Huisgenoot

EN WEN GROOT!

VAT DIE PAD HIERDIE VAKANSIE

-

JY KRAP dalk kop oor hoe om die kleingoed gelukkig en vermaak te hou hierdie vakansie. Alles gaan daaroor om spesiale oomblikke te skep, en daar is altyd hope om te doen waar jy jou ook al bevind. Of jy nou ’n nuwe bestemming op die kaart kies en afsit op ’n avontuur of ’n piekniekma­ndjie pak en strand toe gaan, dit hoef nie ’n plaas se geld te kos om die kinders besig te hou nie.

As niks anders werk nie, kry die klomp bymekaar en spring in die motor. Hoekom nie avontuurlu­stig wees en kyk waarheen die pad julle neem nie!

VYF DINGE OM TE ONTHOU WANNEER JY DIE PAD VAT 1. Beplanning

Maak ’n lys van die reisnoodsa­aklikhede en hou dit byderhand. Hou die kleingoed besig met hul gunsteling speelgoed of laaie-boeke en aktiwiteit­e op’ n tablet. 2. ’n Lekker speellysie Hou die energie aan die gang met ’n versamelin­g klas-

sieke en gunsteling­liedjies waarmee almal kan saamsing. Dit is die ideale geleenthei­d om karaoke in die kar te sing. Moenie die lugkitaar vergeet nie!

3. Speletjies Bedink prettige speletjies om die energievla­kke hoog te hou en die rit ’n plesierige ervaring te maak. As aspaai speel nie meer werk nie, kies die digitale roete en laai ’n paar apps af na jou foon. Die opsies is eindeloos.

4. Veiligheid eerste ’n Noodhulpst­el is ’n moet vir jou reis – en saam met die pleisters moet jy ook onthou om handreinig­er, toiletpapi­er en ’n waterbotte­l of twee in te pak om gehidreer te bly. Dis altyd beter om vooruit te beplan as daar kleingoed by is.

5. Padkos en petrol Wat is ’n vakansieri­t sonder padkos? Pak ’n mandjie of stop iewers om bene te rek en die kinders te bederf. Vulstasies het gelukkig ook gerieflike uitspanple­k langs die pad. Kies ’n Caltex-vulstasie vir jou volgende stopplek, gooi petrol in en jy kan fantasties­e kontantpry­se wen!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa