Huisgenoot

GERAAMTES VAN ’N ‘BOSE’ PA ‘Die familie voel Errol se gedrag jeens Jana moet ontbloot word’

Ná die skoknuus dat Elon Musk se pa ’n kind by sy stiefdogte­r verwek het, volg bewerings oor ’n selfs donkerder geheim

- Deur PIETER VAN ZYL en MARELIZE POTGIETER

SY NAAM word in dieselfde asem as dié van die tegnologie­reuse Bill Gates en Steve Jobs genoem. Die Suid-Afrikaans gebore biljoenêr is aan die spits van die privaat ruimtebedr­yf en die man agter die gevorderds­te elektriese motorvoert­uie. Maar onlangs was Elon Musk se naam om ’n heel ander rede in die nuus nadat berig is sy pa, Errol (72), het ’n baba verwek by sy eie stiefdogte­r, Jana Bezuidenho­ut, ’n hele vier dekades jonger as hy. Errol het self erken dit is sy baba.

Vandag kan Huisgenoot bekendmaak Errol is glo betrokke by ’n selfs donkerder familiegeh­eim. ’n Paar ingeligte bronne na aan die Musk-familie beaam dieselfde refrein: Errol het Jana “gebreek”.

Errol se bruin dubbelverd­iepinghuis op die Weskus-dorpie Langebaan is luuks, maar tog ligjare verwyder van die eksklusiew­e Kalifornie­se woonbuurt Bel Air, waar Elon woon. Binne blêr ’n radio hard toe Huisgenoot aanklop.

’n Gryskopman kom te voorskyn en kyk met skrefiesoë deur die veiligheid­shek na ons. Dis Errol en hy wil niks van die media weet nie, want sy seuns het volgens hom gesê hulle gaan bande met hom verbreek as hy onderhoude toestaan. “Ek het mos gesê ek wil nie ’n onderhoud doen nie,” sê hy.

In dié huis is ook ’n kamer waar Jana (30) woon wanneer sy kom kuier, vergesel van haar en Errol se seuntjie van 10 maande.

Dit was nadat die Britse koerant Dai ly Mai l op 23 Maart berig het Errol het sy stiefdogte­r swanger gemaak dat ’n ingeligte bron na aan die Musk-familie Huisgenoot genader het. Daarna het nog bronne na aan die familie ingestem om oor Errol te praat.

Die verhaal wat hulle vertel, is van ’n beweerde jare lange “onstabiele” verhouding tussen Errol en Jana.

Jana is die dogter van HeideMarie (53), een van die vroue met wie Errol getroud was nadat hy en Elon se ma geskei is.

Lede van die uitgebreid­e familie het Jana glo talle kere in die verlede uit Errol se sorg of geselskap probeer verwyder. Ons bronne doen ’n rits ontstellen­de onthulling­s, maar op regsadvies mag Huisgenoot dit nie publiseer nie. Ook amptelike dokumente steun van die bewerings wat deur ons bronne gemaak is, maar ook dit mag op regsadvies nie gepublisee­r word nie.

Een van die bronne beweer: “Errol het die mooie Jana se lewe verwoes.” Die ander beaam dit.

“Die familie voel Errol se gedrag jeens Jana moet ontbloot word,” sê een bron.

Errol het teenoor Huisgenoot ontken hy het ooit onbehoorli­k teenoor Jana opgetree. Jana en Heide-Marie wou nie met Huisgenoot praat nie. En kort voor ons

druktyd het Elon self nog nie gereageer op e-posse wat ons na sy maatskappy­e SpaceX en Tesla gestuur het nie.

ELON se geraamde fortuin bedra vandag sowat R224 biljoen. Hy het by sy uitgebreid­e SuidAfrika­anse familie betrokke gebly, vertel ons bron.

Hy help die Musks geldelik waar hy kan. “Hulle is so trots op hom en is juis daarom so kwaad en hartseer dat hierdie donker wolk nou oor die familie hang,” vertel ’n bron.

Elon was nog jonk toe sy ma, Maye, en Errol skei. Sy was Errol se eerste vrou, en hulle het benewens Elon ook ’n seun, Kimbal (45), en dogter, Tosca (42).

Maye woon nou al jare in Kanada, waar sy as ’n ouer model, oftewel ’n “silwer swaan”, werk.

Ná hul egskeiding is Errol met HeideMarie getroud, by wie hy later twee dogters, Alexandra (24) en Rose (18), gehad het.

Heide-Marie en Errol het mekaar ontmoet ’n paar maande nadat haar eerste man, Jacques Bezuidenho­ut, in ’n motorongel­uk in Pretoria dood is. Haar en Jacques se drie kinders, Herman, Jana en Jacques jr., was toe onderskeid­elik ses jaar, twee jaar en drie maande oud.

“Heide-Marie was kwesbaar,” vertel ’n bron. Sy was toe in haar 20’s en hy in sy 40’s. “Hulle het mekaar by die gewilde nagklub Jacqueline’s in Pretoria ontmoet. Hy het haar en haar vriendin na sy spoggerige Waterkloof-huis genooi. Hy het haar die son, maan en sterre beloof.”

Heide-Marie se familie het Errol aangenaam gevind, maar hulle was bekommerd oor die ouderdomsv­erskil. Hy was toe al ’n suksesvoll­e ingenieur en het glo aandele in ’n smaragmyn elders in Afrika gehad.

In haar kleintyd het Jana dikwels vir lang tydperke by haar tantes aan moederskan­t gebly.

Nou vertel ons bron dit breek die familie se hart om daardie “jong, onskuldige meisietjie vol potensiaal” te onthou.

’n Ander bron onthou haar as ’n langbeenme­isie wat ná haar verjaardag­partytjie tussen ballonne lê en slaap.

Maar van kleins af is sy stelselmat­ig afgetakel, beweer ons bronne.

In 2003 het Elon, toe al ’n suksesvoll­e ondernemer in Kalifornië, vir Errol, Heide-Marie en hul kinders, onder wie Jana, ’n huis naby syne in Bel Air, Los Angeles, gekoop “om hulle uit hul situasie in Suid-Afrika te kry”, vertel ons bron.

Maar Errol-hulle het net sowat ses maande daar gewoon voor hy glo inderhaas na Suid-Afrika teruggekee­r het. Die res van die gesin het later gevolg.

OP Langebaan is talle inwoners onbewus daarvan dat die beroemde Elon Musk se pa onder hul neus woon.

Errol se buurman weet min van sy doen en late, maar is bewus daarvan dat sy seun die beroemde baas van SpaceX en Tesla is. “Dis mos sy seun wat nou die dag ’n motor in die ruimte opgestuur het. Ja, hy woon hier, maar ’n mens sien hom min.”

Huisgenoot het hier na Errol se huis op Langebaan gekom omdat hy ’n dag tevore ingestem het tot ’n onderhoud nadat die storm oor sy baba by sy stiefdogte­r losgebars het.

Ons lui die klokkie. Geen antwoord nie. Ons ry ’n draai, kom weer terug, lui weer. Toe Errol verskyn, benadruk hy hy wil nie met die media praat nie.

Later kry ons ’n e-pos waarin hy ontken dat hy ’n onbehoorli­ke verhouding met Jana gehad het.

Maar op sy Facebook-blad klets Errol en ’n jare lange vriend van Pretoria intussen oor die sogenaamde “Errolsindr­oom”.

“In ons 60 jaar lange vriendskap is ek in verwonderi­ng oor jou omstrede prestasies. Ek sien uit na nog jare van skandale, berugtheid en onkonvensi­onele gedrag,” skryf die vriend.

Errol bedank hom vir sy ondersteun­ing en antwoord: “Dit beteken die vroue met wie ek in die 1980’s getroud was, is die kinders se stiefma’s, en hul kinders is my stiefkinde­rs. En die man wat met Jana se ma trou . . . is ook Jana se stiefpa.”

En Elon? Hoewel hy nie op ons navrae gereageer het nie, het hy al in 2017 aan die tydskrif Rolling Stone vertel sy pa was “’n briljante ingenieur”, maar “’n aaklige mens”.

“Hy was betrokke by omtrent elke bose ding wat jy jou kan voorstel,” het hy gesê.

In dié artikel het Errol die bewerings ontken en gesê hy het “nog nooit doelbewus enigiemand gedreig of leed aangedoen nie”.

Elon het aan Rolling Stone gesê hy kan niks doen om sy pa te verander nie.

“Ek het al alles probeer. Ek het gedreig; beloon; intellektu­ele en emosionele woordewiss­elings met hom gehad. Alles om my pa ten goede te verander. Sonder welslae; dit het net erger geword.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Errol Musk is die pa van die wêreldbeke­nde entreprene­ur Elon Musk (ONDER). Pa en seun sit nie om dieselfde vuur nie. Errol het sy stiefdogte­r, Jana Bezuidenho­ut (BO), swanger gemaak.
HOOFFOTO: Errol Musk is die pa van die wêreldbeke­nde entreprene­ur Elon Musk (ONDER). Pa en seun sit nie om dieselfde vuur nie. Errol het sy stiefdogte­r, Jana Bezuidenho­ut (BO), swanger gemaak.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Errol se luukse huis op Langebaan waarin Jana ’n kamer het. REGS: Jana (middel) saam met haar halfsuster Alexandra (links) en ma, Heide-Marie Musk.
BO: Errol se luukse huis op Langebaan waarin Jana ’n kamer het. REGS: Jana (middel) saam met haar halfsuster Alexandra (links) en ma, Heide-Marie Musk.
 ??  ?? Die beeldskone Maye Musk en haar seun Elon. Sy was Errol se eerste vrou en is ’n gekwalifis­eerde dieetkundi­ge. Sy woon in Kanada en doen steeds modelwerk.
Die beeldskone Maye Musk en haar seun Elon. Sy was Errol se eerste vrou en is ’n gekwalifis­eerde dieetkundi­ge. Sy woon in Kanada en doen steeds modelwerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa