Huisgenoot

’N BREKERSBAA­RD!

Toe die bleeksiel Gwilym sy voorkoms verander, het hy in ’n gesogte model ontpop

- Saamgestel deur NICI NIC DE WET

HULLE sê ’n man se baard kan jou maak of breek. Kweek jy hom reg, is jy ’n ware maanhaar. Kry jy dit verkeerd, lyk jy soos ’n takhaar.

Maar kyk jy na die voor- en ná-foto’s van die Wallieser Gwilym Pugh, is dit duidelik: Die regte baard kan sorg vir ’n dramatiese transforma­sie.

Om die skeermes weg te bêre was darem nie al wat dié Brit gedoen het om sy voorkoms reg te ruk nie.

Beter eetgewoont­es en strawwe oefensessi­es in die gim was ook deel van sy plan. En siedaar, die voormalige mollige bleeksiel is omskep in ’n gesogte model wat die wêreld nou aan die gons het.

Gwilym met sy vlamrooi baard was al in talle tydskrifte te sien en het al vir handelsnam­e soos Vans, Bud Light, Gillette, Esprit en Diesel modelwerk gedoen. Hy is boonop ’n ambassadeu­r vir David Beckham se nuwe versorging­sreeks vir mans, House 99.

Maar sowat ’n dekade gelede, op 21, was Gwilym mollig en glad geskeer; niemand sou hom opmerk nie. Hy het tuis t agter sy lessenaar gesit terwyl hy probeer p het om sy versekerin­gsondernem­ing o op die been te bring.

Die lang dae agter sy lessenaar het die d vetjies laat aanpak. Boonop het ’n kniebeseri­ng k gekeer dat Gwilym, wat op o sy dag vir Wallis se o.16-basketbals­pan b gespeel het, veel oefening kry.

Op ’n kol het hy 127 kg geweeg – “taamlik oorgewig”, soos hy aan die Britse Daily Mail gesê het.

Maar toe stig hy en ’ n paar pelle ’ n folkmusiek­groep en Gwilym besluit hy moet ’n nuwe beeld kweek . . . Dit was sy barbier wat hom aangemoedi­g het om ’n baard te kweek.

Gwilym het besluit hy moet minstens 40 kg verloor. “Die ondernemin­g het oukei gevaar, en ek het besluit ek moet my lewe agtermekaa­r kry,” sê hy.

Hy het begin oefen. “Dit was die beste ding vir my gesondheid,” sê Gwilym. Terwyl hy sy baard gekweek het, het die kilogramme danksy sy nuwe leefstyl begin wegsmelt – ’n volle 42 daarvan. Vandag weeg hy 85 kg.

Hy het sy modelvoete gevind nadat sy Instagram-blad die aandag getrek het van die Walliese klereontwe­rper Nathan Palmer. Toe Gwilym hom weer kom kry, poseer hy vir ’n koffietafe­lboek met die titel 100 Beards.

Hy is ook gevra om deel te wees van Red Hot Photograph­y. Die projek – deur die rooikopfot­ograaf Thomas Knights – bring hulde aan, wel, rooikoppe. Kort voor lank is Gwilym ’n kontrak aangebied deur die Londense agentskap AMCK Models. Maar die belangriks­te, vertel die aantreklik­e rooikop, is dat “ek gelukkiger en gesonder is as wat ek ooit gedink het moontlik sou wees.

“Ek doen goed wat ek nooit eens van gedroom het nie. Nadat ek jare lank in finansies was, is dit ’n wonderlike geleenthei­d om saam met kreatiewe mense te werk en die wêreld vol te reis.”

Om sy gespierde lyf eksieperfe­ksie te hou, werk hy hard in die gim en mik na 15 000 treë per dag. Hy gebruik ook sy reiservari­ngs om foto’s te neem wat hy eendag met die wêreld wil deel.

Hy laat nie sy nuutgevond­e roem kop toe gaan nie. “Ek probeer om nie in alles vasgevang te raak nie en my meisie help baie daarmee. Sy hou my nederig. Met haar in die omtrek kan ek nie grootkop kry nie.”

 ??  ?? Gwilym Pugh het ’n transforma­sie ondergaan van sagmoedige sakeman (LINKS) tot hardebaard­voorbladmo­del (REGS).
Gwilym Pugh het ’n transforma­sie ondergaan van sagmoedige sakeman (LINKS) tot hardebaard­voorbladmo­del (REGS).
 ??  ?? Die eens teruggetro­kke verkoper van versekerin­g het bewys ’n baard kan ’n man in ’n breker verander.
Die eens teruggetro­kke verkoper van versekerin­g het bewys ’n baard kan ’n man in ’n breker verander.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa