Huisgenoot

‘EK HET GEWEET EK MOET BETER WORD, ANDERS SAL EK NOOIT WEER MET KAI KAN SPEEL NIE’ – PIETER VAN GREUNEN

’n Duikongelu­k tydens ’n wegbreekna­week het Pieter van sy bolyf af ondertoe verlam en in vyf hospitale laat beland, maar dit het hom nie van hoop gestroop nie

- Deur MARELIZE POTGIETER

DIT was hul eerste wegbreekna­week sedert hul eersteling se geboorte vyf maande tevore. Hulle het lank na die blaaskans uitgesien – die eerste keer in ’n lang tyd dat hulle weer sorgeloos saam kon kuier soos in die dae voor die verantwoor­delikhede van ouerskap begin het.

Min het die jong ouers geweet hulle sou met daardie blaaskans ’n stukkie “grondpad” tref, soos hulle dit vandag moedig noem. Want die 29-jarige Pieter van Greunen van Bellville is van sy bolyf af ondertoe verlam nadat ’n fratsongel­uk sy lewe daardie naweek in ’n oogwink verander het.

Dit is ses maande sedert die traumaties­e gebeure op 19 September verlede jaar toe Pieter tydens ’n naweek weg teen die bodem van ’n vlak swembad vasgeduik het.

Hier waar hy en sy vrou, Vernene (32), in hul huurhuis in Kaapstad se noordelike stadsgebie­de vertel van die “grondpad” wat hulle deesdae trotseer, lê die herinnerin­gs aan die vorige hoofstuk in n hul lewe nog vlak.

Teen die sitkamermu­ur hang die foto’s s van hul troue vyf jaar gelede. Die paartjie e op die foto’s in die raam teen die muur r straal van geluk. Die sonsonderg­ang baai i hulle in sagte skemerlig. Dis duidelik hul- le is opgewonde oor die pad wat voorlê.

Die meer onlangse herinnerin­gs, aan n daardie aand in September verlede jaar, , is varser en skerper in Vernene se geheue e ingebrand; Pieter kan min van die gebeu- re onthou.

Vriende van die twee het die Vrydag- aand op ’n wynplaas naby die Bolandse e dorp Tulbagh getrou, en Pieter en Ver- nene het die volgende dag langer aan- gebly. Vernene se ouers, John en Ethne e Christie, het spesiaal van Beaufort-Wes s af gery om hul babaseun, Kai, vir die naweek tuis te kom oppas.

“Dit was ’n onvergeetl­ike naweek,” vertel Vernene, en glimlag toe sy daaraan terugdink. “Ek was ’n bietjie hartseer toe ons by die huis wegry en Kai los, maar ons het daardie aand (van die troue) nog so lekker gelangarm.”

Voor sy haar kom kry, voeg sy by: “Pie- ter het my leer dans en hy kan baie lekker langarm.”

Die Saterdag ná die troue het hulle saam met vriende die omgewing verken. “Toe ons die aand weer by die gastehuis kom, het ons besluit om langs die swembad te braai,” vertel Vernene.

Dat Pieter in die swembad wou duik, het haar nie verbaas nie. “Hy is die soort

‘Ons is net op ’n ander pad as waarop ons gedink het ons sou wees’

ou wat nie kan stilsit nie. Hy kon skaars wag dat Maandae moes kom sodat hy kon gaan werk.”

“Die swembad was seker so diep,” sê Pieter, ’n skrynwerke­r, en leun versigtig na die bokant van die rusbank langs hom en beduie sowat 1 m van die vloer af. Hy is deesdae aan ’n elektriese rolstoel gekluister en dis onseker of hy ooit weer sal kan loop. Sy arms het ook net gedeelteli­ke krag.

“Eers het sy een vriend ingespring,” vertel Verene. “En toe besluit Pieter om soos ’n pyl uit ’n boog in te duik.”

“Ek onthou die slag teen my kop,” sê Pieter en frons effens. “Ek het dadelik opgekom, maar kon nie my bene voel nie en het geweet iets is fout . . .”

KAI, nou 10 maande, is bedags by ’n crèche en is tydens ons kuier nie tuis nie. Maar Pieter sê dit was veral hul kleinman wat hom die afgelope maande aangespoor het om te herstel. “Ek het geweet ek moet beter word, anders sal ek nooit weer met Kai kan speel en normale goed kan doen soos ander pa’s nie.”

Vernene het net ná die ongeluk ’n fotocollag­e van Kai gemaak en dit in die hoësorgeen­heid van die UK- Privaat Akademiese Hospitaal gesit sodat Pieter daarna kon kyk.

Ná ’n paar weke het dokters besluit dis ’n goeie idee dat die pa en seun mekaar sien, en sy het Kai so een of twee ker per week hospitaal toe geneem.

“Dit het gehelp om my op te beur en moed te gee,” sê Pieter.

Die klein woelwater is deesdae lus vir stap en wriemel uit sy pa se arms wanneer hy hom probeer vashou; Pieter moet dus wag tot hy moeg of slaperig is.

Tog is hy vasbeslote om Kai binnekort weer behoorlik in sy arms te hou. “Op die oomblik is hy sterker as sy pa,” sê Pieter en lag. “Maar ek sal weer. Binnekort.”

Hul huurhuis is nie ideaal ingerig vir Pieter se rolstoel nie, maar vir eers moet hy oor die weg kom. Hulle het ’n oprit by die voor- en agterdeur aangebring en die babakamer vir Pieter ingerig sodat hy maklik met die stoel kan in- en uitbeweeg.

Vernene raak emosioneel toe sy terugdink aan die aand waarop haar man ver- lam is. “Ek het gedink hy het harsingsku­dding en wou hom net heeltyd wakker hou,” vertel die opgeleide prokureur.

“Maar ons het ook nie geweet of dit iets ernstigers is nie en wou hom nie onnodig beweeg nie. Ons het hom teen die kant van die swembad se rand in die water laat lê, maar ná ’n ruk het dit begin koud word.”

Sy en hul vriende het Pieter versigtig uit die water getel, maar die ambulans het eers twee uur daarna opgedaag. In die Netcare Ceres-hospitaal, waarheen met hom gehaas is, het die dokter aanbeveel dat hy spesialisb­ehandeling kry.

Pieter moes ’n paar keer geskuif word sodat hy die regte spesialisb­ehandeling kon kry: eers na die Mediclinic Worces- teter, toe na die Mediclinic Kaapstad, en eindelik na Ikeys se hospitaal, waar hy net langer as twee maande behandel is.

Die kilometerl­esing in Vernene se motor wys sy het eindelik sowat 3 500 km heen en weer gery tussen hul huis en die hospitale waar haar man behandel is.

Hoewel die operasie om Pieter se C4- en C5-nekwerwel te heg goed afgeloop het, het hulle agterna talle naelbytoom­blikke beleef, want sy longe het agt keer platgeval. Vernene was bang hy sou nooit weer op sy eie kon asemhaal nie. “Ek het elke oggend gehuil wanneer ek hospitaal toe gery het,” onthou sy.

Ná amper 60 dae met ’n lugbuis in sy keel het Pieter weer op sy eie begin asemhaal. ’n Week later is hy na die rehabilita­siesentrum van die Life Vincent Pallottiho­spitaal in Pinelands oorgeplaas – die vyfde hospitaal.

Op 8 Februarie is hy eindelik ontslaan. Sedertdien ondergaan hy vier dae per week rehabilita­sie by die Instituut vir Sportweten­skap in Nuweland en een keer per week fisioterap­ie by Vincent Pallotti.

Al gaan dit steeds soms moeilik, voel Pieter trots daarop dat hy met elke sessie verbeter en probeer hy aanvaar wat gebeur het. “Ons is nou net op ’n stukkie grondpad. Maar hopelik kom ons gou weer op die teerpad,” sê hy.

“Hoekom sal ek tou opgooi as hy nie moed opgee nie?” sê Vernene. “Hy is steeds hy. Ons is nou net op ’n ander pad as die een waarop ons op die dag toe ons trou, gedink het ons sou wees.”

HULLE spits hulle nou toe op korttermyn­doelwitte om Pieter weer ’n mate van onafhankli­kheid te gee.

“Ek dink nie ons verwag hy sal binnekort weer loop nie, maar (ons werk daaraan) om sy arms sterk te kry en gevoel in sy vingers te herwin,” sê Vernene. Hulle wil graag vir hom ’n handaanged­rewe, kompakter rolstoel aanskaf sodra hy sterk genoeg is.

Intussen mis hy dit om sommer net op die ingewing van die oomblik ’ n bier saam met ’n vriend te gaan drink of weer ’n houtdek te bou en raak hy gefrustree­rd dat alles deesdae soveel meer tyd verg. “Net iets kleins, soos om uit die bed te kom, vat so lank.

“Maar ek sal nie moed opgee nie,” sê Pieter dan. “Dit kan nét beter gaan.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Vernene en Pieter van Greunen durf sy verlamming moedig aan. ONDER: Pragtig op hul troudag op Beaufort-Wes.
HOOFFOTO: Vernene en Pieter van Greunen durf sy verlamming moedig aan. ONDER: Pragtig op hul troudag op Beaufort-Wes.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Kuiertjies van sy seun, Kai, het Pieter help volhard. HEEL BO: Vernene het ’n collage vir sy hospitaalk­amer gemaak.
BO: Kuiertjies van sy seun, Kai, het Pieter help volhard. HEEL BO: Vernene het ’n collage vir sy hospitaalk­amer gemaak.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa