Huisgenoot

Laurinda Hofmeyr toonset gedigte vir haar album

Dié sangeres is bekend vir die roerende manier waarop sy gedigte toonset – en haar jongste album is geen uitsonderi­ng nie

- Deur JACQUES MYBURGH

Unieke klank

Laurinda is in 2016 deur Nico McLachlan, hoof van die Kaapstadse Musiekakad­emie, genader om Franse gedigte uit Afrika vir die Afrique Mon Désir-projek te toonset. Dis hoe haar album die lig gesien het. “Die projek was vir my ’n groot uitdaging,” vertel Laurinda (51). “Maar die waagstuk het my baie laat wen. Ek het wonderskon­e gedigte ontdek en wonderlike mense leer ken,” sê sy. Laurinda, Nico, vier Kongolese musikante en die baskitaars­peler Schalk Joubert het saam Franse gedigte uit Wes-Afrika getoonset. “Vir die album is een van die wêreld se bekendste trekklavie­rspelers, Régis Gizavo, oorspronkl­ik van Madagaskar, van Parys af ingevlieg om van sy laaste opnames saam met ons te maak. Hy is (in Julie 2017) drie weke ná die opname oorlede.”

Afrika My Verlange / Afrique Mon Désir

“Nico het veral aanklank gevind by my toonsettin­gs van Afrikaanse gedigte wat ’n verlange na Suid-Afrika as tema het, meestal geskryf deur digters in die buiteland,” vertel sy. “In Suid-Afrika is ons heeltemal afgesny van lande in Afrika wat ’n Franse koloniale verlede het. Om gedigte uit Frans-Afrika te toonset (wat deur prof. Catherine du Toit van die Universite­it Stellenbos­ch uitgesoek is) was ’n wonderlike geleenthei­d om ’n kykie in hierdie digters en lande te kry.”

Die David Kramer-effek

Afrique Mon Désir is omskep in ’n multimedia­produksie wat op die Woordfees op Stellenbos­ch te sien was. Dit gaan ook by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees ’n draai maak. David Kramer is die regisseur van dié produksie. “Dit was lekker om te sien hoe hy dinge aanpak. Hy het byvoorbeel­d begin met kostuums – iets waaraan ek gewoonlik eers op die nippertjie aandag gee. Met die produksie in die hande van David en die musiekregi­sseur, Schalk Joubert, kon ek ontspan.”

Nog oor Laurinda

Sy en haar man, Jantjie Taljaard, woon sedert 1995 in die Paarl. Hulle het ’n 13-jarige dogter, Joanie, en twee brakke, Steffie en Herman. Sy het ’n B.Mus.-graad van die Universite­it van Pretoria en gee in haar vrye tyd klavierles­se.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa