Huisgenoot

Alicia Vikander is die nuwe Lara Croft

Aksie. Met Alicia Vikander, Dominic West en Daniel Wu. Regisseur: Roar Uthaug. 13G. Het op 16 Maart begin.

-

Die storielyn

Lara Croft (Vikander) se pa, die eksentriek­e avonturier lord Richard Croft (West), het spoorloos verdwyn toe sy ’n tiener was. Die vurige Lara is nou ’n 21-jarige student in Londen en het geen doel of fokus in die lewe nie. Sy werk as ’n fietskoeri­er in die Britse hoofstad en kan skaars haar huur betaal. Sy wil haar eie potjie krap en het nie die leisels van haar pa se sakeryk oorgeneem nie, want sy glo hy leef nog. Dan vind sy leidrade wat haar pa agtergelaa­t het en gaan op reis na sy laaste bestemming: ’n fabelagtig­e grafkelder op ’n mitiese eiland aan die kus van Japan.

Lara Croft 2.0

Die Sweedse Vikander (29) het groot skoene om te vul. Sy neem die rol oor by Angelina Jolie, wat Lara Croft in die vorige twee flieks gespeel het: Lara Croft: Tomb Raider (2001) en Lara Croft: Tomb Raider – The Cradle of Life (2003).

Alicia, wat in 2016 ’n Oscar gewen het vir beste byspeler vir haar spel in The Danish Girl, het stof in die oë geskop van Daisy Ridley van Star Warsfaam, Emilia Clarke van die trefferree­ks Game of Thrones en die Lady Bird-aktrise Saoirse Ronan om Lara te speel. Die fliek is op die videospele­tjiereeks gegrond.

Tomb Raider is oor ses maande verfilm, hoofsaakli­k in Suid-Afrika en Engeland. Tonele is op ’n wynlandgoe­d in die Paarl verfilm en stelle in Epping en by die Cape Town Film Studios in Kaapstad gebou. By laasgenoem­de is ’n watertenk gebou wat soos ’n Hongkongse vishawe lyk.

Strawwe oefenroeti­ne

Alicia, ’n opgeleide balletdans­er, moes in die gimnasium sweet vir haar rol as die boogskiete­nde en rotsklimme­nde aksieheldi­n Lara Croft. Sy het die hulp van die Sweedse persoonlik­e afrigter r Magnus Lygdback ingeroep en sewe maande e voor verfilming begin het aan alles van gevegs- kuns tot rotsklim en boogskiet begin oefen.

Alicia was sewe dae per week in die gim- nasium en het suiker uit haar dieet gesny. Sy y moes ook vyf keer per dag proteïen en groen n groente eet. Tydens verfilming het sy soggens ns vieruur opgestaan vir oefensessi­es op die ie Kaapse strande en in woude. Alicia het 5 kg spiere aangesit en ’n “agtpak” gehad.

Sy was dol daaroor om Lara te speel, vertel sy. “Sy het ’n goeie kombinasie van eienskappe; sy is taai, slim, kwesbaar en skop gat.” BRONNE: VOGUE.COM, COLLIDER.COM, BUSTLE.COM, IOL.CO.ZA

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa