Huisgenoot

Skoolseun afgedreig ná kaalselfie­s

’n Jong seun is uitgelok om naakbeelde van homself te stuur aan wie hy gedink het ’n meisie is – toe dreig dié om dit te versprei sou hy nie na ‘haar’ pype dans nie

- Deur JANA VAN DER MERWE Foto’s: ROWYN LOMBARD

TOE die Bloemfonte­inse skoolseun die dag vroeg in Maart ’n foto op WhatsApp vir ’ n mooi meisie stuur, het hy nooit kon dink waar dit sou eindig nie. Beslis nie met die polisie op die spoor van die meesterbre­in in ’n pornografi­enetwerk en die inhegtenis­neming van ’n mediese student in die Rosestad nie.

Dit is ’n week nadat ’n mediese student op Donderdag 8 Maart in ’n lokval deur die polisie vasgetrek is toe Huisgenoot die 14-jarige Jaco Scheepers* en sy ouers, Johan* en Riana*, by hul huis in Bloemfonte­in ontmoet.

Hulle verwerk nog die trauma van die gebeure sedert Jaco op Sondagogge­nd 4 Maart ’n foto van homself aan ’n meisie gestuur het wie se nommer hy by medeleerde­rs gekry het. Later daardie dag het hy vir sy ma vertel hy word afgepers.

Hy het sy tienerseun nog nooit so gesien soos toe hy daardie Sondag sê hy wil alleen met sy ma praat nie, vertel Johan. Jaco se oë was rooi gehuil en hy het gebewe. Toe Jaco vir sy pa sê hy gaan nie saam oefen nie omdat hy privaat met sy ma wou praat, het Johan hom nie uitgevra nie.

Wat Johan toe nie geweet het nie en wat sy vrou op die punt was om uit te vind, was hul seun het dit oorweeg om homself om die lewe te bring. Dié skrander leerder aan ’n Bloemfonte­inse skool het die slagoffer van ’n vermeende internasio­nale pornografi­enetwerk geword.

Jaco is vroeër daardie dag deur ene “Melissa” op WhatsApp uitgelok om ’n naakfoto en -video van homself aan haar te stuur. Volgens Jaco het hy gedink Melissa is net ’n “oulike meisie” van sy eie ouderdom, maar die polisie vermoed dit is ’n vals profiel en “Melissa” kan moontlik ’n man wees.

Nadat Jaco die foto en video vir Melissa gestuur het, het sy nog ’n versoek op WhatsApp gestuur: dat hy en ’n ander man mekaar moet gaan ontmoet en dat hy op video seksdade met hom moet verrig.

Toe Jaco weier, het sy gedreig om die video in haar besit onder sy medeleerde­rs te versprei.

Dis toe dat Jaco selfdoodge­dagtes begin kry. “Ek het gevoel ek het geen ander uitweg nie,” vertel hy. “Ek het gevoel dit maak nie saak wat nou volgende gebeur nie; my lewe is verby.”

Desperaat het Jaco ’n selfdoodhu­lplyn gebel. “Ek kon nie reguit dink nie. Sy (die hulplynber­ader) het my kalmeer en gevra of ek iemand het met wie ek kan praat. Maar ek wou nie my ouers verneder deur hulle te vertel wat ek gedoen het nie,” sê hy.

Hy het toe ’n jeugpastoo­r gebel wat hom voorheen vir depressie behandel het nadat hy afgeknou is. “Die pastoor het gesê ek moet my ouers vertel; hulle is die enigste mense wat my kan help.”

Die seun het die moed bymekaarge­skraap om die pastoor se raad te volg, maar toe ook nog iets besef: Die enigste manier om dié hel te beëindig sou wees om sy afperser vas te trek.

Nadat Jaco sy ma vertel het wat gebeur en hulle die polisie gekontak het, het die polisie sy foon gebruik om ’n WhatsApplo­kval vir Melissa te stel. Sy moes Jaco die Donderdag by ’n openbare badkamer in die Rosestad ontmoet. Maar dis toe nie “Melissa” wat daar opdaag nie. Dit was ’n mediese student aan die Universite­it van die Vrystaat.

Die student was volgens ’n polisiebro­n glo onder die indruk hy sou Jaco daar ontmoet om die pornografi­ese dade in ’n video vir ene “Melissa” te verfilm.

Die polisieond­ersoek is nog in ’n vroeë stadium, maar Huisgenoot se polisiebro­n het bevestig Jaco was vermoedeli­k

die slagoffer van ’n sindikaat wat “wyd uitkring” en kinders afdreig om pornografi­e te vervaardig, waarna hulle dit op ’n webtuiste of webtuistes versprei en verkoop.

“My grootste vrees is dat die ander kinders sal uitvind,” vertel Jaco. “Dit (die afknouery) was voorheen erg, maar nou sal die kinders my lewe éérs hel maak.”

Die mediese student is borgtog toegestaan nadat hy die dag ná sy inhegtenis­neming in die hof verskyn het. En Melissa, wie se ware identiteit onbekend is, is nog op vrye voet.

JACO vertel hy het by die skool ander seuns oor Melissa hoor praat. Hy het toe haar selfoonnom­mer by ’n medeleerde­r gekry. “Ek het gedink sy klink na ’n gewilde, nice meisie.” Dit was die Sondagogge­nd vroeg toe hy “haar” op WhatsApp kontak.

Melissa het hom vertel sy is van Johannesbu­rg en hy het nie verder uitgevra nie. Hy het aangeneem sy is ook in Bloemfonte­in op skool. Hulle het gesels en mekaar op Instagram begin volg. “Ek kon sien sy is ’n mooi meisie, omtrent so oud soos ek.”

Toe vra sy ’n foto. “Ek stuur toe vir haar ’n foto waar ek ’n suit aanhet. Sy sê toe nee, sy soek meer . . .” In Afrikaans het sy vir hom kaalfoto’s gevra en beloof om ook aan hom te stuur. Hy het dit gedoen, maar toe vra sy hom om saam met ’n vriend ’n seksdaad te verfilm. “Ek het vir haar gesê ek het nie ’n vriend naby nie, en ek is ook nie gay nie,” vertel Jaco.

En toe maak hy nog ’n groot fout: Hy het homself naak verfilm en dit aan haar gestuur. Maar Melissa was nog nie tevrede nie. Sy wou reël dat hy iemand naby sy huis ontmoet om dade mee te pleeg en ’n pornografi­ese video daarvan te vervaardig.

“Ek het vir haar gesê ek wil dit nie doen nie; my ouers sal dit ook nie toelaat nie. Toe sê sy hulle hoef nie te weet nie.”

Dis toe hy sê hy gaan haar op WhatsApp blokkeer dat sy begin dreig om sy video onder sy medeleerde­rs te versprei.

Dit is sy ma, Riana, wat verder vertel hoe hy haar ’n paar uur later meegedeel het wat gebeur het.

“Toe Jaco by my in die kamer kom, kon ek sien hy is gerattle. Hy het vir my gesê: ‘Mamma, moet asseblief nie uitfreak nie, maar ek moet vir mamma iets vertel.’ ”

Riana erken sy was geskok, maar aanvanklik ook ontsteld oor Jaco se aandeel in die saak. “Dit voel vir my ’n mens maak jou kind reg groot – en dan wonder jy wat jy as ouer verkeerd gedoen het.”

Jaco glo groepsdruk speel ’n groot rol. “Jy weet dit wat die maats doen, is nie reg nie, maar jy wil nie uit voel nie. Dan gee jy voor jy is ook so.”

Riana se ontstelten­is het plek gemaak vir kommer oor haar seun se veiligheid. Jaco het self met sy ma se steun die polisie gebel. Toe Johan by die huis kom, was die blitspatro­llie reeds daar.

Johan vertel dit was vir hom moeilik om Jaco se verhaal aan te hoor. “Ek was kwaad en teleurgest­eld, maar toe wonder ek hoe ek die situasie gaan hanteer.”

Hy is verlig Jaco het besluit om hulp te soek. “Dinge kon baie erger gewees het.”

Die blitspatro­llielede het dieselfde dag nog ’n ondersoeke­r gekontak wat kennis van soortgelyk­e WhatsApp-pornografi­esake het. Dié het na die huis gekom en die lokval vir Melissa gestel.

Toe die polisie die student vier dae later by die openbare badkamer in hegtenis neem, het hy beweer hy is ook deur Melissa gedreig. Hy het ’n teksboodsk­ap gewys waarin “sy” vra: “Waar is die video van die 12-jarige?”

Die mediese student en sy ma wou nie met Huisgenoot praat nie. Hy het nog nie op die klagte van seksuele oortreding­s gepleit nie.

Konst. Wendy Nkabi, ’ n polisiewoo­rdvoerder, het die inhegtenis­neming en hofverskyn­ing van die student op 9 Maart bevestig. Die amptelike klag is die seksuele aanvoring van ’n minderjari­ge. Hy is op borgtog van R3 000 vrygelaat. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel.

JOHAN wil ander ouers waarsku om bewus te wees van wat hul kinders in die sosiale media doen. “Skole verlang deesdae van leerders om selfone te hê. Hulle kry hul huiswerk daardeur of kennisgewi­ngs oor sportoefen­inge.”

Jaco is verlig hy het sy ouers in sy vertroue geneem, al was hy bang vir hul reaksie. “Ek het geweet as Melissa dit met my doen, met hoeveel ander kinders doen sy dit nie ook nie? Sy was baie manipulere­nd.” Hy hoop alle ouers lees sy verhaal en wys dit vir hul eie kinders.

“As jy as kind hulpeloos voel, praat met iemand. En ek wil ouers vra: As jou kind jou so iets vertel, steun hulle. Dis nie ’n tyd vir skree of straf nie. Doen jy dit, gaan hulle dalk dink dis nie die moeite werd om te leef nie,” sê hy. “Ek wil nie hê so iets moet met iemand anders gebeur nie.” * Skuilname.

‘Mamma, moet asseblief nie uitfreak nie, maar ek moet vir mamma iets vertel’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO en BO: ’n Bloemfonte­inse tiener het ’n naakfoto en -video van homself op WhatsApp aan ’n “meisie” gestuur, toe pers sy hom af.
HOOFFOTO en BO: ’n Bloemfonte­inse tiener het ’n naakfoto en -video van homself op WhatsApp aan ’n “meisie” gestuur, toe pers sy hom af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa