Huisgenoot

Roosmaryn-en-gedroogdet­amatie-brood dié week se wenresep

- 1

LEWER 2 BRODE TAMATIES Bereiding: 5 min. Bak: sowat 30 min. BROOD Bereiding: 20 min. Rys: 30-45 min. + 20 min. Bak: 30-35 min. OONDGEDROO­GDE TAMATIES 200-250 g vars kersie

tamaties, gehalveer 15 ml (1 e) seesout 2,5 ml (½ t) vars gemaalde

swartpeper 5 ml (1 t) gemengde droë

kruie 30 ml (2 e) witasyn 60 ml (¼ k) olyfolie VIR BÊRE 125 ml (½ k) olyfolie vars kruie, soos roosmaryn, tiemie, origanum of ’n paar basiliebla­re BROOD 750 g witbroodme­el ’n knippie elk sout en suiker 30 ml (2 e) vars roosmaryn,

grofgekap 6 knoffelhui­sies, fyngedruk 10 g kitsgis 15 ml (1 e) olyfolie sowat 450 ml warm water 125 ml (½ k) van die gebakte tamaties, gedreineer en grofgekap ekstra roosmaryn VIR VOORSIT

ekstra olyfolie en die orige gebakte tamaties Voorverhit die oond tot 120 °C. Oondgedroo­gde tamaties Plaas die gehalveerd­e tamaties met die oop kant na bo op die bakplaat. Geur met die sout, peper en gemengde kruie.

2 Drup die asyn en olyfolie oor die tamaties. Oondbraai sowat 30 min. tot die tamaties effens ingekrimp en die rande effens verbruin het. Laat dit afkoel.

3 Vir bêre Pak in ’n skoon fles, giet die olyfolie oor en voeg die vars kruie by. Maak toe en bêre in die ys- kas. (Die tamaties sal tot ses maande hou.)

4 Brood Sif die meel, sout en suiker saam. Roer die roosmaryn, knoffel en gis by en maak ’n holte in die middel van die mengsel.

5 Meng die olie met die warm water en giet dit in die holte. Meng vinnig om ’n sagte deeg te vorm; voeg nog water by, indien nodig.

6 Knie die deeg sowat 7 min. op ’n meelbestro­oide oppervlak tot glad en elasties.

7 Plaas die deeg in ’n liggies gesmeerde bak en bedek met ’n skoon, klam lap. Laat staan 30-45 min. of tot die deeg verdubbel het.

8 Voorverhit die oond tot 200 °C.

9 Knie die deeg weer 3 min., knie die tamaties in en verdeel die deeg. Vorm elke stuk in ’n groot, ovaal vorm en plaas dit op ’n meelbestro­oide bakplaat. Sny kruisies op elke brood indien verkies en sprinkel die ekstra roosmaryn boop. Laat rys sowat 20 min. tot die brode verdubbel het. Bak 30-35 min. of tot die brood hol klink wanneer daarop geklop word.

10 Vir voorsit Sit voor saam met die ekstra olyfolie en gebakte tamaties.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa