Huisgenoot

HEEL GEBRAAIDE PICANHASTE­AK MET CHIMICHURR­I

- (Blaai om)

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 15 min. Rus: 10 min. 800 g picanhaste­ak sout en vars gemaalde

peper 15 ml (1 e) olyfolie 6 takkies roosmaryn,

in ’n bossie gebind 15 ml (1 e) botter CHIMICHURR­I 20 g platblaar

pietersiel­ie 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 2 rooi brandrissi­es,

fyngekap 125 ml (½ k) olyfolie 1 suurlemoen se sap 1 takkie vars origanum, fyngekap, of 5 ml (1 t), gedroog 5 ml (1 t) vars gemaalde

peper 5 ml (1 t) seesoutvlo­kkies of 2,5 ml (½ t) tafelsout

1 Geur die steak oraloor met die sout en peper. Smeer die olyfolie aan die steak.

2 Verhit ’n kleefvrye pan tot rookwarm; plaas die vleis met die vetkant na onder in die pan. Braai die steak 2-3 min. aan die vetkant of tot die vet begin verkleur en uitbraai.

3 Draai die steak om en braai tot ’n goudbruin kors aan die vleiskant vorm. Draai die steak op sy een sy en braai 1 min. Herhaal met die ander sy.

4 Verlaag die hitte en plaas die vleis weer met die vetkant na onder. Voeg die roosmaryn en botter by en braai nog 3 min. aan die vetkant. Draai die vleis om en braai nog 3 min. of tot dit gaar is soos verkies.

5 Skep die vleis uit die pan, giet enige pansappe oor en bedek met foelie. Laat rus minstens 10 min.

6 Chimichurr­i Meng al die bestanddel­e goed en geur met die sout.

7 Sny die steak in skywe, drup die chimichurr­i oor en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa