Huisgenoot

Lindie se bruid bring liefde en lig

Lindie en haar Santjie straal van geluk ná hul piekniektr­oue middein die Woordfees

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY

WEG van die stadsgewoe­l en blink liggies straal die donkerkop-aktrise in haar wit huisie met sy vrolike rooi deur en rooi vensterram­e. Die bosse om die huis is ruig en die wit Weskussand hier op Langebaan blink in die oggendson. Twee vriendelik­e honde baljaar buite op die grasperk en hap na insekte wat verbyvlieg.

Lindie Stander (42) lyk ontspanne in ’n strepiesbl­oes en kortbroek toe sy haar langs die blonde Susan du Plessis (ook 42) op hul roomkleuri­ge bank tuismaak. Agter hulle versier bont teëls die klein kombuis. Die boekrak is vol leesstof en ’n groot verskeiden­heid Xbox-speletjies waarmee die twee hulself soms ure lank kan vermaak.

Hulle is pas getroud en straal oor hul nuwe geluk waar hulle eksklusief met Huisgenoot gesels. “Dit gaan uitstekend,” borrel Lindie. “Ons is nou 10 dae getroud en elke dag is net so lekker.”

Susan, of Santjie, soos Lindie haar noem, glimlag breed toe sy na haar huweliksma­at kyk. “Al wat regtig wonderlik is, is dat niks eintlik verander het nie, behalwe dat ons verskrikli­k veilig voel,” vertel Lindie voort.

“Ja, en jy voel jy het ’n doel, ’n verant- woordelikh­eid teenoor die ander persoon. Daar is struktuur. Daar is ’n gevoel van spanwerk,” voeg die blouoog-Susan, ’n bemarker by ’n plaaslike staalmaats­kappy, by.

Op 8 Maart, sommer ’n Donderdag in die middel van die Woordfees op Stellenbos­ch, het die twee, wat al amper vier jaar saam is, op ’n wynplaas by die universite­itsdorp trou aan mekaar beloof.

Nou sê Lindie: “Dit voel lekker. Dit voel reg. Dit voel veilig. En ons is 42; dit was nou hoog tyd.”

LINDIE was daardie herfsoggen­d pligsgetro­u op die verhoog, besig om die gehoor te laat skater saam met haar medeakteur­s in die verhoogpro­duksie Baba met die Badwater. Maar toe sy twaalfuur die middag met haar Woordfees-vertoning klaarmaak, het sy blitsig in haar kar gespring om vir een van die spesiaalst­e dae in haar lewe gereed te maak.

“Ek het net gou-gou ’n bietjie gaan trou,” terg Lindie met ’n glimlag van oor tot oor.

En nee, dit was nie ’n tipiese plegtighei­d met strooimeis­ies, sluiers en ’n oordadige troukoek nie, vertel sy. Dit was ’n onopgesmuk­te piekniek langs ’n rivier op ’n wynplaas saam met sowat 35 van hul naaste vriende en familie.

“Dit was al omtrent ’n jaar dat ons oor trou gesels het,” sê Lindie, wat in 2014 Langebaan toe getrek en ’n dramaskool begin het. “Niemand het iemand gevra om te trou nie. Ons het een aand ’n glas wyn sit en drink en praatjies gemaak oor hoe gelukkig ons darem nou is; kom ons trou. Toe sê Santjie: ‘Ja, kom ons doen dit.’

“Toe hanna-hanna ons nog so ’n jaar lank, want ons wou darem seker wees

‘Sy is my mensie; daar is niks wat ek nie vir haar sal doen nie’

ons sal so 30 gaste kan voer en wyn gee,” skerts sy.

Maar toe Lindie aan die begin van die jaar drie weke lank in Johannesbu­rg was om vir die Woordfees-produksie voor te berei, het die verlange net te erg geraak. So oor die foon het die twee toe besluit om te trou, en sommer nóú. Binne twee weke het hulle alles gereël. “Dit was nie maande se stres en kleurskake­rings nie. Dit was net: Ons is lief vir mekaar; kom ons trou. En alles het mooi uitgewerk,” verduideli­k Susan, wat oorspronkl­ik van Pretoria af kom, maar al sowat 10 jaar op Langebaan woon.

En daardie middag tweeuur het die paartjie saam met Lindie se ma, Linda Louw (65), en hul twee honde, Akira en Norman, by die paadjie afgestap. Susan was uitgevat in ’n appelkoosk­leurige bloes, sagtewit broek en sandale, terwyl Lindie kaalvoet in ’n sagtewit bloes en wit broek getrou het.

“Ek het nog altyd van ’n kaalvoettr­oue gedroom,” vertel Lindie, wat deesdae dikwels stemwerk en opnames vir RSG doen en ook verlede jaar in die kykNETkome­die Seepglad te sien was.

Die seremonie, wat deur past. Frieda van den Heever gelei is, was onder ’n reuseboom. En laatmiddag kon die gaste op komberse ontspan en – met Johnny Cash se musiek op die agtergrond – aan kase, olywe, tuisgebakt­e brood, kouevleise, wyn en nougat smul.

“Dit is die lekkerste troue waarop ek al was,” het Susan tydens die piekniek vir Lindie gesê. “Toe sê ek vir haar: ‘Liefie, dit is jóú troue,’ ” vertel Lindie laggend.

LINDIE, wat onder kykers geliefd was as suster Elise Kruger in die kykNET- sepie Binnelande­rs, het jare gelede Facebook-vriende met Susan geraak toe dié deur verlangse familie wat ook by Binnelande­rs gewerk het van Lindie verneem en vir haar ’n vriendskap­sversoek stuur. Tog het hulle mekaar glad nie geken nie, nooit gesels nie en was hulle albei in daardie stadium in ’n ander verhouding.

Maar toe Su san jare later, toe albei enkellopen­d was, op dié sosialemed­iaplatform sien Lindie het Langebaan toe verhuis, het sy haar op Facebook uitgenooi om te gaan roei en haar die dorp te wys. “Maar toe waai die wind daardie dag te erg,” onthou Lindie.

“Toe gaan drink ons maar wyn in die plaaslike hotel,” sê Susan en lag. “Dit was baie informeel. Ek het nog ’n vriendin saamgevat, en ja . . .” Hulle het dadelik gekliek, sê Lindie. “Ja, ons was net mal oor mekaar se geselskap,” beaam Susan dit kopknikken­d.

Hulle het toe elke dan en wan saamgekuie­r en die verhouding het begin blom. “En ons hét op die ou end darem gaan kajak,” sê Lindie laggend.

“Ons is albei baie lief vir die buitelewe. Ons is mal oor visvang en Santjie het my leer gholf speel. Ons ry baie fiets en hou baie van kossies maak en braai.” Vir Lindie, wat al lank ’n stryd teen depressie voer en in 2012 probeer het om haar lewe te neem, is die vro l ike Susan ’ n vars bries, die sonskyn in haar lewe.

“Sy is my mensie; daar is niks wat ek nie vir haar sal doen nie. sê Lindie. En dié vrou wat almal so maklik laat lag, vee ’n traan af. “Ek voel nie meer lus vir doodgaan nie. Ek kan nie meer wag om te leef nie.”

Lindie dra haar hart op haar mou en praat openlik oor haar stryd teen die donker. Maar sy sê “haar Santjie” se vermoë om vreugde uit die klein dingetjies te put is aansteekli­k.

“Iets soos depressie gaan nooit weg nie. Dit is iets wat jy moet bestuur. Ek maak seker ek is op die regte medikasie en pas myself geestelik en liggaamlik op.

“Waar ons woon, het ek ’n rustigheid. Ek is na aan die natuur, en Santjie help deur my daardie ekstra wil te gee om op te staan. Sy dra my wanneer ek nie kan nie.” “Ag, dit gebeur so min,” sê Susan sag. “Wanneer ek na die donkerte gaan, dan sluit ek (my) af,” sê Lindie.

“Dan sê ek vir haar: ‘Kom ons gaan doen iets lekkers,’ ” sê Susan met ’n glimlag.

“So nie koop sy vir my ’n nuwe Xboxspelet­jie,” lag Lindie. “Ons is soos twee groot, volwasse kinders wat in mekaar ’n rede gevind het om te leef.

“En ja, ons het maar elkeen ons hartseer in ons verlede,” laat hoor sy in ’n ernstiger toon. Dan glimlag sy en kyk Susan stip in die oë. “Maar dis net lekker om so veilig te voel.”

Die twee droom daarvan om nog die wêreld plat te reis en beplan om binnekort wittebrood te hou – iewers op ’n afgeleë plek saam met hul twee honde.

Maar op hierdie mooi, windstil dag aan die Weskus sal hulle vir eers net die braaivleis­vuur aansteek en ’ n bottel vonkelwyn oopmaak om die lewe te vier. En natuurlik die liefde.

 ??  ?? HOOFFOTO: Die pasgetroud­e Lindie Stander (links) en Susan du Plessis tuis op Langebaan. LINKS: Die uitnodigin­g na hul troue op ’n wynplaas by Stellenbos­ch.
HOOFFOTO: Die pasgetroud­e Lindie Stander (links) en Susan du Plessis tuis op Langebaan. LINKS: Die uitnodigin­g na hul troue op ’n wynplaas by Stellenbos­ch.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Lindie en Susan lag heerlik tydens hul huweliksbe­vestiging.
Lindie en Susan lag heerlik tydens hul huweliksbe­vestiging.
 ??  ??
 ??  ?? LI LINKS: Lindie swaai prettig aan ’n to tou tydens hul troudag se fotose sessie. BO: Past. Frieda van den He Heever het die seremonie onder ’n gr groot boom gelei. LINKS BO: Die ga gaste het ná die seremonie pie piekniek gehou en aan vingerha happies gesmul.
LI LINKS: Lindie swaai prettig aan ’n to tou tydens hul troudag se fotose sessie. BO: Past. Frieda van den He Heever het die seremonie onder ’n gr groot boom gelei. LINKS BO: Die ga gaste het ná die seremonie pie piekniek gehou en aan vingerha happies gesmul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa