Huisgenoot

DRAMAS RONDOM ’N RAAISELDOO­D

Skokke en skandes is volop in die intrige wat in die opspraakwe­kkende moordverho­or van Jason Rohde ontvou – hier is van die sleutel-elemente

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY en MARELIZE POTGIETER

SPANNING oor ’n vurige affair wat in ’n laatnagrus­ie in ’n spoghotel op ’n bekende wynlandgoe­d oorkook; die ontstelde blondekopv­rou wat in haar wit kamerjas agter haar eiendomsba­asman aanhardloo­p omdat hy saam met kollegas wil gaan drink . . .

En toe, die volgende oggend, haar lewelose liggaam agter die badkamerde­ur met die koord van ’n haartang om haar nek.

Dit is maar net ’n deel van die dramatiese getuienis die laaste tyd in die WesKaapse hooggeregs­hof in Kaapstad waar Jason Rohde aangekla word van die moord op sy aanvallige vrou, Susan.

In die proses is die skyn van ’n gelukkige en liefdevoll­e huwelik stuk vir stuk afgebreek, onder meer deur die onthulling in die hof van die beledigend­e teksboodsk­appe wat hulle vir mekaar gestuur het.

Dit het nie lank geduur voor die polisie besluit het hulle glo nie die weergawe van die voormalige uitvoerend­e hoof van Sotheby’s Internatio­nal Realty in Suid-Afrika nie.

Hy het beweer sy vrou het haarself in die oggendure van 24 Julie 2016 opgehang terwyl hy niksvermoe­dend in hul hotelbed op die Spierlandg­oed by Stellenbos­ch geslaap het.

Binne weke is die sakeman by hul Johannesbu­rgse spoghuis in hegtenis geneem en van moord aangekla. Sedertdien is dié eens gelukkige paartjie, asook Jason se destydse donkerkopm­innares, Jolene Alterskye, gereeld in die nuus.

Sedert die begin van die opspraakwe­kkende moordverho­or verlede Oktober het die staat reeds patoloë, polisiebea­mptes, ’n Spier-nutsman, kollegas van Jason en familieled­e van Susan laat getuig om sy skuld te probeer bewys.

Jason hou vol Susan, die ma van hul drie dogters, het haarself om die lewe gebring tydens die Sotheby’s-konferensi­e waarheen sy hom daardie naweek vergesel het.

Maar hy het van die begin af in ’n polisiever­klaring erken spanning het tussen hulle gewoed oor sy affair.

Die verhoor is voor die Paasnaweek verdaag en word eers op 23 April hervat. Intussen wonder almal: Sal Jason se destydse skelmpie deur die staat gevra word om te getuig – en wat sal sy dan alles vertel?

Hier is van die dramatiese onthulling­s wat tot dusver gemaak is in die verhoor van die sakeman wie se lewe in ’n oogwink soos handomkeer verander het.

Sal Jason se destydse skelmpie deur die staat gevra word om te getuig?

 ??  ?? HOOFFOTO: Jason Rohde, die gewese grootbaas van die eiendomsag­entskap Sotheby’s, word van die moord op sy vrou, Susan, beskuldig.
HOOFFOTO: Jason Rohde, die gewese grootbaas van die eiendomsag­entskap Sotheby’s, word van die moord op sy vrou, Susan, beskuldig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa