Huisgenoot

Kenners verskil oor krieketkog­gelry

Kenners sê of die vurige Kagiso Rabada regtig ’n skorsing verdien

- Deur KHATIJA NXEDLANA

HYK Y KON ná die toets me met reg trots wees: Hy het 11 paaltjies ge geoes, is as speler va van die wedstryd aa a ange w y s en wa was terug boaan di die wêreldboul­ranglys. Drie voortrefl voortrefli­ke prestasies. Maar Kagiso Rabada se skitterspe­l in die tweede toets teen Australië Au is grootliks vergete; nou gons sportliefh­ebbers s net oor die Protea se vinnige vin humeur en ’n omstrede skouerbewe skouerbewe­ging. Suid-Afrikaners het in afgryse toegekyk hoe hy blykbaar opsetlik o skouerkont­ak met die Aussie-kaptein, Aussie Steve Smith, maak tydens die d wedstryd op 12 Maart op St. GeorgeGeor­ge-park, Port Elizabeth. Dit was net nadat hy die Aussie se paaltjie gevat het. Di Die oomblik is op kamera vasgevang en oor en oor uitgesaai. Die Internasio­nale Internas Krieketraa­d (IKR) het nie op o hulle laat wag nie en die 22-jarige speler uit twee toetswedst­ryde geskors. g Teen druktyd het Kagiso nog teen sy sk skorsing geappellee­r sodat hy dalk to toegelaat sou word om op 22 Maart in die derde toets in Ka Kaapstad te speel. Maa Maar of hy sy appèlsaak wen of verloor, verloo sy humeur bly ’n probleem. Dis immers nie die eerste keer dat hy in die moeilik- heid beland nie. (Sien die kassie.) Maar wat hy in die Baai aangevang het, het sommige kykers erg omgekrap: Nie net het hy skouerkont­ak met Steve gemaak nie; hy het ook in die kolwer David Warner se gesig geskree nadat hy dié uitgeboul het.

Maar is Kagiso regtig kort van draad – of is sy gedrag net deel van ’n sportsoort met ’n lang geskiedeni­s van uittartend­e gedrag en koggelry, oftewel “sledging”?

WAS DIT REGTIG SO ERG?

Sommige kenners meen Kagiso het verkeerd opgetree, terwyl ander sê die voorval is uit verband geruk.

“Dit was eintlik net ’n vegie,” sê die oudProtea Fanie de Villiers. “Ons het ook geskree. As snelbouler wil jy ’n kolwer ontsenu, want dis wanneer hy sy spel begin verander en jy jou paaltjies vat. Dit verbaas my mense dink Kagiso is te aggressief. Dis niks vergeleke met hoe dit in die verlede gegaan het nie.”

Die gewese Protea-snelbouler Roger Telemachus sê hy dink die skorsing was effens te streng. “So vat ’n mens van die aggressie en woema uit snelboul.”

Die Proteas se voorslagbo­uler Dale Steyn, wat weens ’n hakbeserin­g op die paviljoen is, sê Kagiso se ouderdom moet ook in ag geneem word.

“Ons maak almal simpel foute wanneer ons jonk is,” het hy in ’n koerantond­erhoud gesê. “Miskien moes dit nou gebeur sodat hy ’n bietjie vinniger kan leer. Ek het dom dinge aangevang toe ek jonger was. Ek het eenkeer gespoeg in die

rigting van Sulieman Benn (’n Wes-Indiese snelbouler). Nooit weer het ek so iets gedoen nie.”

Maar die boullegend­e Shaun Pollock sê as ’n mens na Kagiso se geskiedeni­s kyk, is die verbod heeltemal geregverdi­g. “Dis ’n ophoping van dinge; dit was nie ’n geïsoleerd­e voorval nie,” het hy aan die Australies­e nuuswebtui­ste Wide World of Sports gesê.

Suid-Afrika se ontmoeting­s met Australië was nog altyd dramaties, maar dié een het meer wrywing as gewoonlik opgelewer. In die eerste toets in Durban het Australië se David net-net ’n verbod vrygesprin­g nadat hy glo die e Suid-Afrikaanse speler Quinton de Kock herhaaldel­ik op die veld beledig het.

Hierna het die Protea-paaltjiewa­gter na bewering teruggekap deur buite die kleedkamer­s ’n opmerking te maak oor David se vrou, Candice. Dit was blykbaar ’n verwysing na die berugte ontmoeting wat sy voor hul troue in ’n toilet met die Nieu-Seelandse rugbyster Sonny Bill Williams gehad het. In 2007 is ’n foto van die twee in ’n intieme posisie die wêreld ingestuur nadat ’n afloerder sy selfoon onder die toiletdeur ingedruk het om dit af te neem.

David was glo briesend oor Quinton se beweerde verwysing daarna. Die gevolglike onderonsie het veroorsaak dat David met 75% van sy wedstrydge­ld beboet is, asook drie strafpunte. Quinton het een strafpunt vir uittarting gekry.

TEM KAGISO SO

Kagiso het self al gesê sy gedrag op die veld sal moet verander. “Dit sal moet end kry. Ek kan nie so aanhou nie, want ek laat die span en myself in die steek,” het hy in ’n onderhoud ná die wedstryd gesê.

Maar party kenners sê dit salmoeilik sal moeilik wees om hom in toom te hou, want hy gebruik juis die koggelry om hom op te werk en die gevolg is dat die paaltjies kantel. “Dis baie moeilik vir ’n afrigter as ’n speler so suksesvol soos Kagiso is,” sê die vryskutspo­rtskrywer Luke Alfred.

Lunga Biyela, besturende redakteur van die tydskrif SA Cricket, sê die kaptein, Faf du Plessis, moet ingryp sodra hy sien sy sterbouler dreig om oor te kook. “Hy behoort vir hom te sê: ‘Jy vaar uitstekend; hou jou net so effens in toom.’ ”

ONREGVERDI­G?

Kagiso se straf het sy aanhangers op Twitter behoorlik laat gons.

Hulle meen hier is sprake van dubbele standaarde omdat die Aussie-speler Mitchell Marsh in Port Elizabeth net een strafpunt teen hom gekry het nadat hy op Kagiso gevloek het toe hy sy paaltjie verloor. Kagiso is met drie punte gestraf oor ’n skouerstam­pie wat geen skade aangerig het nie.

Die Sport24-joernalis Rob Houwing sê met so ’n swaar straf loop sportbase gevaar om die spel van sy “vermaakwaa­rde” te beroof.

““Ek dink die IKR het te puntenerig ge geraak oor gewaande gedragsfou­te. Jo Jong, opwindende krieketspe­lers mo moet toegelaat word om hulself uit te druk; hul emosies te wys.”

D Daar is ook sprake spelers van albei sp spanne probeer hul teenstande­rs tot str strafpunte uitlok om hulle nader aan ’n s skorsing te bring.

R Rob glo wel amptenare moet ingry gryp wanneer die koggelry persoonlik raa raak. Volgens hom is dit veel erger as wa wat Kagiso in die Baai gedoen het. “Wann “Wanneer die gesin betrek word of pa’s, ma’s, vroue of meisies, dan raak dit onaangenaa­m en moet opgetree word.”

Fanie dink ook dit lyk asof daar verskillen­de reëls vir verskillen­de mense is.

“Wat Virat Kohli gedoen het, is veel erger as wat Kagiso gedoen het,” sê hy. Hierdie supersterk­olwer van Indië het in Januarie tydens die tweede toets tussen sy land en die Proteas in Pretoria gekla oor ’n klam bal en dit toe aggressief op die grond neergesmyt.

Rob sê daar is ’n gevoel die IKR het hul mes in vir Suid-Afrika wat tugoptrede betref. “Miskien is dit nie eens die spelers se skuld nie; miskien is daar konflik op administra­tiewe vlak of persoonlik­heidsbotsi­ngs in die raadsaal. Selfs ’n paar Australies­e oudspelers het al simpatieke geluide gemaak jeens die Proteas.”

Hy meen die krieketbas­e huiwer voor hulle optree teen spelers van “die groot drie” (Engeland, Indië en Australië) omdat die spanne baie invloed het.

Maar Lunga stem nie saam nie. “Ek’s seker hulle sal dieselfde teen ’n speler van ‘die Groot Drie’ optree as hy ’n geskiedeni­s soos Kagiso het,” sê hy.

 ??  ?? Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada oomblikke voor hy tydens die tweede toets op St. George-park “kontak gemaak het” met Australië se kaptein, Steve Smith.
Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada oomblikke voor hy tydens die tweede toets op St. George-park “kontak gemaak het” met Australië se kaptein, Steve Smith.
 ??  ?? LINKS: Rabada kort voor hy “kontak gemaak het” met Smith. BO: Die Aussie-kaptein tydens die toetswedst­ryd. REGS BO: Rabada op pad na die skouerkont­ak. Die Proteas se snelbouer skree in die Aussie-kolwer David Warner se gesig kort nadat hy hom in die...
LINKS: Rabada kort voor hy “kontak gemaak het” met Smith. BO: Die Aussie-kaptein tydens die toetswedst­ryd. REGS BO: Rabada op pad na die skouerkont­ak. Die Proteas se snelbouer skree in die Aussie-kolwer David Warner se gesig kort nadat hy hom in die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa