Huisgenoot

HOE KAN DIE SAAK UITSPEEL?

-

“Dit is eintlik ’n klomp gesamentli­ke faktore wat deurslagge­wend gaan wees,” sê André Kirsten, ’n strafregpr­okureur van Kaapstad.

Hy sê die saak steun op omstandigh­eidsgetuie­nis omdat geen ooggetuies die beweerde misdaad sien gebeur het nie.

“Forensiese getuienis sal belangrik wees in ’n saak soos dié en sal moet bepaal of dit selfdood was of nie,” sê dr. Llewellyn Curlewis, senior lektor in strafprose­sreg aan die Universite­it van Pretoria.

Llewellyn en André glo die staatspato­loog se getuienis kan moontlik die deurslag gee.

“As die patoloog se bevindings nie konsekwent is met wat die beskuldigd­e sê nie, gaan die beskuldigd­e ’n probleem hê. Want hy gaan nou moet verduideli­k wat die patoloog gesien het en hoe dit daar gekom het,” sê André.

So byvoorbeel­d kan Susan se ribbeserin­g ’n probleem vir die verdedigin­g wees om te verduideli­k. “In die perspektie­f van ’n selfdood beteken dit sy sou ’n koord om haar nek moes sit en haarself ophang terwyl sy in verskrikli­ke pyn is en besig is om bloed te hoes,” sê André.

Kan die patoloog se fout met die berekening van Susan se sterftyd die staat se saak kelder?

“Ek dink nie dit sal die staat se saak kelder nie,” sê Llewellyn.

“Die hof kyk gewoonlik na drie goed ty- dens kruisonder­vraging: ondervragi­ng: weerspreki­ng, teenstrydi­ghede ghede en onwaarskyn­likhede. Tensy ’n getuie tuie op grond van daardie drie goed so swak ak is dat die hof die getuienis heeltemal verwerp, sal die hof steeds daardie getuienis uienis aanvaar,” verduideli­k Llewellyn.

Volgens André is die wetenskapl­ike aspekte soos die drakrag van die haartang se kabel ook k belangrik. “Daardie toetse word in ’n laboratori­um aboratoriu­m gedoen en gewoonlik herhaal.” ”

Hy sê Susan san se gemoedstoe­stand en haar karakter er kan ook ’n belangrike oorweging vir die hof wees.

“Die verdedigin­g ediging sal getuienis moet lei dat t sy geneig was tot selfdood of f dat daar aanduiding­s was dat sy moeg was en gevoel het dit is nou genoeg,” verduideli­k hy.

“Maar ons s moet in gedagte hou die staat at het nou al plekplek aangedui dui sy sou dit nie doen nie. Haar aar broer het getuig sy het ’n sterk persoonlik­heid gehad en dat sy iemand was wat kon n baklei en volhard. Dit lyk asof f sy hard probeer het om die affair ir te stop en vir haar huwelik baklei klei het.”

Jason se regspan sal nog hul eie getuies en kenners roep om Jason se saak ak te stel.

 ??  ?? Jason het nog altyd netjies by die hof opgedaag. Die staat se saak is nog nie afgehandel nie, maar sodra dit gefinalise­er word, sal Jason se regspan die kans kry om hul getuies na vore te roep.
Jason het nog altyd netjies by die hof opgedaag. Die staat se saak is nog nie afgehandel nie, maar sodra dit gefinalise­er word, sal Jason se regspan die kans kry om hul getuies na vore te roep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa