Huisgenoot

Beroemdste prokureur teiken peste

’n Dokumentêr oor die merkwaardi­ge lewe van Gloria Allred, Amerika se bekendste prokureur en ’n onverskrok­ke vegter teen onreg, is nou te sien – en haar visier is tans op Weinstein, Cosby en die groot vis, die Amerikaans­e president

-

HAAR aanhangers beskou haar as ’n vreeslose prokureur wat vir vermeende slagoffers van seksuele aanranding veg. Vir haar kritici is sy ’n ambulansja­gter wat publisitei­t soek. Hoe ook al, Gloria Allred is Amerika se beroemdste prokureur en nou het sy Harvey Weinstein, Bill Cosby en Donald Trump in haar visier.

TOE Gloria laas vir Trump aangevat het, het sy gewen. Dit was in 2012 en Jenna Talackova, ’n transgende­r model, is pas uit die Mej. Heelal-kompetisie geskop omdat sy nie ’n “natuurlik gebore” vrou was nie.

’n Bekende sakeman wat eendag die politiek sou betree en probeer om Amerika weer groots te maak, was toe medeeienaa­r van die kompetisie. Jenna het geweet wie om te kontak. Sy het ’n prokureur in Los Angeles gebel met ’n flair daarvoor om magtige mense uiters ongemaklik te laat voel.

Gloria het toe al byna 40 jaar lank teen diskrimina­sie en onreg geveg, verkieslik voor die televisiek­ameras. Jenna “het van Kanada na my kantoor gevlieg en ons het ’n groot perskonfer­ensie gehou”, vertel sy en haar oë blink toe sy daaraan terugdink. Die perskonfer­ensie is Gloria se klassieke, polarisere­nde wapen: die huilende slagoffer op die voorgrond wat haar storie vertel terwyl sy langs haar staan en haar troos.

Die media-inligtings­essie was ’n meesterstu­k. Jenna, met gepluiskam­de blonde hare en gekweste oë, was eerste aan die woord. Daarna het Gloria daarop aangedring dat Trump haar kliënt weer in die kompetisie toelaat, op ’n tipiese manier wat die hoofopskri­fte gehaal het.

“Ek het gesê: ‘Sy het nie vir mnr. Trump gevra om te bewys hy is ’n natuurlik gebore man nie. Of om foto’s van sy geboorte te sien om sy anatomie te bekyk om te bewys hy is manlik nie. Dit het vir haar geen verskil gemaak nie. Hoekom moes dit dan vir hom ’n verskil maak?’ ”

Trump het aan die aas gebyt. “Daar sal geen verskoning wees nie,” het hy aan die nuuswebtui­ste TMZ gesê. En wat Gloria se aanmerking­s oor sy penis betref: “Ek dink Gloria sal baie, baie beïndruk met my wees; ek dink werklik so.”

Ses jaar later grynslag Gloria (76) van onder haar kapsel met ligstrepie­s daarin en leun oor die konferensi­etafel. “Ek het in die media gereageer met: ‘Mnr. Trump, ek het nie ’n vergrootgl­as sterk genoeg om iets so kleins te sien nie.’ ” Later het sy aan die onderhoudv­oerder Barbara Walters gesê Trump moet verstaan “die wêreld draai nie om sy penis nie”.

In elk geval, “hoofsaak is, hy het haar weer in die kompetisie toegelaat. Hy het die reël geskrap en toe natuurlik gesê hy sou dit in elk geval gedoen het. Tussendeur het hy my sleggemaak: ‘Sy is ’n derderangs­e prokureur; sy is dit of dat of wat ook al.’ ” (Tipies Trump het hy op Twitter gevra: “Is Gloria ’n man of ’n vrou? Min mans sal die antwoord op dié een ken.”) Hierop het Gloria laat hoor: “Ek het niks

hieraan baie oorspronkl­ik gevind nie, en dit is vir my die grootste belediging. Dis vervelig. Dis alles al tevore gesê.”

’n Jaar of twee het verbygegaa­n. Die kwessie is opgelos. Gloria was in die Fox News-ateljee in New York saam met ’n kliënt in ’n onverwante saak. “Skielik vlieg die deur oop en Donald Trump storm binne. Hy sê: ‘Gloria, ek het gehoor jy’s hier. Ek moes inkom en iets vir jou kliënt sê.’ En hy sê (aan die kliënt): ‘Ek wil net hê jy moet weet jy het die beste prokureur wat jy kan kry. Die vrou is genadeloos. Sy sal nooit, ooit tou opgooi tot sy vir jou die geregtighe­id gekry het wat sy dink jy verdien nie.’ Ek was verstom. Dit het hemelsbree­d verskil van wat hy in die openbaar kwytgeraak het. Toe sê ek net: ‘Dankie, Donald’ en ons skud blad.”

DIS feitlik seker dat Gloria nou die beroemdste praktisere­nde prokureur in Amerika is. Sy het ’n paar weke gelede op ’n sneeubedek­te verhoog in Park City, Utah, gestaan terwyl ’n sneeustorm om haar woed en verklaar: “Hierdie hele jaar was die winter van ons ontevreden­heid.” Dit was op ’n saamtrek met die eerste herdenking van die groot vroueoptog­te om voorplanti­ngs-, burgerlike en menseregte te steun wat hulle gevrees het in die Trump-bewind bedreig sou word. Dié energie het verlede jaar tot uiting gekom in die wêreldwye #MeToo-beweging teen seksuele wangedrag teen vroue.

Sy is sedert die 1970’s aan die voorpunt van dié soort gevegte en het vroue gesteun “met die #MeToo-beweging nog voor die #MeToo-beweging bestaan het”. Gloria verteenwoo­rdig vermeende slagoffers van elkeen van die onheilige driemanska­p: ’n ongespesif­iseerde aantal van die meer as 80 vroue wat die rolprentve­rvaardiger Harvey Weinstein beskuldig, vyf vroue wat beweer Trump het hulle betas en geteister, en 33 wat bewerings van seksuele wangedrag teen die komediant Bill Cosby gemaak het.

Sy het die minnaresse van Tiger Woods, Mel Gibson en Scott Peterson (die Kalifornie­se kunsmisver­koopsman wat ter dood veroordeel is vir die moord op sy swanger vrou) verteenwoo­rdig. Van haar ander kliënte is ’n lesbiese paartjie wat suksesvol die Kalifornie­se verbod op huwelike tussen mense van dieselfde geslag uitgedaag het, ’n porno-ster wat seksteksbo­odskappe met die politikus Anthony Weiner uitgeruil het voor sy bedanking uit die Kongres, en ’n Britse aktrise wat beweer die rolprentre­gisseur Roman Polanski het haar gemolestee­r toe sy jonk was. Ook is daar ’n vrou wat beweer Citibank het haar afgedank omdat sy “te sexy” was, en die familie van Nicole Brown Simpson, O.J. Simpson se vermoorde vrou.

Verder in die verlede het sy die ontvoerde erfgenaam Patty Hearst verteenwoo­rdig en vir Norma McCorvey, wie se regsgeding onder die skuilnaam “Jane Roe” tot “Roe teen Wade” gelei het – die mylpaalbes­luit deur die Amerikaans­e hooggeregs­hof wat aborsie gewettig het.

Nou gaan Gloria nog bekender word. Sy was in Park City vir die Sundancero­lprentfees, waar ’n Netflix-dokumentêr oor haar lewe, Seeing Allred, van die kykstof was waarna die meeste uitgesien is. Dit het rolprentma­kers twee jaar geneem om haar te oorreed om ja te sê en nog drie om dit te maak.

“Ek verkies om oor kwessies te praat. Ek voel nie regtig ek wil oor myself praat nie,” verduideli­k sy.

Sy het op die ou end toegelaat dat hulle haar arm draai. “Vir my gaan dit daaroor om vroue te help bemagtig. Jy moet baklei om veranderin­g teweeg te bring. Niemand gee ons enigiets wat vroueregte betref nie. Niemand het al ooit nie.”

Sy het die eerste twee Sundanceve­rtonings bygewoon en by albei staande toejuiging­s gekry. Mense het agterna na haar gekom en gevra om saam met haar afgeneem te word of net gesê: “Kan ek jou ’n drukkie gee? Kan ek jou net ’n paar minute vashou?” Party het gehuil.

HAAR kantoor is hoog bo Wilshire-boulevard in ’n glasen-graniettor­ing net oos van Beverly Hills. Die firma heet Allred, Maroko & Goldberg en al drie name staan op die welkommatj­ie by ontvangs. Maar net een van die vennote se sakekaartj­ies is in ’n houer op die toonbank; niemand twyfel oor wie die ster is nie.

’n Deur gaan oop en Gloria in ’n swart baadjie, swart rolhalstru­i, swart broek en swart hakstewels kom ingebons. Haar handdruk pluk jou vorentoe.

Dan drafstap sy in die gang af na die raadsaal waar sy haar beroemde pers-

konferensi­es hou. Dis ’n hanetree van haar hoekkantoo­r met sy uitsig oor die Hollywood-teken en ’n oorvloed pryse, plaatjies met slagspreuk­e, geraamde koerant- en tydskrifui­tknipsels en ’n antieke Britse polisie-uniform om haar aan die stryd van die suffrajett­e te herinner. Buite is foto’s van haar saam met press. Barack Obama, Bill Clinton (“voor Monica Lewinsky”) en Ronald Reagan.

Gloria werk sewe dae per week en het in die 1980’s laas verlof geneem. Sy mik na ’n nagrus van ses uur, maar kan met drie oor die weg kom. Sy drink nie. Toe ek vra wat sy doen om te ontspan, herhaal sy die woord asof sy ’n belaglike voorstel bepeins wat duidelik vir iemand anders bedoel is. “Ontspan? Ek is op my mees ontspanne wanneer ek werk.”

Sy erken sy sal “af en toe” ’n fliek kyk. Sy het The Post geniet, want “politiek is my sport”. Sy bly ’n oomblik lank stil om dit te benadruk. “Dis ’n bloedsport.”

As dit haar vervelig laat klink; dit is sy allermins. Gloria loop oor van energie, warmte en ’n aansteekli­ke speelse gees. “Ek moet ’n sin vir humor hê,” sê sy. “Ek moet vir myself kan lag. Ek moet vir ander kan lag.” Sy doen dit alles. Sy sing ook graag. Toe sy vertel sy vat binnekort weer die pad, trek sy los met die koorgedeel­te van die Willie Nelson-treffer On the Road Again.

Haar rooster is uitputtend. “Ek sê altyd: Om vir geregtighe­id te veg is goed vir die gesondheid.” Voor sy Utah toe gegaan het, was sy in New York en Tennessee vir sake. Nou is sy op pad na Noord-Dakota om die familie te verteenwoo­rdig van die 22-jarige Savanna Greywind, wat agt maande swanger was toe haar buurvrou haar baba uit haar baarmoeder gesny en haar laat doodbloei het.

Sy noem heelwat van haar werk “kreatiewe prokureurs­werk”. Dit beteken om ’n publisitei­tsveldtog aan die gang te sit sodat haar kliënt se oogpunt die nuus haal nog voor sy die regsgeding aanpak. “Prokureurs moenie net namens hul kliënte praat nie; kliënte moet gehoor word.”

Soos Laurie Levenson, ’n regsprofes­sor aan die Loyola-universite­it, dit in die fliek stel: “As jy ’n vrou is en ’n magtige man het jou seksueel geteister off aangerand, kan jy nie by baie mense in die telefoongi­ds aanklop nie.”

Gloria is altyd beskikbaar, en dit het haar reputasie geskaad. Die Joodse tydskrif Tablet het haar ’n “ongeloofli­k be- drewe prokureur” genoem wat weens ’n oormaat publisitei­t “ietwat van ’n nasionale grap” geword het.

’n Skrywer in The Atlantic het haar daarvan beskuldig dat sy vir sommige mense wat sy verteenwoo­rdig “skuiling, in slagoffers­kap, van hul eie slegte keuses” bied. Sy is al as ’n ambulansja­gter beskryf, al hou sy vol haar kliënte nader haar eerste. Sy is al veel erger dinge genoem. Gloria maak dit met ’n skoueropha­ling af. “As hulle my skeldname noem, voel ek asof ek gewen het, want dit wys vir my hulle het nie ’n goeie redenasie teen wat ek pas gesê het nie.”

Die hof van openbare mening is Gloria se kolosseum. Haar teenstande­rs vind dit frustreren­d. “Ons weet hoekom ons hier is,” het Bill Cosby se prokureur, Brian McMonagle, verlede jaar geskree tydens sy slotbetoog in die komediant se hofsaak waarin Gloria ’n groot rol gespeel het. “Ons is nie hier oor Andrea Constand nie,” het hy gesê met verwysing na die gewese basketbals­peler wat sy kliënt van onsedelike aanranding met verswarend­e omstandigh­ede beskuldig het. “Ons is hier oor hulle wat die tromme geslaan het.” Die jurie kon nie oor ’n uitspraak ooreenkom nie; ’n tweede verhoor sal in April begin.

Aan die begin van die dokumentêr verduideli­k Gloria hoekom sy doen wat sy doen. Sy word dikwels gevra: Is dit persoonlik? “Dis altyd persoonlik as ’n vrou die slagoffer van ongeregtig­heid is en seergekry het. Dis altyd persoonlik.”

Gloria is in ’n Joodse werkerskla­sgesin in Philadelph­ia gebore. Aan haar meisieskoo­l was sy ’n goeie presteerde­r, rasieleier en wenner van ’n klasprys vir “die leerder wat die meeste volhard”.

In 1960, op 19 jaar, het sy met ’n student aan die Universite­it van Pennsilvan­ië getrou. Haar dogter, Lisa, is ’n jaar later gebore. Haar man het aan bipolêre steuring gely en het vreesaanja­ende woedebuie gehad. (Hy het later sy eie lewe geneem.) Sy het met Lisa na haar ouers teruggetre­k en haar graad voltooi, met Engels as hoofvak.

Sy het as ’n enkelma, “platsak, geskei en besluitelo­os oor hoe om my pad in die lewe te vind”, gegradueer, skryf sy in haar memoires, Fight Back and Win. In 1966 het sy na Los Angeles verhuis, want “ek het gedink as ek arm gaan wees, kan ek ten minste in die sonskyn arm wees”. Daar het sy begin onderwys gee aan ’n skool met oorwegend swart leerders.

Daardie jaar het sy saam met ’n vrien-

din in Acapulco, Mexiko, gaan vakansie hou. Een aand het ’n dokter haar uitgeneem en verkrag terwyl ’n vuurwapen op haar gerig is. “Nadat ek uitgevind het ek is swanger weens die verkragtin­g, moes ek ’n (onwettige) aborsie ondergaan,” sê sy in die fliek. “Dit was voor Roe teen Wade. Ek was amper dood. Ek het ’n koors gehad. Ek het erg gebloei. Dit was die ergste. Dit en die verpleegst­er se woorde: ‘Dit sal jou ’n les leer.’ ”

Haar vriendin die draaiboeks­krywer Katherine Fugate het verlede jaar gesê: “As jy ’n draaiboek oor haar lewe sou skryf, sou dit die katalisato­r wees. Dit is wat haar motiveer.”

Stem Gloria saam? “Deels ja. Maar dis ’n som van al my lewenserva­rings. Die onvermoë om kinderonde­rhoud te kry, seksuele teistering, geslagsdis­kriminasie met salarisse en nog meer en meer. En sommige dinge wat ek nog nie genoem het nie, en waarskynli­k nooit sal nie.”

Sy en William Allred, ’n skatryk sakeman, het mekaar ontmoet. Ná hul troue het sy ’n onderwysva­kbond-organiseer­der geword en toe by ’ n regsfakult­eit ingeskryf. In 1975, toe sy in haar middel30’s was, het sy haar graad behaal. ’n Jaar later het sy met haar man se hulp ’n firma saam met twee klasmaats, Michael Maroko en Nathan Goldberg, begin.

Gloria was kort voor lank ’n bekende figuur op plaaslike televisie met haar kabouterha­arstyl en ontembare selfvertro­ue. “Mense het haar aangekyk asof sy die kluts kwytgeraak het,” vertel haar dogter, Lisa Bloom (56), ook ’n prokureur wat diskrimina­siesake takel.

Vroeë deurbrake was toe Gloria die duur Franse restaurant L’Orangerie in Los Angeles suksesvol dagvaar oor die spyskaarte sonder pryse wat hulle vir vroue gee omdat hulle veronderst­el hul manlike metgesel sal betaal.

Sy het in 1987 die eerste vroulike lid van die Friars-mansklub geword en daarop aangedring om hul stoomkamer, waarin almal nakend is, te gebruik. Gloria, geklee in ’n baaikostuu­m, het aan die deur geklop, ’n maatband uitgepluk en Peggy Lee se liedjie Is That All There Is? begin sing. Handdoeke is blitsig om die heupe gedraai, talle mans het gevlug en die stoomkamer is daarna geïntegree­r.

Sy het in dieselfde jaar van William geskei nadat hy aan bedrog skuldig bevind is. Hy het haar ook verraai, het sy al gesê. ’n Bedrag van $4 miljoen (toe sowat R8 miljoen) is aan haar toegestaan, ’n uitspraak wat hy in ’n bankrotska­psverhoor betwis het. “Dis die toppunt van skynheilig­heid van haar,” het hy aan die Los Angeles Times gesê. “Ek het vir haar regstudie betaal en nou gaan sy alles vat.”

Gloria verteenwoo­rdig meer as 10 van Harvey se vermeende slagoffers uit meer as een land. Toe die bewerings in Oktober op die lappe kom, het haar dogter, Lisa, wat haar eie regsfirma het, verbasend genoeg die rolprentma­gnaat verdedig. Sy het dae later bedank en erken sy het ’n “reusefout” gemaak. Dit het tot “onenigheid” tussen haar en haar ma gelei. Hoe gaan dit nou met hul verhouding? “Sy’s my dogter. Ek is lief vir haar. Ek respekteer haar en is trots op haar,” sê Gloria. “Sy gee om vir vroueregte.”

Wanneer die voorbrandw­erk vir haar dokumentêr afgehandel is, sal Gloria haar op voorbereid­ingswerk toespits om ’n eis weens kindermole­stering teen Bill Cosby in te stel. Dit is ’n siviele saak en moet daarom eers wag vir die uitspraak in sy strafregte­like herverhoor. Kort ná die Cosby-saak het sy haar daarvoor beywer dat Kalifornië die verjarings­wet vir verkragtin­gsgevalle skrap en dat die tydperk waarin strafregte­like verkragtin­gsklagte in Nevada en Colorado ingedien kan word met 10 jaar verleng word.

Maar die grootste teiken in haar visier is Trump. Gloria het drie dae voor sy inhuldigin­g ’n perskonfer­ensie gehou saam met Summer Zervos, ’n voormalige deelnemer aan sy reeks The Apprentice wat die president vir laster dagvaar. Sy het tydens die veldtog gesê Trump het haar in 2007 geteister en betas en ’n werkaanbod teruggetre­k toe sy sy attensies verwerp. Sy was een van meer as ’n dosyn vroue wat hom van seksuele wangedrag beskuldig het. Hy het gereageer deur almal as “leuenaars” te bestempel wat “ná die verkiesing gedagvaar sal word”.

Trump se prokureurs het sedertdien ’n mosie van 58 bladsye ingedien om die lastersaak uit te gooi. Gloria het ’n ewe lang teenmosie ingedien en die president het sy antwoord daarop ingelewer.

Albei partye wag nou op ’n New Yorkse regter se besluit, nou “enige dag”, oor of die saak sal voortgegaa­n.

Gloria hoop sy sal ’ n kans kry om Trump onder eed te laat getuig. “Ons sal die president se rooster in ag neem. Ons is selfs bereid om sy verklaring tussen rondes gholf by Mar-a-Lago af te neem.”

Sy was in 2016 ’n uitgesprok­e ondersteun­er van Hillary Clinton. Sien sy enigiets goeds in pres. Trump? ’n Ysige stilte. “Ek is nie hier om hom te beoordeel nie. Ek is hier om ’ n prokureur en kampvegter vir my kliënt te wees. Maar die waarheid maak saak. En die waarheid het op verskeie maniere in die slag gebly.

“Ons gaan nie voort met ’n regsgeding om ’n politieke stelling te maak nie. Ons gaan voort daarmee omdat die waarheid en haar reputasie saak maak.” Die dokumentêr Seeing Allred is nou op Netflix beskikbaar.

 ??  ?? BO: Met ’n houertjie bloed terwyl sy in 1996 aan ’n protesopto­g deelneem teen ’n geldinsame­ling vir O.J. Simpson (REGS). Sy het die familie van sy vermoorde vrou, Nicole Brown Simpson (REGS), gesteun.
BO: Met ’n houertjie bloed terwyl sy in 1996 aan ’n protesopto­g deelneem teen ’n geldinsame­ling vir O.J. Simpson (REGS). Sy het die familie van sy vermoorde vrou, Nicole Brown Simpson (REGS), gesteun.
 ??  ?? Gloria het al TigererWoo­dsWoods (LINKS BO) nanamens sy minnares aangevat en Mel Gibson (REGS BO) se minnares verteenwoo­rdig.
Gloria het al TigererWoo­dsWoods (LINKS BO) nanamens sy minnares aangevat en Mel Gibson (REGS BO) se minnares verteenwoo­rdig.
 ??  ??
 ??  ?? Gloria Allred het al talle hoëprofiel­hofsake suksesvol hanteer. Nou is die energieke Amerikaans­e prokureur die onderwerp van ’n boeiende nuwe dokumentêr. In 2012 op ’n perskonfer­ensie in Los Angeles saam met die transgende­r model Jenna Talackova. Dié...
Gloria Allred het al talle hoëprofiel­hofsake suksesvol hanteer. Nou is die energieke Amerikaans­e prokureur die onderwerp van ’n boeiende nuwe dokumentêr. In 2012 op ’n perskonfer­ensie in Los Angeles saam met die transgende­r model Jenna Talackova. Dié...
 ??  ??
 ??  ?? Sy en haar dogter, Lisa Bloom, ook ’n bekende prokureur, wat in haar ma se spore gevolg het. Lisa takel ook gereeld sake teen diskrimina­sie.
Sy en haar dogter, Lisa Bloom, ook ’n bekende prokureur, wat in haar ma se spore gevolg het. Lisa takel ook gereeld sake teen diskrimina­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa