Huisgenoot

Twis laat oupa nie kleinkinde­rs sien

’n Bekende oudspeurde­r het sy kleinkinde­rs vier jaar laas gesien weens onmin tussen hom en sy kinders oor ’n voortslepe­nde hofsaak; boonop is sy gesondheid swak

- Deur JANA VAN DER MERWE

‘My pa het ons nie eens gebel nie’

HY YHET HET op sy dag d skurke k k gejag en tergende moordsake opgelos, maar deesdae wil die geharde speurder iemand heel anders onder oë kry.

“Kan iemand wat my 5 kleinkinde­rs ken asb. vir my fotos van hulle stuur. Ek het hulle 4 jaar laas gesien,” het die bekende Pretoriase oudspeurde­r genl.maj. Karel “Suiker” Britz (73) presies ’n jaar gelede, in April 2017, op sy Facebook-blad gesmeek.

Die eens betrokke oupa se pleidooi om sy geliefde kleinkinde­rs weer te sien het nie uit die bloute gekom nie – en dis ook nog nie sedertdien beantwoord nie.

Boonop is dit dalk ’n stryd teen tyd, want Suiker se gesondheid gaan agteruit.

Die vervreemdi­ng van sy kleinkinde­rs is ’n onopgelost­e saak wat Suiker weens ’n bitter en jare lange vete tussen hom en sy twee kinders, Kallie Britz (42) en Liezl Botma (44), nie kan ontrafel nie.

Die voormalige hoof van Pretoria se (nou ontbinde) moord-en-roofeenhei­d sê dit is te pynlik en sensitief vir hom om self te praat oor die saak, wat na verwagting volgende jaar in die hooggeregs­hof in Pretoria sal draai.

Suiker skryf in dieselfde Facebook-plasing: “Dit is oor ’n ernstige persoonlik­e aangeleent­heid wat later in die hoër hof bekend sal word . . .”

Die regsgeding waarna hy verwys, is ’n voortslepe­nde hofsaak tussen hom en Kallie. Meer as R2,57 miljoen se eise word genoem in die saak wat Suiker in 2014 aanhangig gemaak het.

Die saak sou vanjaar voorgekom het, maar dit is onlangs uitgestel omdat ’n spesiale verhoor moontlik gehou moet word. Dit kom nadat Kallie se regspan aangedui het hulle sal die saak nie in die gewone verhoortyd­perk vir ’ n siviele geding – die maksimum van vyf weekdae – kan afhandel nie.

Nou vrees die prokureur Chris Greyvenste­in, Suiker se regsvertee­nwoordiger, die swak gesondheid van sy kliënt kan maak dat hy nooit die hofsaak sien nie. Suiker het maagkanker gehad, en al is dit tans in remissie, ly hy ook aan hoë bloeddruk en diabetes.

Volgens die hofstukke is 33 eise ter sprake, grootliks oor geld wat Suiker aanvoer sy seun sonder magtiging uit sy bankrekeni­ng getrek het ná die skielike dood van sy vrou, Kallie se ma, San.

San is op 23 April 2010 op die ouderdom van 62 oorlede weens komplikasi­es ná ’n operasie om ’n bloedklont in haar been te behandel. Haar pensioen en lewenspoli­sse is aan Suiker uitbetaal, en hy het sy seun toe gevra om sy geldsake te hanteer.

Suiker het twee jaar later met sy tweede vrou, Annetjie (72), getrou – en dié het die bestuur van sy geldsake oorgeneem.

Dit was toe dat die verhouding tussen Suiker en sy kinders verbrokkel het. Die twis het so uitgekring dat Suiker ’n klag

van diefstal teen sy seun by die polisie e ingedien en hom gedagvaar het.

Suiker se dogter, Liezl, vertel ons haar broer, ’n bestuurder by ’n groot sekerheids­maatskappy, is ’n “sagte teddiebeer” wat nooit sy pa sou inloop nie. Liezl het twee pragtige dogtertjie­s en Kallie twee woelwaters­euns en ’n dogtertjie. Omdat die kinders minderjari­g is, mag hulle vol- lgens die Kinderwet nie geïdentifi­seer eer word nie,

“Dit is alles regtig bitter, bitter hart- artseer,” sê Liezl. “Die ding kom al baie jare are aan. Dit is waar: My pa het geen verhou- ouding met my, my broer of sy kleinkinde­rs nie. En hy het sulke pragtige kleinkinde­rs, maar hoe wil hy met hulle ’n verhouding bou as hy nie daarin belangstel om een met sy eie kinders te bou nie?”

Dan voeg sy by: “Sy kleinkinde­rs is beskikbaar om hom te kan sien. Ek stuur selfs van tyd tot tyd vir hom foto’s, maar ek kry nie eens ’n dankie nie. Ek en my oudste dogtertjie het onlangs verjaar. My pa het ons nie eens gebel nie.”

KENNISSE met insae in die familievet­e vertel die moeilikhei­d het in 2012 begin toe Suiker, wat ná sy polisieloo­pbaan in die sekuriteit­sbedryf begin werk het, met Annetjie trou en sy tweede vrou sy banksake by sy seun oorneem.

“Suiker het voor San se dood nie eens ’n onderbroek vir homself gekoop nie,” vertel een bron. Dié bron sê Suiker is en was nog nooit met ’n rekenaar vertroud nie. “San het alles hanteer en al die rekenings oor die internet betaal.”

Suiker bevestig in hofstukke hy het ná San se dood sy seun gevra om sy geldsake oor te neem. Kallie het ingestem, waarvoor Suiker volgens die hofstukke dankbaar was.

Maar Suiker voer in die hofstukke aan tussen Ok tober 2010 en November 2011 het transaksie­s van meer as R1,57 miljoen plaasgevin­d waarvoor hy nie magtiging gegee het nie. Hy beweer ook hy en sy seun het einde 2010 ’n mondelinge ooreenkoms aangegaan dat hy vir Kallie R1 miljoen sal leen om ’n huis op die luukse Midstream-landgoed in Midrand te koop.

Suiker voer aan sy seun moes hom binne drie jaar terugbetaa­l teen die rentekoers wat hy sou verdien as hy die geld belê het, maar volgens hom het Kallie nie dié ooreenkoms nagekom nie.

In nog ’n eis voer hy aan Kallie het op 6 Oktober 2010 R170 000 meer getrek as die R1 miljoen waarop hulle ooreengeko­m het.

Kallie het homself in sy verweerskr­if, wat in Januarie 2015 by die hof ingedien is, teen sy pa se bewerings verdedig en ontken dat hy sy pa enige geld skuld.

Hy ontken sy pa het verwag hy moet die geld terugbetaa­l en voer aan Suiker se eise is “ongegrond”. “on Hy sê verder die eis het in elk el geval ná ’n tydperk van drie jaar verjaar. v Volgens Liezl het haar pa boonop by b haar broer in sy nuwe huis gaan woon, w maar uitgetrek toe hy weer trou. tr Liezl vertel sy en haar broer het nog nooit no ’n goeie verhouding met hul stiefma gehad nie. Annetjie is na die ooievaarst­ee vaar vir haar jongste kind en dié se eerste eerst verjaardag­partytjie genooi, maar het nie n opgedaag nie omdat sy beweer hulle het haar onwelkom laat voel, sê Liezl. Liezl “Ek wens ek het geweet hoekom sy so voel.” Sy glo dit is haar stiefma wat haar pa oortuig het om haar broer te dagvaar toe sy sy geldsake oorneem, want sy is glo die een wat op die beweerde “onregmatig­e betalings” afgekom het. Annetjie het by navraag ontken sy het insae in die hofsaak en wou nie kommentaar lewer oor haar rol in die familietwi­s nie.

SUIKER was altyd na aan sy kleinkinde­rs en het in die tyd dat hy by sy seun gebly het alles saam met hulle gedoen. “Hy het Kallie se seun by die skool op- en afgelaai en al hul skoolaktiw­iteite bygewoon,” vertel ons bron. “Dit is vir hom verskrikli­k erg dat hy hulle nie meer kan sien nie.” Kallie se prokureur, Gert van der Merwe, het namens hom aan Huisgenoot gesê dit was nie nodig vir enigiets om te verander nie. “Reël jy vir ons ’n kuier tussen die oupa en sy kleinkinde­rs. Sê net waar en wanneer. My y kliënt ontneem nie sy pa die d voorreg om sy kleinkinde­rs k te sien nie, maar m natuurlik het die hofsaak h ’ n wig tussen hulle hu ingedryf.” Hulle het intussen ook ’n formele skrywe in dié verband ve aan Chris gerig en glo Suiker se huis ga gaan “eersdaags vol sk skreeubekk­ies wees”. “Of “Annetjie dit ook ga gaan geniet, bly ’ n ope vra vraag,” sê Gert. Liezl L sê sy hoop steeds haar haa pa en broer kan skik. ’n ’nM Mens kan hoor dit is vir haar haa ’n dolk in die hart toe sy sê: s “Die hele ding is so onnodig onn . . .”

 ??  ?? Suiker Britz, hier by een van sy seun, Kallie, se kinders, was eens ’n baie betrokke oupa. Hy het egter weens ’n voortslepe­nde hofgeding met sy seun alle kontak met sy geliefde vyf kleinkinde­rs verloor.
Suiker Britz, hier by een van sy seun, Kallie, se kinders, was eens ’n baie betrokke oupa. Hy het egter weens ’n voortslepe­nde hofgeding met sy seun alle kontak met sy geliefde vyf kleinkinde­rs verloor.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Suiker is van sy dogter, Liezl Botma, op die foto by haar man, Cornel, en hul twee dogters vervreem. Dit kom nadat hy sy seun, Kallie (BO, by sy dogter), in die hof die stryd aangesê het.
LINKS: Suiker is van sy dogter, Liezl Botma, op die foto by haar man, Cornel, en hul twee dogters vervreem. Dit kom nadat hy sy seun, Kallie (BO, by sy dogter), in die hof die stryd aangesê het.
 ??  ?? Suiker en sy tweede vrou, Annetjie. Dit is na bewering nadat hulle getroud is dat die moeilikhei­d tussen hom en sy twee kinders begin het.
Suiker en sy tweede vrou, Annetjie. Dit is na bewering nadat hulle getroud is dat die moeilikhei­d tussen hom en sy twee kinders begin het.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa