Huisgenoot

Obsessie van die week: Lucy Hale ryg die rolle in

DIÉ RYG DIE IN SEDERT SY PRETTYTTY LITTLE LIARS (PLL) GEGROETGRO­ET HET

-

TERUG OP DIE KASSIE

Lucy (28) sit niee stil sedert sy ver-verlede jaar ná sewewe seisoene haar rol as die geliefde Aria Montgomery in PLL vaarwel toegeroep het nie. Sy speel tans die hoofrol in die splinternu­we dramareeks Life Sentence. Sy is ook volgende maand in die riller Truth or Dare te sien.

SY IS STELLA

In Life Sentence vertolk sy die hoofrol van Stella Abbott, ’n terminale kankerlyer wat skielik genees word. Sy sien op na Stella, sê Lucy. “Ek is beslis iemand wat altyd 10 stappe vooruit dink. Ek leef nooit in die oomblik nie. Stella doen dit.”

MILJOENÊRS­TATUS

Lucy rol lekker in die geld. Sy het sowat R500 000 vir elke episode van PLL verdien en is deesdae ’n koel R36 miljoen werd.

EERSTE LIEFDE

Sing is eintlik haar groot passie, vertel Lucy. Sy het in 2003 American Idol se uitloper-kindersang­reeks, American Juniors, gewen en in 2014 haar debuutcoun­tryalbum, Road Between, uitgereik.

MA SE KIND

Lucy se jaar oue hondekind, die maltipoo Elvis, is net so ’n Instagram-ster soos sy eienaar. Elvis het sy eie Insta-profiel wat 114 000 aanhangers het.

VELSORG UIT KOREA

Voor sy in die bed spring, wend sy sowat 15 rome aan haar gesig as deel van ’n Koreaanse velsorgroe­tine wat sy volg.

LIEFDE OP DIE STEL

Dit lyk of Riley Smith (39), ’n medester in Life Sentence, haar hart gesteel het. Hulle is op Valentynsd­ag gekiek toe hulle tydens ’n aandjie uit soen.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa