Huisgenoot

PRINSESLES­SE

-

Ingeligtes in die paleis maak Meghan touwys. Hulle leer haar onder meer:

DIE WINDSOR-WUIF

Koninklike­s is vir ’n aansienlik­e deel van hul lewe aan die wuif. Hulle het ’n tegniek om te keer dat hul hand moeg word: hand plat, vingers toe, effense beweging.

DIE HERTOGIN-SKUINSSIT

Dié term, waarmee die stigter van an Beaumont Etiquette, Myka Meier, vorendag endag gekom het, beskryf Kate se kenmerkend­e, rkende, stemmige manier van sit: enkels gekruis gekruis, knieë bymekaar, bene skuins gedraai. Dit is perfek vir been wys – op die fatsoenlik­ste manier moontlik. Ook Meghan sal dit nou moet baasraak.

DIE VOLMAAKTE KNIEBUIGIN­G

Meghan se eerste openbare kniebuigin­g op Kersdag was nie heeltemaal geslaagd nie, meen Joe Little, besturende direkteur van die tydskrif Majesty. Haar fout? Sy het haar kop gebuig.

Die kniebuigin­g self is eintlik maklik. Dis moeiliker om te weet wie moet buig en wanneer. Dit word volgens ’n ranglys bepaal wat die koningin bygewerk het toe William en Kate getroud is – en Meghan sal na verwagting dieselfde reëls moet gehoorsaam.

As hertogin sal sy voor al die meer senior koninklike­s moet buig – Kate en die gebore prinsesse Beatrice en Eugenie inkluis. Maar wanneer Harry by is, moet die gebore prinsesse voor haar buig. Kate hoef nie voor Meghan te buig nie, want William is die tweede aanspraakm­aker op die troon en Harry die vyfde. Ná die geboorte van William en Kate se derde kind sal hy na die sesde plek afskuif.

SELFVERDED­IGING

Alles handel nie net oor pinkies en nageregvur­ke nie. As ’n koninklike loop Meghan gevaar om ontvoer te word. Alex Bomberg, ’n oud- koninklike assistent en uitvoerend­e hoof van die lyfwagfirm­a Intelligen­t Protection Internatio­nal, sê Meghan sal militêre opleiding kry en die Koninklike Lugmag se Special Air Service (SAS) sal haar selfs in ’n simulasie kastig as gyselaar hou.

“Sy word in ’n vertrek gesit, behandel asof sy ’n gyselaar is en dan bestorm SAS-lede die vertrek,” sê Alex. Alle senior koninklike­s het dit waarskynli­k al ondergaan, meen hy, selfs al vergesel lyfwagte hulle elke keer dat hulle by ’n deur uitstap.

“Koninklike­s ondergaan ook opleiding oor hoe om in geval van nood sonder beskerming op te tree.”

DIE KOUSREËL

Meghan het die wenkbroue laat lig toe sy kousloos vir haar eerste koninklike afsprake opdaag. Al is die koninklike familie bereid om af en toe ’n drukkie van ’n aanhanger oor die hoof te sien, is die voorskrift­e vir vrouebene ononderhan­delbaar. “’n Mens sien nooit ’n koninklike vrou sonder hul bleek kouse nie. Op die verlowings­foto’s lyk dit nie asof Meghan kouse gedra het nie,” sê die koninklike kenner Victoria Arbiter. “Ek sou sê dis al vaste reël waarop die koningin aandring.”

Op onlangse uitstappie­s is Meghan wel met bleek kouse gewaar.

 ??  ??
 ??  ?? ’n Dame hou haar kop orent wanneer sy kniebuig, soos Kate (naaslinks) hier doen; Meghan leer nog. Prins William staan naasregs.
’n Dame hou haar kop orent wanneer sy kniebuig, soos Kate (naaslinks) hier doen; Meghan leer nog. Prins William staan naasregs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa