Huisgenoot

Mense en Hul Dinge

-

AANHANGERS van glanspaart­jies het skaars herstel van Justin Theroux en Jennifer Aniston se skokaankon­diging hulle gaan skei, toe hoor hulle Zayn Malik en Gigi Hadid (albei 22) het uitgemaak. Bewonderaa­rs van dié paartjie, wat twee jaar saam was, het onraad begin vermoed toe die oudlid van One Direction Gigi en haar ma, Yolanda Hadid (54), ophou volg op Instagram. ’n Paar dae later is hul vrees bevestig toe die twee in die sosiale media aankondig hul verhouding is verby, hoewel hulle darem vriende gaan bly.

“Eintlik het hulle al ’n ruk lank uitmekaarg­edryf,” het iemand in die binnekring aan die Britse koerant The Sun vertel. “Hul dol werkrooste­r sal druk op enige verhouding plaas.”

Die Pillow Talk-sanger het kort voor die aankondigi­ng die wenkbroue laat lig toe hy ’n hemplose selfie op Instagram deel en daarby skryf: “Wanneer die lewe jou met suurlemoen­e gooi, vang dit sodat dit jou nie in die f***** gesig tref nie.” Dit het gerugte laat ontstaan dit was die supermodel wat die verhouding beëindig het.

Die aantreklik­e enkelloper is ’n paar dae later gekiek waar hy somber en diep ingedagte lyk in die agterplaas van sy herehuis in Miami. Van sy lojale aanhangers is bekommerd oor hoe maer hy lyk – Zayn het immers met die jare openlik oor sy stryd teen eetsteurin­gs gepraat.

En nou wonder almal wat Zayn – wat ook sy eksmeisie Perrie Edwards (24) se gesig en lyf aan sy arm laat tatoeëer het – gaan doen met die tatoe van Gigi se oë op sy borskas? Eisj! BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, THESUN.CO.UK

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa