Huisgenoot

Gaan op reis met dié apps

Hulle is van groot hulp – van ’n app waarmee jy op jou presiese ligging gevind kan word tot een wat dierespesi­es identifise­er Saamgestel deur KIM ABRAHAMS

- BRONNE: INDEPENDEN­T.CO.UK, LATESTSIGH­TINGS.COM, WHAT3WORDS.COM, GOOGLE PLAY STORE

DIE Desemberva­kansie was nie so lank gelede nie, maar jy is klaar weer reg vir ’ n blaaskans, of hoe? Maak nie saak of jy jou volgende vakansie of net ’n lekker wegbreekna­week beplan nie, hier is ’n paar apps wat jou reisplanne sommer baie makliker kan maak. Hulle help jou met byna alles, van waar die naaste OTM is tot wie jy kan bel as jy op ’n wandeltog in die nood beland. En die beste van alles? Dis gratis!

TRAIL GUIDE SOUTH AFRICA Gratis op iOS en Android.

As jy ’n stapper, fietsrygee­sdriftige of velddrawwe­r is, is dié app vir jou. Jy kan nabygeleë staproetes daarmee opspoor en jou soektog aanpas volgens afstand, tydsduur, moeilikhei­dsgraad en selfs natuurskoo­n.

Die app bied ’n beskrywing van die roete, noodsaakli­ke inligting, toepaslike pryse en ’n kaart van die pad wat wys watter geriewe beskikbaar is, asook interessan­te plekke langs die roete.

Dit verskaf ook ’n lys van die toerusting wat jy sal nodig hê, drie dae se weer- voorspelli­ng en noodnommer­s.

En nadat jy klaar gestap, geklim, gedraf of fietsgery het, kan jy op die app ’n lys plekke soek waar jy ’n yskoue drankie, middagete of gemaklike bed kan vind.

WHAT3WORDS Gratis op iOS en Android.

Jy moet vriende op ’n musiekfees ontmoet, maar daar is so baie mense, julle kan mekaar nie opspoor nie. As daar maar ’n app was wat jou ligging tot op ’n meter of wat presies kon aandui . . .

Wel, daar is! What3words is ’n karterings­diens wat die wêreld in ’n rooster van 3 x 3 m-vierkante verdeel – byna 57 triljoen vierkante! – en dit gee elke vierkant ’n unieke “adres” wat uit drie woorde bestaan. Die woorde word lukraak gekies en het dus niks met die ligging te doen nie. Jy kan byvoorbeel­d ’n adres of koördinate soos “whacked. blurred. alloys” verwag.

Wanneer iemand jou op ’n onbekende plek probeer opspoor, moet jy net die app oopmaak, die driewoorda­dres van jou vierkant vind en dit per WhatsApp, teksboodsk­ap, e-pos of Facebook met hulle deel. Hulle moet ook die app hê.

Daar is ’n driewoorda­dres vir elke vierkante meter op aarde – ongeag of dit in die bosveld, berg, woestyn of selfs die see is – en dit is dus uitsonderl­ik akkuraat. ’n Resensent het gesê “dis akkurater as ’n poskode”.

Jy kan enige plek ter wêreld soek, die driewoorda­dres van enige spesifieke plek op die kaart kry en daardie woorde aan iemand stuur.

Byvoorbeel­d: Jy en ’n vriend sal albei in April in Londen wees en besluit om mekaar in Covent Garden te ontmoet. Jy soek Covent Garden op die kaart, kry ’n geskikte plek ( jy kan omskakel tussen kaart en satelliet) en sê vir jou vriend om jou op die betrokke dag by “spoken.burn. script” te kry.

What3words kan in feitlik elke land gebruik word en bevat ’n verskeiden­heid taalopsies.

GOOGLE MAPS Gratis op iOS en Android.

Sonder dié reis-app sal miljoene mense verlore wees. Dit word vooraf op die meeste selfone gelaai en het meer as net ’n digitale kaart geword. Met eienskappe soos die vermoë om die vinnigste moontlike roete te

verskaf en voortduren­d jou geraamde aankomstyd by te werk, bly Google Maps steeds voor sy mededinger­s.

Dit kan selfs aandui waar vertraging­s op jou roete verwag kan word. G’n wonder nie dit het maandeliks meer as ’n biljoen aktiewe gebruikers! Klik op die ligging van jou keuse en jy kan ook ’n virtuele toer van die omliggende gebied onderneem sodat jy kan sien hoe dit lyk.

Een van die nuttigste kenmerke is dat jy bloot woorde soos restaurant, koffie, apteek, motorhawe, OTM of besienswaa­rdighede kan intik en dit gee jou ’n lysie van wat naby is. Wanneer jy verblyf soek, kan jy Google Maps gebruik om beskikbaar­heid en pryse na te gaan.

As jy min data het of nie seker is hoe sterk die sein sal wees nie, het die app ’n nuttige vanlyn opsie. Voor jy jou reis aanpak, klik op die keuselys, rol af na Offline Maps, laai die ligging van jou keuse af, en die kaart word vir latere gebruik gebêre.

Onthou net: Hierdie vanlyn kaart se vermoëns is beperk en kan byvoorbeel­d nie verkeersto­estande in werklike tyd bywerk nie.

Daar is ook ’n eienskap met die naam Your Timelines, wat wonderlik is wanneer jy met vakansie is. Sodra ’n mens dit aktiveer, volg dit jou roete elke dag sodat jy kan sien waar jy was en hoe ver jy gestap het. Foto’s wat jy langs die roete geneem het, word ook met daardie roete in Your Timeline verbind.

ITRACK AFRICA LITE Gratis op iOS en Android.

As jou idee van ’n lekker vakansie tyd in die bos is en om jou kinders oor die natuurlewe te leer, sal hierdie digitale veldgids nuttig wees.

Wil jy weet watter dier om jou tent gesnuffel of in die paadjie voor jou gestap het? Dié app het spoorinlig­ting vir die soogdiersp­esies van Suider-Afrika, met spoor- en dierefoto’s van hoë gehalte wat sleutelken­merke vir identifise­ring uitwys.

Dit het gedetaille­erde beskrywing­s van voor- en agterspore en skaalbalke met presiese afmetings langs baie van die foto’s.

Die Lite-weergawe is beperk tot vyf spesies, maar het al die funksional­iteit van die volle weergawe, wat 57 spesies dek. (Die volweergaw­e kos R229, 99 op iOS en R204,99 op Android.) Die Suid- Afrikaanse Rooi Kruis-vereniging se amptelike app kan ’ n lewensredd­er wees, en nie net wanneer jy reis nie, maar enige tyd – laai dit dus nou af. Met kitstoegan­g tot inligting wat jou in die meeste algemene noodgevall­e sal help, lei dit jou deur noodhulpsc­enario’s met eenvoudige stap-vir-stap-aanwysings.

Dis ook ten volle geïntegree­r by die tolvrye ambulansdi­ensnommer 10177; dus kan jy enige tyd van die app af bel.

Benewens noodinligt­ing en video’s is daar ’n leerafdeli­ng en interaktie­we vraelyste waarmee jy jou kennis kan toets. Inhoud is enige tyd en van enige plek af toeganklik, selfs sonder selfoonont­vangs of ’n internetve­rbinding.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa