Huisgenoot

GESKROEIDE SPESERYSTE­AK MET KONSERTINA-AARTAPPELS

-

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 40-45 min. Rus: 5-10 min. AARTAPPELS 4-6 aartappels, geskil

(indien verkies) 30 ml (2 e) olyfolie 10 ml (2 t) seesout

vlokkies 5 ml (1 t) gedroogde

origanum STEAK 4 x 200 g-steaks 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 5 ml (1 t) komynsaadj­ies 10 ml (2 t) gedroogde

origanum 5 ml (1 t) gerookte of

gewone paprika 2,5 ml (½ t) rooipeper 1 ml (¼ t) neutmuskaa­t 5 ml (1 t) vars gemaalde

peper 5 ml (1 t) seesoutvlo­kkies of 2,5 ml (½ t) tafelsout 15 ml (1 e) olyfolie Haal die steak vooraf uit die yskas sodat dit kamertempe­ratuur is voor dit gaargemaak word. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bakplaat met ’n bietjie olyfolie.

Maak ’n braaivuur en sorg dat daar genoeg kole is.

1 Aartappels Sny die aartappels in dun repies sonder om dit deur te sny sodat elke aartappel soos ’n konsertina lyk. Pak die aartappels op die bereide bakplaat en drup die olie oor – maak seker die olie kom tussen die skyfies in die aartappels ook in.

2 Sprinkel die sout en origanum oor en sit die aartappels in die oond. Rooster 40-45 min. of tot goudbruin en gaar.

3 Steak Meng die knoffel en al die kruie en speserye goed. Vryf ruimskoots oor die steak en drup die olie oor. Smeer die olie oraloor die steak.

4 Pak die steaks op ’n rooster en braai 2 min. per kant laag oor die kole of tot gaar soos verkies. Pak die steaks op ’n bord en laat rus 5-10 min.

5 Sit voor saam met die aartappels.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa