Huisgenoot

Liewe Elize

-

Ek (23) en my kêrel (25) gaan al ’n paar maande lank uit.

Ons sal dikwels baklei (meestal oor familie), opmaakseks hê, en dan gaan ons weer aan asof niks gebeur het nie.

Dit pla my. Baiekeer baklei ons oor dieselfde goed.

Ons woon nie saam nie. Ons het wel ook darem normale seks. Ek het hom deur ’n vriendin ontmoet.

Ek sou met die verhouding wou aangaan as dit nie hiervoor was nie.

LA op KA

Opmaakseks los geen probleem op nie. Dis hoogstens ’n hegpleiste­r oor ou en nuwe rowe. Daarom hou julle aan om dieselfde geveg oor en oor te baklei.

Hoewel die oomblik se ongebreide­lde liefdesdri­f julle oënskynlik bymekaarbr­ing, is dit op lang termyn ongesond en stel dit bloot die onvermydel­ike woordewiss­eling uit.

Die beste raad is om op te maak vóór die liefdespel en nie om die slaapkamer­bed as ’n oplossing te beskou nie. Dit verg vasbeslote­nheid om aan so ’n gewoonte te ontsnap.

Opmaakseks ontneem julle die luukse om oor die rede vir jul geskil te dink. Die voorspel is gewoonlik woede, en dit belemmer enige sinvolle oplossing van die konflik.

Dit kan help om ’n blaaskans te neem wanneer julle begin baklei. Vasgesteld­e afkoeltydj­ies in afsonderli­ke vertrekke kan keer dat julle dinge kwytraak waarvoor julle dan sonder woorde wil vergoed.

Ná die afkoeltyd kan jy kalmte herstel deur die gesprek in ’n rigting te stuur wat die oorsaak van die konflik stuk-stuk bekyk, pleks daarvan om ooremosion­eel te raak. Hoe intenser die emosies, hoe makliker lyk dit om die oplossing tussen die lakens te vind.

Die kuns is om intiem te raak sonder die seermaak – en om al die regte redes.

MOEGHEID WIL NIE OORGAAN NIE

Al is ek net in my 40’s, is ek elke dag van my lewe so moeg soos ’n ou mens. Dit voel heeldag by die werk asof ek net aan slaap kan dink, maar ek is nie siek nie.

Ons het wel chronies siek mense in my familie. My ma en pa is dikwels baie siek. Dit voel net asof ek nie voor kan kom met alles nie. Dink jy dit is net sielkundig?

AO, SMS

Wanneer ’n mens futloos is en vir niks kans sien nie, kan daar verskeie oorsake wees, soos slaap- ‘Dit kan help om ’n blaaskans te neem wanneer julle begin baklei’ – ELIZE

MY MAN SE LEUENS EN SKULD

My man lieg gedurig en verneder my voor sy geleerde kollegas. Hy sê tot ons kinders aan om te lieg.

Hy werk by ’n prokureur. Hy het dit al vir my onmoontlik gemaak om te werk en wil nou my ouderdomsp­ensioen hê.

Hy is verslaaf aan lenings maak. Of hy ’n verhoging of bonus kry, hy maak net nog skuld.

Daar is nooit ’n begroting nie, maar hy doen die prokureur se boeke. Watter raad het jy vir my?

Raadop op KL

Hy hou ’n front voor om die wêreld te beïndruk; daarom gaan hy soveel skuld aan. Aan onmin oor geld kan ’n mens nog werk, maar jy het ’n huweliksma­at wat jou deur sy manipulere­nde gedrag doel-

EKSMAN VERWAARLOO­S ONS KIND

Ek weier om langer my eks te smeek om aan ons kind (6) aandag te gee, maar is nie die soort wat hof toe sal gaan nie. Hy sien of bel ons seun amper nooit. My kind vra nie meer na hom nie. Hoe leef hy met homself saam?

DF, SMS

Mense met ’n harde hart het ’n vasbeslote­nheid om met hul lewe voort te gaan asof gister steurings, skildklier­probleme, ’n onvoldoend­e dieet of stres. Om deurlopend met liefdevoll­e ondersteun­ing almal om jou te moet onderskraa­g verg lewensmoed en liggaamskr­ag.

Maak seker by jou huisdokter of ’n endokrinol­oog of daar nie ’n fisieke oorsaak vir jou moegheid is nie. Tref voorkomend­e maatreëls, soos om saans voor slaaptyd nie elektronie­se media te gebruik nie. Maak seker jou selfoon is op slaapmodus gestel. Die UV-lig wat skerms uitstraal, kan jou brein stimuleer en so verhoed dat jy slaap.

Deel ook die versorging­swerk van jou ouers met jou broers of susters. bewus in onsekerhei­d laat leef. Dis amper onmoontlik om onder sulke omstandigh­ede met finansiële sekerheid te leef.

As jy met die huwelik wil voortgaan, sal jy so gou moontlik maatreëls moet tref. Raadpleeg op jou eie ’n bankkonsul­tant oor hoe julle jul skuld kan hanteer, byvoorveel­d met laer kredietlim­iete.

Dit kan help om saam prioriteit­e oor die skuld te stel, sowel as doelwitte vir jul geldbested­ing.

Vra ’n makelaar hoe om jou pensioen vas te belê.

Ek sal jou egter aanraai om weg te stap van dié manipuleer­der met sy vals lewe. Sy slegte gewoontes sal net vererger namate hy ouer word.

Probeer so gou moontlik ’n prokureur spreek (by ’n ander firma as die een waar hy werk). Maak vooraf seker ’n veilige heenkome is vir jou en die kinders beskikbaar. Baie sterkte. nie gebeur het nie. Skuldgevoe­l lê dikwels aan die wortel hiervan. Maar om gedurig vir die afwesige ouer te probeer vergoed is nie volhoubaar nie en sal jou so uitput, jy en jou seun sal verder ontmoedig word. Rig op die beste manier moontlik vir jou en jou seun ’n nuwe gesinslewe in. Moenie verwagting­s skep oor besoeke of oproepe nie. Sorg dat jy gereeld vriende en familie na jul huis nooi. Gesels met ’n vriendin buite hoorafstan­d van jou kind oor jou pyn en woede.

As jy ’n persoonlik­e probleem het, skryf gerus aan Liewe Elize, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of elize@huisgenoot.com. Of SMS LIEWE ELIZE gevolg deur jou vraag na 36489. Elke SMS kos R1.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa