Huisgenoot

ARGENTYNSE GESTOPTE STEAKROLLE­TJIES

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 20 min. Marineer: 1-2 uur Gaarmaak: 15 min. 8 x klein eenminuut

steaks vars gemaalde peper 125 ml (½ k) rooiwyn 30 ml (2 e) suurlemoen

sap 30 ml (2 e) worcester

sous 15 ml (1 e) heuning 60 ml (¼ k) olyfolie 2 lourierbla­re 4 knoffelhui­sies,

gekneus VULSEL 15 ml (1 e) olie 1 ui, gekap 100 g spinasie 60 ml (¼ k) brood

krummels 1 eier 60 ml (½ k) olywe 1 rooi soetrissie, in repe

gesny 60 ml (¼ k) braaisous

van jou keuse Maak ’n braaivuur en sorg dat daar genoeg kole is. Hou tandestokk­ies of vleistou byderhand.

1 Geur die steaks alkant met die vars gemaalde peper.

2 Meng die res van die bestanddel­e in ’n marineerba­k en pak die steaks daarin. Laat 1-2 uur in die yskas marineer.

3 Vulsel Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk. Skep uit die pan en laat afkoel.

4 Meng die spinasie met die broodkrumm­els, eier en olywe.

5 Haal die steaks uit die marinade en smeer van die vulsel oor. Pak ’n paar repies soetrissie bo-op elkeen en rol op in rolletjies. Steek die rolletjies vas met die tandestokk­ies of draai dit vas met die vleistou.

6 Pak die rolletjies op ’n rooster en verf met die braaisous. Braai dit 2-3 min. per kant of tot gaar soos verkies. Sny die rolletjies versigtig in die helfte en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa