Huisgenoot

Wat gaan Jeff Bezos met sy biljoene doen?

Die lewe van die wêreld se rykste man en sy gesin is nie uitspattig nie en taamlik normaal. Maar wat gaan hy met al sy biljoene doen?

- Saamgestel deur RICHARD VAN RENSBURG

DIE rykste man op aarde sal seker die grootste, blinkste, vinnigste of duurste van alles koop.

Nie Jeff Bezos nie. Die Amazon-baas en sy gesin leef so normaal, dis amper abnormaal, het ’n vriend van die hegte gesin al laat hoor.

Jeff se vrou, MacKenzie, het tot enkele jare gelede nog hul kinders met ’n Honda-stasiewa skool toe gekarwei en haar man daarna werk toe.

Die saketydskr­if Forbes het Jeff (54) onlangs aangewys as die rykste man ter wêreld en boonop die allereerst­e sentibiljo­enêr. (Senti- is ’n voorvoegse­l wat honderd beteken). Hy het die honderdbil­joenkerf verbygeste­ek en met ’n fortuin van $112 biljoen (R1,35 triljoen) die naasrykste man, Bill Gates van Microsoft met sy $90 biljoen (R1,1 triljoen), getroef.

G’n wonder sommige ontleders meen hy kan as die rykste man in die geskiedeni­s beskou word en dat Amazon, sy e-handelskol­os, die wêreld se eerste tril- joendollar­maatskappy kan word nie.

Tog voer Jeff en MacKenzie (47), die ewe dinamiese donkerkop met wie hy al 24 jaar getroud is, ’n bestaan wat ’n mens glad nie van die wêreld se welvarends­te paartjie sou verwag nie. MacKenzie was heelpad saam op Jeff se inspireren­de reis, al van voor hy sy toppos by ’n New Yorkse finansiële firma prysgegee het om sy e-handelsdro­om na te jaag.

Hulle het mekaar destyds by die beleggings­bestuursfi­rma D. E. Shaw & Co. leer ken. MacKenzie, wat nes Jeff aan die prestigery­ke Princeton-universite­it afstudeer het, wou as navorser by die firma begin werk. As adjunkpres­ident was hy die eerste mens wat ’n werkonderh­oud met haar gevoer het.

“Ek dink my vrou is vindingryk, slim en sexy, maar ek was gelukkig genoeg om

haar CV te sien voor ek haar ontmoet het,” het hy eenkeer geskerts.

Sy het die werk gekry en in die kantoor langs syne begin werk.

“Ek het heeldag na daardie wonderlike lag geluister,” het sy al vertel. “Hoe kon ’n mens nié daarop verlief raak nie?” (Daardie einste bulderende lag val wel nie in almal se smaak nie; van sy oudwerknem­ers het al vertel dit kan senutergen­d wees.)

Dit was MacKenzie wat Jeff eerste vir ete uitgeneem het. Drie maande daarna was hulle verloof en ses maande later getroud. Dit was in 1993. In dieselfde jaar het hy haar vertel van sy visie om munt te slaan uit die groeimoont­likhede van die internet, toe nog in sy kinderskoe­ne. Sy plan was om dit te gebruik vir koop en verkoop.

Sy geesdrif het haar aangesteek, want ’n jaar later het hulle albei hul werk in New York bedank en verhuis na Seattle, die stad van internetke­nners. Hier het Jeff Amazon in die motorhuis van hul eenslaapka­merhuurhui­s begin. Hulle het tot in 1999 in dieselfde huis gewoon, al was hy toe reeds ’n biljoenêr.

Deesdae besit hulle minstens vyf wonings: in Medina in die staat Washington, Beverly Hills, Van Horn in Texas, Manhattan en Washington, DC.

MacKenzie was een van Amazon se eerste werknemers en het onder meer die ondernemin­g se boeke gedoen.

MAAR hoe lyk die “alledaagse” lewe van die egpaar wat teen begin Maart reeds meer as $230 000 (R2,75 miljoen) per minuut ingehark het, meer as vier keer soveel as die deursneeAm­erikaner se jaarlikse inkomste?

Jeff en MacKenzie stap of draf gereeld saam in die buitelug. Hy glo vas aan ’n goeie nagrus; daarom sorg hy dat hy agt uur inkry. Hy hou daarvan om vanself wakker te word sonder ’n wekker.

Die Bezos-gesin begin altyd hul dag met ’n stewige, gesonde ontbyt. Hy reël nooit vroeë vergaderin­gs by Amazon nie sodat hy genoeg gehaltetyd aan tafel saam met MacKenzie en hul vier kinders kan deurbring.

Trouens, hy hou in die algemeen nie van vergaderin­gs nie en staan byvoorbeel­d net sowat ses uur jaarliks aan vergaderin­gs met Amazon-beleggers af. Hy volg ook sy “tweepizzar­eël” om vergaderin­gs met sy personeel vaartbelyn te hou: Twee pizzas moet die hele span kan voed. Sodra drie pizzas bestel moet word, is die span te groot.

Die Bezos-paar hou hul kinders – drie seuns (die oudste is 17) en ’n jonger, aangenome dogter uit China – uit die kollig. MacKenzie het al vertel hul opvoeding sluit soveel moontlik uiteenlope­nde ervarings in, van “reis tydens die kwartaal, wetenskape­ksperiment­e in die kombuis en Mandarynsl­esse tot ’n klomp klub- en sportaktiw­iteite saam met die kinders in die buurt”.

Die laaste jare leef MacKenzie haar talent as fiksieskry­wer uit. Engels was een van haar hoofvakke aan Princeton. Die Pulitzer-bekroonde skrywer Toni Mor- rison, onder wie sy studeer het, het vertel sy was “een van die beste studente wat ek al in my skryfkunsk­lasse gehad het”. Jeff het dikwels werkverpli­gtings opsygeskui­f om die manuskrip van haar eerste boek, The Testing of Luther Albright, noukeurig deur te werk en vir haar terugvoer te gee. Resensente het dit goed ontvang. Hul uiteenlope­nde geaardhede vul mekaar aan, meen sy. “Hy ontmoet graag mense. Hy’s sosiaal; skemerkelk­partytjies kan my senuagtig maak.” Hulle verstaan mekaar so goed dat hy dikwels op die ingewing van die oomblik vir haar klere koop. “Soms bel ek haar en vra: ‘ Wat’s jou sus-en-sogrootte?’ Wanneer sy wil weet hoekom, sê ek net: ‘Dit het niks met jou uit te waai nie!’ Sy’s mal daaroor,” het Jeff al vertel. En net ’n paar jaar gelede het die sentibiljo­enêr in ’n aanlyn onderhoud verklap hy was elke aand die skottelgoe­d!

DAAR is al heelwat bespiegel oor wat so ’n taamlik spaarsame magnaat dan eendag met sy biljoene sal doen. Kenners meen sy kop staan eindelik ruimte toe. Sy ruimtevaar­tfirma, Blue Origin, is juis een van sy grootste passies en die omgewingsk­ade aan ons planeet een van sy grootste bekommerni­sse. Blue Origin ontwikkel onder meer herbruikba­re vuurpyle wat volgens hom mense die ruimte in sal kan karwei.

Dis ’n peperduur storie, selfs vir Jeff, ’n geesdrifti­ge Trekkie wat al ’n kameerolle­tjie in Star Trek Beyond vertolk het.

“Die koste van toegang tot die ruimte is hoog,” het hy onlangs by die oorhandigi­ng van die Buzz Aldrin-ruimteverk­enningspry­se gesê, en toe erken hy belê deesdae heelwat van sy Amazongeld in ruimtevaar­t “sodat ons die sonnestels­el kan gaan verken”.

 ??  ?? HOOFFOTO: Jeff Bezos en sy skrywersvr­ou, MacKenzie, hier afgeneem tydens ’n Oscar-gesellighe­id, is ’n gedugte span. LINKS BO: Jeff in 2007 by ’n paar aflewering­sbokse van Amazon, sy geesteskin­d.
HOOFFOTO: Jeff Bezos en sy skrywersvr­ou, MacKenzie, hier afgeneem tydens ’n Oscar-gesellighe­id, is ’n gedugte span. LINKS BO: Jeff in 2007 by ’n paar aflewering­sbokse van Amazon, sy geesteskin­d.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die fikse MacKenzie en Jeff geniet graag ontbyt saam met hul gesin en gaan stap en draf gereeld in die buitelug.
Die fikse MacKenzie en Jeff geniet graag ontbyt saam met hul gesin en gaan stap en draf gereeld in die buitelug.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa