir die liefde? Sy aarsel net ’n oomblik: “As die tyd reg is en die regte mens kom in my lewe.” Lourens het Huisgenoot se versoek om kommentaar van die hand gewys.

‘Dít was die moeilikste om my mee te versoen: my verlies aan ’n normale lewe’

 ??  ?? HOOFFOTO: Sewe jaar nadat Kim McCusker 780 m onder ’n taxi gesleep is, gesels sy met Huisgenoot oor haar jongste verlies: haar huwelik. ONDER: Kim moes al byna 40 operasies ondergaan.
HOOFFOTO: Sewe jaar nadat Kim McCusker 780 m onder ’n taxi gesleep is, gesels sy met Huisgenoot oor haar jongste verlies: haar huwelik. ONDER: Kim moes al byna 40 operasies ondergaan.
 ??  ?? BO: Kim het in Desember r 2016 vir Huisgenoot vertel tel sy aanvaar haar letsels as deel van die mens wie sy y vandag is. REGS: Sy is inntussen van haar man, Lourens Grobler, geskei.
BO: Kim het in Desember r 2016 vir Huisgenoot vertel tel sy aanvaar haar letsels as deel van die mens wie sy y vandag is. REGS: Sy is inntussen van haar man, Lourens Grobler, geskei.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa