Huisgenoot

Nuut op die rakke: ’n Luiperd in My Bed en Gifbeker

Oor wilde diere en wilder boewe

- Deur ELNA VAN DER MERWE

’N LUIPERD IN MY BED Deur ANNELIZE SLABBERT (Tafelberg,

“Wat hou ’ n mens op ’ n plek met soveel uitdagings, het ek dikwels gewonder.

“Tot skemer wanneer ek deur my kombuisven­ster ‘ons’ twee steenbokki­es onder die akasiaboom fyntjies aan die peule sien smul. Of snags wanneer muskiete my zoemend slaaploos maak en die mmmuff-mmmuff van ’n leeu op die sandpad voor die huis my herinner wie baas is. Of vroegoggen­d wanner ryp die veld wit teen die houtskool takke van die bome verf en ons hoef nêrens heen te jaag nie . . . Geld kan nie vir so ’n ervaring betaal nie.”

Annelize Slabbert se boek, ’n Luiperd in My Bed, is die verhaal van die lodge wat hulle sowat 20 jaar gelede in Botswana begin vestig het. Dit klink na ’n ontbering wat die meeste stadsjapie­s sou geknak het en ’n mens kan wel wonder wat haar en haar man, Gerard, en hul seun, Jacobus, laat vasbyt het.

“Vir iemand wat die plaaslewe gewoond is, sou die omstandigh­ede in die Kalahari moontlik minder oorweldige­nd gewees het,” vertel sy. “Die droom van ’n lewe van eenvoud, die voorreg om leeus van jou voorstoep af te beleef en al die ervarings eie aan ’n plek wat so afgeleë is, het dikwels met my behoefte aan ’n gemeenskap en geriewe gestoei. Nietemin sou geeneen van ons die ervaring wou misloop nie.”

Deur die jare het sekere dinge makliker geraak, soos dat hulle

R260*)

sonkrag kon installeer en nie meer afhanklik was van die raserige kragopwekk­er nie. Maar Moeder Natuur laat haar nooit tem nie. Met die hitte van Deception Valley in die Sentraal-Kalahari en die winterkoue moet ’n mens saamleef.

Annelize vertel van die uitmergele­nde droogte wat hulle beleef het: “Die verskrikki­ng van droogte is immer ’ n werklikhei­d. Een van die smartlikst­e ervarings van ons tyd in die Kalahari was die lyding van die diere in die droë maande.

“Dat voëls ook ly wanneer water min en hul natuurlike habitat toenemend verwoes word, het ons veral een smoorwarm middag eerstehand­s ervaar. Swerms verskillen­de voëlspesie­s het op waterpanne toegesak. Die pan voor ons huis het verdwyn soos honderde dorstiges oor en weer oor die water swiep om hul dors te les. In ’n poging om te help het ons elke vlak kom, bak en pan vol water gemaak sodat almal kon drink sonder om mekaar te verdring.

“Pure vergeefs. Die uitgeputte voëltjies het gedrink. Toe met gapende bekkies dronk-dronk rondgestei­er. Omgeval. En gevrek. Duisendes is in die dae daarna dood in die veld gevind.”

Annelize en Gerard het nou by die see afgetree en die lodge word bestuur deur Jacobus en sy vrou, die sjef Niska, wie se heerlike resepte in dié boek vol interessan­te vertelling­s opgeneem is.

GIFBEKER Deur IRNA VAN ZYL (Penguin, R230*)

’n Paar mense sterf morsig in Irna van Zyl se jongste roman, Gifbeker. Sou dit nie ’n gawe geleenthei­d vir ’n skrywer wees om so wraak te neem op mense met wie hulle ’n byltjie te slyp het in die regte lewe nie?

Nee allawêreld, sê Irna. “Ek glo nie daaraan dat jy jou persoonlik­e griewe in ’n boek moet probeer uithaal nie. Maar daar is ’n omstrede kosblogger wat vroeg in Gifbeker dood neerslaan wat dalk aan iemand in die werklike lewe kan herinner.”

Gifbeker, wat verwys na die giftigste sampioen in die land, speel af in die wêreld van fynproewer­skos, vyfsterres­taurante, spogsjefs en eters. Die spanning begin nadat die einste kosblogger morsdood neergeslaa­n het op die deftige vloer van die sjef Zeb Tswalo se restaurant. Sy was ’n gehate mens en niemand wat ooit deur haar gifpen bygekom is, sal dink dis vreemd dat iemand haar wou vermoor nie. Maar sy is net die eerste lyk.

Irna vertel hoe sy al die drade van die storie bymekaarho­u terwyl sy aan die skryf is.

“Ek teken grafieke in ’n aantekenin­gboek en maak ’n opsomming van elke hoofstuk in verskillen­de kleure penne op ’n groot vel A3- papier. Daarby hou ek aantekenin­ge in nog ’n boek.

“Dit sukkel wel steeds maar om alles bymekaar te hou. Vir die volgende boek beplan ek ’n hele muur vol Post-its.”

Om ’n spanningsr­oman se boef oftewel moordenaar se identiteit tot die einde geheim te hou is ’n uitdaging.

“Dis natuurlik die raaisel waarvoor mense misdaadboe­ke lees. In Gifbeker het ek probeer om die leser op etlike dwaalspore te vat: van ’n entreprene­ur tot ’n stiefbroer tot die eienaar van ’n restaurant en opposisies­jefs. Ek het groot pret met die lokbokkems gehad.”

Haar gunsteling­karakter in Gifbeker is adjudant Storm van der Merwe, “die heldin met haar liefde vir slaptjips, haar honde en die ligblou Volla met die daisies op.

“Sy’s die hoofkarakt­er en ek het ook die meeste tyd saam met haar deurgebrin­g. Tog het ek ’n sagte plek vir die hulpelose Moerdyk wat smoorverli­ef is op Storm.”

Irna sê sy is al besig met die beplanning vir die volgende boek – “ek het selfs ’n titel en ek weet waaroor die storie gaan” – maar sal eers ná so drie maande se voorbereid­ing wegval en begin skryf.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa