Huisgenoot

Plaasjapie­s Franja, Ruan reik hoog

Hulle is eintlik plaasjapie­s,aasjapies, maar die skamerige Franja en grappige Ruan volg in ma Juanita se suksesspor­e

- Deur CARLA COETZEE Foto’s: ROWYN LOMBARD

OP DIE verhoog oog doen elkeen hul ding ng op hul eie manier; ’n npragtige pragtige brunet en ’n aantreklik­e donkerkop op wat afsonderli­k vir r hulle ’n loopbaan as s sanger uit eie reg uitkerf. tkerf. Maar waar hulle vir hul eerste ste Huisgenoot-voorblad sonder hul bekende kende ma poseer, is Juanita du Plessis se twee singende spruite, Ruan (28) en Franja anja (24), net boet en sus. Toe Franja haar r broer se gejelde hare wil deurmekaar­krap, krap, raas hy: “Moenie aan my hare karring ng nie.”

Maar hy is ook die beskermend­e ende ouboet en terggees wat sy kleinsus s op haar gemak wil stel en kaperjolle voor die kamera uithaal om haar te laat giggel. Ruan is vol selfvertro­ue, maar Franja is skamerig en bloos maklik wanneer sy ’n kompliment kry. Allermins rmins vinkel en koljander, maar die een is so talentvol soos die ander.

Ruan is vandag boonop ekstrakstr­abeskermen­d oor sy suster, want nt hy weet sy is nog broos nadat haar verlowing aan haar skoolliefd­e, de, die rugbyspele­r Willie Engelbrech­t ht (25), drie weke tevore verbreek is.

Met haar hare wat soos ’n gordyn oor haar skouer hang en haar ar rietskraal lyf, lyk Franja soos ’n sprokiesro­kiesprinse­s, maar waar onlangs nog ’n knoets van ’n diamant aan haar aar linkerhand gepryk het, is haar ringvinger gvinger nou kaal.

Sy en Willie, wat nou vir die ie Goue Leeus uitdraf, se romanse het sewe jaar gelede begin toe hulle saam m aan die Hoërskool Die Wilgers in Pretoria oria was. In Desember 2016 het hulle verloof erloof geraak. Maar die langafstan­dverhoudin­g rhouding toe hy verlede jaar vir die Pumas s in Mpumalanga gespeel het, het sy tol l geëis.

“Hy was ver en ons het ons eie loopbane,” sê Franja. “Dit was ons albei bei se besluit, maar maak dit nie makliker ker nie.”

Ná ’n stilte voeg sy by: “Ek glo o God het ’n plan, al verstaan ons dit nie aldag nie.”

Terwyl Franja haar hartseer verwerk, straal Ruan deesdae van geluk k oor die vrou in sy lewe. “Dis ’n hemelse e ervaring

‘Vandat ek kan onthou, het ons vir my ma en pa konsert gehou’

om so gelukkig saam met iemand te wees,” sê hy. Die “iemand” is die aktrise San-Marie Nel (29). Hulle het mekaar vyf jaar gelede ontmoet toe albei in die fliek As Jy Sing gespeel het. Die afgelope vier maande is hulle weer ’n paartjie nadat hul paaie vroeër uitmekaarg­edraai het. Ook met sy loopbaan gaan dit voor die wind. Hy het verlede jaar sy debuutalbu­m, Eggo, bekendgest­el en vanjaar volg hy dit op met ’n Deluxe-weergawe van dieselfde album met vyf nuwe liedjies daarby. Met soveel Du Plessis’s in die musiekwêre­ld het hy op die verhoognaa­m Ruan Josh besluit; Josh is ’n afkorting van sy tweede naam, Joshua. Franja, een van ’n tweeling, maak vinnig opgang in die musiekwêre­ld. Haar tweelingbr­oer, Mario, bestuur die gesin se wildplaas op Thabazimbi. Sy het in 2016 haar eerste album, My Verhaal, uitgereik en het twee Ghoema-pryse, vir beste nuweling en beste sangeres, vir die album gewen. Sy is ook vir ’n Huisgenoot­Tempo-toekenning as nuweling van die jaar benoem. Later vanjaar sal haar tweede album op die winkelrakk­e wees. Met of sonder die Du Plessis-van is vergelykin­gs met hul beroemde ma onvermydel­ik, sê die sibbes. “Toe ek jonger was, het dit my gevang, want mense sou sommer sê ek’s nie so goed soos sy nie,” vertel Franja in dieselfde rasperstem as Juanita. “Maar nou lag ons daaroor.” Ma en dogter het ’n hegte verhouding. Anders as Ruan, wat al na sy eie blyplek getrek het, woon Franja nog by haar ma en pa, Doepie, in Pretoria. “Ek en my ma is baie dieselfde. My ma is ook eintlik skamerig en ons humorsin is dieselfde. Ek het net ’n jonger klank, en veral klein meisietjie­s sien op na my. “Ek’s dankbaar ek kan soveel by my ma leer, maar dit is ook vir my belangrik om ’n musikant uit eie reg te wees,” sê sy.

MUSIEK is in hul gene. Juanita is die suksesvols­te sangeres in Afrikaans en Doepie, self ’n musikant, is al meer as 20 jaar haar bestuurder en klankman. Ruan en Franja het as’t ware langs die verhoog grootgewor­d en die binnewerke van die ateljee al kleintyd leer ken. Tog sê Ruan hulle is eintlik “plaasjapie­s”, want hul eerste lewensjare was op Gobabis in Namibië.

Daar het hulle pret gehad, sê Franja. En Ruan terg: “Ja, soos toe jy en Mario en ’n maatjie ’n perd in die bure se swembad laat beland het.”

Franja verduideli­k: “Ons wou hom na groener grassies lei en toe trap hy skeef op die swembad se rand.” Die perd was ongedeerd, net skoner daarna, sê sy.

Sy en Mario was sewe en Ruan 11 toe hulle in 2000 Pretoria toe trek nadat Juanita ’n deurbraak gemaak het met haar treffer Ska-Rumba. “Ek onthou ons het by Rustenburg se mall stilgehou en dit was die eerste keer dat ons in ’n mall was. Alles was so groot en toe sê pa nog dis niks; ons moet Pretoria sien,” sê Ruan.

Tog was die groot stad vir die drie kinders ’n ontnugteri­ng. Die mense was “anders”.

Ruan is erg op skool geboelie. “Die kinders het goed gesê soos ‘jy dink jy’s beter omdat jou ma Ska-Rumba sing’.”

Hy is ook oor sy Namibiese aksent gespot. Dit het hom in sy dop laat kruip tot hy op 17 ’n prys in die ATKV-tienertone­elkompetis­ie gewen het.

Musiek het sy eerste liefde gebly. “Ek het nog altyd geweet ek wil iets in musiek doen. Vandat ek kan onthou, het ons kinders vir my ma en pa konsert gehou. Ek en Franja sou sing en Mario dans.”

Op 11 het Franja besef sy het talent toe sy in ’n skoolkonse­rt optree. “Ek wou ’n onderwyser of veearts geword het, maar sangeres was ook van kleins af op my lys.”

Ná matriek het sy ’n aanlyn kursus in musiekteor­ie en -vervaardig­ing deur die Berklee Online- musiekkoll­ege in Amerika gevolg. Ruan het ’n B.Com.-graad in bemarkings­bestuur deur Unisa verwerf. “Ek wil meer as net op die verhoog wees; ook agter die skerms aan die sakekant van dinge.”

Op 20 het hy met die idee vorendag gekom van ’ n eie plateversp­reidingsma­atskappy, Wow. Dis nou benewens die Du Plessis’s se eie platemaats­kappy, Jrecords. Almal in die gesin help met die gesinsonde­rnemings en gee raad.

“Franja is soos my pa en kan klavier, baskitaar, kitaar en tromme speel. Wanneer ons saam aan liedjies werk, skryf ek die lirieke en sy die melodie,” vertel Ruan.

Tog tree hulle twee nie as ’n sangpaar op nie, al sal hulle af en toe ’n liedjie saam sing.

Juanita gee graag vir hulle raad en dit irriteer hulle nie. “Ek stem nie altyd saam oor waar watter lied byvoorbeel­d in my vertoning moet wees nie, maar op die ou end besef ek sy was dalk reg,” sê Franja.

Al lag die twee sibbes maklik, neem hulle hul loopbaan ernstig op.

“’n Mens moet profession­eel wees, maar dit help dat dit lekker is op die verhoog,” skerts Ruan.

En al knaag die senuwees steeds voor Franja op die verhoog stap, sê sy: “Ek wil dan nêrens anders wees nie.”

 ??  ?? Die Du Plessissib­bes Franja en Ruan is albei suksesvoll­e sangers, maar hul persoonlik­hede verskil hemelsbree­d.
Die Du Plessissib­bes Franja en Ruan is albei suksesvoll­e sangers, maar hul persoonlik­hede verskil hemelsbree­d.
 ??  ?? REGS: R Musiek is in hul gene. Die twee skryf ook saam liedjies en gee mekaar raad oor hul musiek. BOBO: SSaam mett hhull ma, didie sangeres J Juanita du Plessis (middel), in ’n motor. LINKS BO: Hulle is gek daaroor om die verhoog met hul ma te deel, al is dit soms intimidere­nd, erken Franja.
REGS: R Musiek is in hul gene. Die twee skryf ook saam liedjies en gee mekaar raad oor hul musiek. BOBO: SSaam mett hhull ma, didie sangeres J Juanita du Plessis (middel), in ’n motor. LINKS BO: Hulle is gek daaroor om die verhoog met hul ma te deel, al is dit soms intimidere­nd, erken Franja.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa