Huisgenoot

Geld en wêreldsgoe­d het weinig waarde; dis liefde wat saak maak

- ANTOINETTE SCHOEMAN, WELKOM

ONLANGS

het ek en my klein Skillie, soos ek my karretjie noem, met ’n pap band langs ’n besige pad gaan staan. Dit was al skemer en ek was vreesbevan­ge, want heelwat mense het langs die pad gestaan.

Skielik het ’n ou omie sag aan my venster geklop. Ek het dit afgedraai en hy het gevra wat fout is. Ek het verduideli­k. Met ’n sagte stem het hy aangebied om te help en ek het die noodwiel uitgehaal. Hy het die band geruil en my vriendelik gegroet. Ek het gevra waarheen hy op pad is en hy het geantwoord die sinkhuisie wat hy met sy kleinkinde­rs deel, so 5 km verder.

Ek het aangebied om hom te neem, maar hy het eers geweier en gesê die township is te gevaarlik. Ek het egter daarop aangedring en hy het ingeklim.

Terwyl ons so ry, het ek hom gevra wat hy graag in die lewe wil hê. Sy groot- ste begeerte is om sy eie Bybel te besit, het hy gesê.

Ons het voor sy piepklein sinkhuisie stilgehou en ek het hom bedank vir sy blymoedigh­eid en medemensli­kheid. Hy het my hand ’n sagte drukkie gegee en my die allermoois­te seëninge toegewens.

Die volgende dag het ek vir hom ’n splinternu­we Bybel gaan koop en dit na sy huisie geneem. Sy oë het van dankbaarhe­id geskitter terwyl hy vertel sy droom is vervul. Hy het my met ’n drukkie bedank.

Ek het nog nooit soveel tevredenhe­id en blymoedigh­eid in my hart gehad nie. Dié omie met die hart van goud het my geleer dis die klein dingetjies in die lewe wat saak maak.

Geld en wêreldsgoe­d het weinig waarde vergeleke met die liefde wat party mense vir ander het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa