Huisgenoot

PANGEBRAAI­DE STEAK MET RISSIE EN SUURLEMOEN

-

Dit is belangrik dat steak altyd kamertempe­ratuur is voor dit gaargemaak word; dit verseker dat die vleis lekker sappig bly en eweredig gaar word. GENOEG VIR 2 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 10-15 min. Rus: 5-10 min. 1 x 450-500 g-klub- of

T-been-steak sout en peper 10 ml (2 t) olyfolie 30 ml (2 e) botter 4 knoffelhui­sies, met die skil nog aan en gekneus 2 rooi brandrissi­es,

fyngekap 1 suurlemoen se gerasperde skil en 15 ml (1 e) van die sap 4 tiemietakk­ies seesoutvlo­kkies, indien

verkies

1 Geur die steak alkant goed met die sout en vars gemaalde peper. Smeer met die olie.

2 Verhit ’n groot kleefvrye pan tot rookwarm. Sit die steak in die pan en seël tot ’n goudbruin kors aan die een kant vorm (sowat 1 min.). Draai die steak om en herhaal.

3 Hou die steak vas met ’n knyptang en braai die vleis 30 sek. aan die vetkant.

4 Verlaag die hitte effens en voeg die res van die bestanddel­e by. Braai die steak nou 2-3 min. per kant of tot gaar soos verkies.

5 Sit die steak op ’n bord en giet al die pansappe oor. Laat rus 5-10 min. Sprinkel seesoutvlo­kkies oor, indien verkies. Sit dit voor.

Onthou, die steak raak nog gaarder terwyl dit rus. Moet dit dus nie te veel braai nie, anders sal dit te gaar en uitgedroog wees teen die tyd dat dit geëet word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa