Huisgenoot

Aanskoulik­e watervalle

Enige waterval, groot of klein, is besonders om te aanskou. Ons kyk na drie indrukwekk­endes in Suider-Afrika en twee elders

-

VICTORIA-WATERVAL, ZAMBIË EN ZIMBABWE

Die Victoria-waterval is in die Zambeziriv­ier tussen Zambië en Zimbabwe. Dit is nie die breedste of hoogste waterval ter wêreld nie (sien die kassie heel regs), maar word die grootste waterval ter wêreld genoem omdat dit die grootste is as jy die maksimum hoogte (108 m) met die breedte (sowat 1 700 m, uitgesprei) vermenigvu­ldig.

Dit is net in die nat seisoen ná die somerreën dat die Zambezi op sy volste is (Februarie tot Mei). In die droë seisoen is die waterval heelwat kleiner.

Die waterval het sy naam by die Britse ontdekking­sreisiger David Livingston­e gekry. Hy was waarskynli­k die eerste Europeër wat die waterval gesien het. Dit was op sy ontdekking­sreis in 1855 en hy het dit na koningin Victoria genoem, wat toe die monarg van Brittanje was. ’n Standbeeld van Livingston­e is aan die Zimbabwies­e kant van die waterval opgerig.

Die plaaslike naam is Mosi-oaTunya, wat baie meer beskrywend is. Dit beteken “die rook wat donder” en verwys na die mis of sproei van die waterval en die harde geraas wat dit maak, veral wanneer die rivier vol is.

Die Victoria-waterval is ’n bekende toeristeaa­ntreklikhe­id. In die reënseisoe­n trek besoekers reënjasse aan wanneer hulle naby die waterval stap om dit te sien, want die sproei maak jou papnat, asof dit reën.

’n Mens kan ook in ’n vliegtuigi­e oor die waterval vlieg om dit mooi van bo af te sien en jy kan van ’n brug daar naby rekspronge doen. Dapper toeriste swem aan die Zambiese kant in Devil’s Pool, ’n poel aan die boonste rand van die waterval. Dit is net toeganklik wanneer die rivier nie vol is nie.

 ??  ?? Die Victoria-waterval word ook Mosi-oa-Tunya genoem, wat “die rook wat donder” beteken. Dit verwys na die sproei van die waterval wat soos rook lyk en na die feit dat ’n mens die waterval van ver af kan hoor.
’n Toeris swem in Devil’s Pool aan die...
Die Victoria-waterval word ook Mosi-oa-Tunya genoem, wat “die rook wat donder” beteken. Dit verwys na die sproei van die waterval wat soos rook lyk en na die feit dat ’n mens die waterval van ver af kan hoor. ’n Toeris swem in Devil’s Pool aan die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa