Huisgenoot

Bedrogklag­te knip luukse lewe kort

HHul luuksek llewe iis verby b noudat sy vrou daarvan aangekla word dat sy R460 m. gesteel het, maar hy glo in haar onskuld

- Deur JANA VAN DER MERWE

DIE spogkantoo­rgebou van die eens bedrywige sakeondern­eming in ’n doodgewone woonbuurt van Boksburg is verlate. Die werknemers is ontslaan en ’n stoflagie bedek die kantoortoe­rusting en kunswerke teen die mure. Waar die stemme van kliënte tot onlangs in die onthaalare­a weerklink het, heers nou ’n morbiede stilte.

Hy is deesdae meestal alleen hier, vertel die 43-jarige Deon Pieterse. Op sy lessenaar is stapels moord- en bedrogdoss­iere van sake wat hy vir sy kliënte ondersoek. As privaat ondersoeke­r en oudpolisie­beampte is hy maar alte vertroud met skurke.

Maar dat sy vrou van die afgelope vier maande nou die beskuldigd­e in ’n reusebedro­gsaak is, kan hy nie glo nie.

Deon skud sy kop waar hy vir die eerste keer ’n onderhoud toestaan vandat die Valke Hildegard Pieterse (43) in Desember in hegtenis geneem en aangekla het.

Sy het na bewering oor ’n tydperk van nege jaar R460 miljoen gesteel van Medtronic, ’n internasio­nale vervaardig­er en verskaffer van mediese toerusting. Sy het as rekenmeest­er by hulle gewerk.

Hildegard en Deon was maar ’n maand getroud toe sy aangekeer word.

“Ek het daardie dag die polisie gevra: ‘Kan ek nie haar plek vat nie?’ Hulle kan haar later verhoor. Ek was bereid om selle toe te gaan vir haar, maar die polisie het gesê dis nie hoe dit werk nie . . .”

Hy lyk gefrustree­rd. “Ek is bitter lief vir haar. Ek wens mense kon die vrou met die mooi hart sien; die een wat ek ken. Dit was alles baie, baie sleg . . . baie hartseer,” vertel hy.

Op die erf langs die kantoorgeb­ou waar ons gesels, is die spoghuis wat hy steeds met Hildegard deel. In die oprit buite die huis is geen teken van die peperduur motors, motorfiets­e en nog speelgoed wat eens aan die egpaar behoort het nie. Die Valke het als gevat; dit staan nou iewers en stof opgaar tot die hofsaak afgehandel is.

Ja, hulle het lekker geleef. Benewens die rygoed, soos twee Range Rovers, vier bakkies en agt vierwielmo­torfietse, was daar vakansies in Doebai, Mauritius, Sun City . . .

Maar Deon hou vol dis geld wat sy Hildegard eerlik verdien het by Medtronic, waar sy in Maart 2017 bedank het omdat, so meen Deon, sy “nie langer nodig gehad het om te werk nie”.

Hy meen Hildegard het boonop goed verdien met die skoonheids­alon wat sy tot onlangs bedryf het. Ook was daar die inkomste van die hulp wat sy aan haar oorlede eksman verleen het met sy sekuriteit­sfirma en uitkontrak­teringsaak– uit dié einste kantoorgeb­ou waar ons nou sit.

En sy was lief vir dobbel; hy glo sy het baie geld in die casino’s gewen. Maar bedrog? Nee. “Die moontlikhe­id dat sy tronk toe kan

‘Ek was bereid om selle toe te gaan vir haar’

gaan, is nie iets waaraan ons nou dink nie,” sê Deon vasbeslote. “Ons leef van dag tot dag.”

Hildegard het in Maart in die handelshof in Johannesbu­rg verskyn; die saak sal na verwagting op 31 Mei weer voorkom.

Sy ontken skuld en is borgtog van R250 000 toegestaan.

Voor haar inhegtenis­neming het sy haar vriendinne graag bederf, soms aande omgedobbel en sakke vol geld aan juwele, horlosies en ontwerpers­klere bestee.

Nou bring sy haar dae stil tuis deur, vertel Deon.

Die onopvallen­de Boksburgse woonbuurt waar hulle woon, heet Cinderella, maar Deon kan sy eie Aspoestert­jie tot sy groot frustrasie nie in ’n oogwink red soos in die sprokie van ouds nie.

NÁ ONS onderhoud met Deon ontmoet ons Hildegard vlugtig op die inrit van die kantoorgeb­ou, wat aan hul enorme huis grens.

Die lang, slanke vrou is gemaklik geklee in ’n pers toppie en driekwartb­roek wat haar dun enkels wys. Sy is sonder grimering en juwele; op die oog af lyk sy uitgerus. Sy groet ons beleef en bedank ons dat ons gekom het.

Jammer, beduie die ma van twee seuns, weens die hofsaak kan sy nie nou met ons praat nie. En verdwyn die huis in.

Hier in die kantoor lyk Deon – ’ n lang, gespierde man met tatoes aan sy arms en met stywe ontwerpers­jeans aan – senuagtig en moeg. Sy oë is rooi. Hy vertel die ergste van als vir hom is om te moet toekyk hoe seer Hildegard kry omdat die mense wat haar vriende was haar nou die rug toekeer.

“Dit het vir mense net oor die jol gegaan terwyl hulle geld uit haar kon kry,” meen hy. “Nou het hulle almal van haar af weggestap . . . Hulle het haar maar te maklik vir die wolwe gegooi.”

Deon en Hildegard se verhaal klink soos iets uit ’n Hollywood-fliek. Hy vertel hy het haar in Februarie 2016 ontmoet nadat sy hom aangestel het om die steeds onopgelost­e diefstal van haar juwele, glo ter waarde van R7 miljoen, te ondersoek.

Die juwele is, so het sy vertel, in 2014 uit ’n hotelkluis gesteel terwyl Hildegard en haar oorlede eerste man, Thys Steenkamp, haar vriend die mode ontwerper Diaan Daniels se troue bygewoon het.

Daarna het Deon – wat self getroud was met twee jong kinders – as “lyfwag” vir Hildegard gewerk wanneer sy saans in die Emperors Palace-casino in Kempton Park gedobbel het. “Sy het groot bedrae gewen,” vertel Deon.

Hy en Thys was ook vriende, vertel Deon.

In Julie 2016 het Hildegard ’n egskeiding van Thys aangevra, volgens Deon weens Thys se beweerde ontrouheid. Dié het toe sy lewe probeer neem deur hom onder die ken te skiet. Hy het dit oorleef, maar van toe af las gehad van spraak- en slukproble­me weens sy beserings.

Volgens Deon het Hildegard vir Thys, die pa van haar kinders, ondersteun ná sy selfdoodpo­ging. “Sy was pal langs sy hospitaalb­ed en het hom tydens rehabilita­sie versorg.”

Maar op 15 Desember 2016 – terwyl Deon, Hildegard, Thys en hul seuns saam in Sun City was – is Thys in ’n bisarre voorval oorlede, vertel Deon.

Volgens hom het Thys alleen in sy hotelkamer aandete genuttig toe hy aan ’n stuk steak verstik en ’n hartaanval kry. Sy jongste seun het glo op hom afgekom terwyl dit gebeur het.

“Hildegard was bitter lief vir hom. Sy het hom versorg tot hy sy laaste asem uitgeblaas het,” vertel Deon. “Die aand van sy dood het sy vier uur lank langs sy lyk gelê nadat hy dood verklaar is. Sy het moeilik afskeid geneem.”

Deon vertel sy verhouding met Hildegard het eers ná Thys se dood begin. “Ons het baie close geraak . . . Nie een van ons het dit verwag nie.”

Hy het sy vrou van 12 jaar toe vir Hildegard verlaat.

“Mense het gesê ek trou net met haar vir die geld, maar ek het die goedheid in haar raakgesien. Selfs al woon ons in ’n hut, sal ek steeds net so lief vir haar wees; dit gaan nie vir my oor status en geld nie. Geld kan nie liefde, geluk, vertroue en respek koop nie,” sê hy.

Diaan het Hildegard se rok vir hul spogtroue in November 2017 ontwerp. Duisende Swarovski-kristalle is een-een met die hand daaraan vasgewerk.

Hul huweliksle­we was hemels, sê Deon. Hulle het saam gholf gespeel en vriende onthaal.

“Ons het wonderlike tye beleef. Kaap toe, Durban toe, Mauritius . . .” Verlede April is hulle saam met Diaan en sy man, Shaun Murphy, met vakansie Doebai toe.

En toe, skaars ’n maand ná hul troue, daag die Valke by hul verdieping­huis in Cinderella op en beëindig hul sprokiesbe­staan. Waar was die twee toe die Valke beslag lê op hul albei se luukse bates en Hildegard se bankrekeni­ngs bevries? Weer in Sun City.

DIE polisie beweer Hildegard het in haar jare by Medtronic elke transaksie geduplisee­r en dan geld na haar eie rekenings oorbetaal. Die moontlikhe­id van Thys se medepligti­gheid word ook ondersoek.

Maar hy wil bly glo in haar onskuld, vertel Deon.

Thys se ondernemin­g, wat Hildegard ná sy dood voortgesit het, het sy ná haar inhegtenis­neming gesluit. Haar salon ook.

Maar Hildegard “sit nie elke dag in ’n hoek nie. Sy’s steeds goed vir mense. Niks het verander nie, behalwe ons omstandigh­ede,” vertel hy. “Ons is deur so baie. Dit is nou net die verhoor wat voorlê.”

Sal hy haar steeds getrou bystaan as sy skuldig bevind word?

“Beslis. Ek het daardie dag voor die kansel ’n belofte gedoen.”

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die privaat speurder Deon Pieterse glo sy vrou, Hildegard ( (LINKS), LI het haar geld eerlik verdien.
HOOFFOTO: Die privaat speurder Deon Pieterse glo sy vrou, Hildegard ( (LINKS), LI het haar geld eerlik verdien.
 ??  ?? LINKS: Deon en Hildegard het luuks geleef in die kort tyd vandat hulle saam is, maar die Valke het in Desember op die egpaar se duur bates beslag gelê en hul bankrekeni­ngs bevries. LINKS ONDER: Vakansies in Doebai was deel van hul lekker lewe.
LINKS: Deon en Hildegard het luuks geleef in die kort tyd vandat hulle saam is, maar die Valke het in Desember op die egpaar se duur bates beslag gelê en hul bankrekeni­ngs bevries. LINKS ONDER: Vakansies in Doebai was deel van hul lekker lewe.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa