Huisgenoot

BYDERWETSE BOEREKOS

’n Blog met Afrikaanse resepte, Boerekos met ’n Twist, is so gewild dat dit ’n resepteboe­k en nou ook ’n TV-program opgelewer het

- Deur CARMEN NIEHAUS Foto’s: JACQUES STANDER Resepte: ANNELIEN PIENAAR

DIT het klein begin. Annelien Pienaar, jare lank dosent in voedsel en voeding, het gevoel daar is darem te veel resepte op die internet wat nie getoets word nie. Toe begin sy haar kosblog, Boerekos met ’n Twist, wat so gewild geword het dat ’n resepteboe­k met dieselfde naam uitgegee is. Nou is daar ook ’n TVprogram. Daarin deel sy haar vernuf en voedselwet­enskapkenn­is met deelnemers aan die program en ook met kykers. Boerekos met ’n Twist word van 9 April af om 18:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.

PIKANTE SJOKOLADET­ERT

LEWER 1 GROOT TERT Bereiding: 45 min. Staan: 4 uur of oornag Bak: 1 uur 15 min. TERT 400 ml volroommel­k 100 ml room 4 groot eiers, geskei 200 g witsuiker 15 ml (1 e) kraanwater 125 g botter (nie mar

garien nie), gesmelt 70 g koekmeel, gesif 40 g kakao, gesif knippie sout 1,25 ml (¼ t) kreme

tart GANACHE 125 ml (½ k) witsuiker 125 ml (½ k) kakao,

gesif 60 ml (¼ k) water 125 g botter, gesout 125 ml (½ k)

gouestroop 375 ml (1½ k) sjokolades­plinters (sjokolade van goeie gehalte) 125 ml (½ k) room vars vrugte Voorverhit die oond tot 150 °C. Bespuit ’n ronde koekpan van 22 cm in deursnee met kossproei.

1 Tert Verhit die melk en room net tot liggaamste­mperatuur en laat afkoel.

2 Klits die eiergele, witsuiker en water 3 min. saam. Klits die gesmelte botter in ’n dun straaltjie by.

3 Sif die koekmeel, kakao en sout saam; meng goed met die eiermengse­l. Voeg die melkmengse­l by en vou in.

4 Klits die eierwitte saam met die kremetart tot stywepunts­tadium; vou in by die beslag. Die beslag sal nie maklik meng nie; die eierwitte sal bo bly dryf. Meng net tot die streperigh­eid weg is, maar nie te veel sodat die eierwitte hul lug verloor nie.

5 Giet die beslag in die pan; dit moet gevul word tot 1 cm van bo. Die beslag sal nie oorloop nie, want die eierwitte stol soos ’n soufflé.

6 Plaas die koekpan met die beslag in ’n oondpan en bak 5060 min. by 150 °C.

7 Laat goed in die pan afkoel by kamertempe­ratuur. Sodra die koek geset het, keer op ’n dienbord uit. Plaas die koek oornag of vir 4 uur in die yskas om ferm te word.

8 Ganache Plaas die suiker, kakao, water, botter en gouestroop in ’n kastrol; verhit tot die suiker gesmelt het. Kook daarna 2 min. en verwyder van die hitte.

9 Voeg die splinters en room by die warm mengsel, maar moenie roer nie – draai die kastrol in die rondte. Die sjokolade sal baie vinnig smelt as dit van goeie gehalte is.

10 Klits deeglik met ’n ballonklit­ser en laat die mengsel goed afkoel. Plaas in die yskas vir 30 min. voor jy dit met ’n slaplemmes op die koek smeer. Hou die koek verkoel tot dit voorgesit word. Versier met vars vrugte soos verkies.

EIERLOSE BESKUIT

LEWER 40 STUKKIES Bereiding: 20 min. Bak: 45-60 min. Uitdroog: 4 uur

10 ml (2 t) koeksoda 1 kg (7 k) volgraanme­el 60 g (2 k) semels 100 g (1 k) pekanneute of rosyne of bosbessies (of ’n mengsel van al 3) 170 g (1 k) lynsaad 80 g (1 k) gerolde hawermout 400 g (2 k) sagte

bruinsuike­r 5 ml (1 t) sout 10 ml (2 t) bakpoeier 5 ml (1 t) kremetart 500 g margarien, by

kamertempe­ratuur 100 ml melk 500 ml (2 k) karring

melk Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n groot, plat oondpan met kossproei.

1 Hou die koeksoda eenkant en meng die droë bestanddel­e.

2 Rasper die margarien by die meel in en vryf met jou vingerpunt­e in tot dit soos broodkrumm­els lyk.

3 Meng die koeksoda met die melk – maak seker die klonte is goed opgelos. Voeg by die karringmel­k om dit te aktiveer.

4 Meng die meelmengse­l met die melkmengse­l tot alles goed gemeng is.

5 Druk die beskuit in die oondpan en sny vooraf in vingers.

6 Bak 45-60 min. op die oond se middelste rak. Laat afkoel, keer uit en breek in vingers.

7 Pak in ’n enkellaag op ’n draadrakki­e en droog 3-4 uur by 100 °C met die deur effens oop.

STROMBOLI

LEWER 2 BROODJIES Bereiding: 20 min. Rys: sowat 4¾ uur Bak: 45-50 min. 1 kg (7 k) koekmeel 500 ml (2 k) lou water

(24 C) 190 ml (¾ k) lou melk

(24 C) 10 g kitsgis 45 ml (3 e) lou water

(om gis op te los) 45 ml (3 e) botter, by

kamertempe­ratuur 30 ml (2 e) heuning 10 ml (2 t) sout VIR UITROL 250 ml (1 k) koekmeel 250 ml (1 k) mielieblom VULSEL sondroë tamaties,

gekap swart olywe, gehalveer gerasperde mozzarella AFRONDING olyfolie vars of droë kruie van

jou keuse

1 Deeg Meng die meel, water en melk tot die mengsel egalig lyk en geen droë meel sigbaar is nie. (Die deeg word nie geknie soos in die ou dae nie). Laat rus die deeg 3 uur sonder die gis.

2 Sprinkel ná 3 uur die gis oor die 45 ml water en roer om goed op te los. Voeg die botter, heuning, giswater en sout by die deeg. Druk gate van bo af met jou vingers in die deeg sodat die vloeistof kan ingaan.

3 Beskou die bak waarin die deeg is as ’n horlosie. Begin by die twaalfuurm­erk en vou die deeg oor na sesuur. Vou ook van drieuur oor na negeuur en hou so aan tot jy weer by twaalfuur uitkom. Dit is belangrik om die deeg te vou en nie te knie nie.

4 Laat die deeg nog 15 min. rus en vou weer een rondte. Herhaal nog twee keer.

5 Laat rus die deeg in ’n goed geoliede bak en bedek sodat dit kan verdubbel in volume. (Hierna sal die deeg sysag maar slap wees en gereed vir die resep wat jy wil maak.)

6 Vir uitrol Meng die koekmeel en mielieblom en sprinkel die oppervlak rojaal met die mengsel. Verdeel die deeg in twee. Rol elkeen sowat 3 mm dik uit in ’n langwerpig­e vorm.

7 Vulsel Rangskik die vulsel op die deeg, maar hou sowat 2 vingers reg rondom skoon.

8 Vou albei kort kante se rande effens oor na die middel.

9 Begin die deeg van ’n lang kant af oprol soos ’n rolkoek, skraap die deeg met ’n mes van die oppervlak en gebruik van die meel om jou te help (die deeg is sag). Tel versigtig op en plaas in ’n gesmeerde bakplaat. Herhaal met die ander rol. Maak drie skuins snitte met ’n baie skerp mes of lemmetjie.

10 Afronding Smeer elke rol mildelik met die olyfolie. Bak die rol 45 min. by 180 °C. Smeer die stromboli sodra dit uit die oond kom weer met die olyfolie en besprinkel met die vars of droë kruie van jou keuse. Origanum en basilie is heerlik.

11 Sit effens louwarm voor saam met souse van jou keuse.

TUNAMOUSSE

LEWER 6 VORMPIES Bereiding: 10 min. Set: 4 uur MOUSSE 25 ml (5 t) kraanwater 7 ml (1½ t) gelatien 1 blikkie (170 g) tunastukke, in olie of water geblik, goed gedreineer 125 ml (½ k) mayon

naise 1 houer (230 g) room

kaas 60 ml (¼ k) gekapte

agurkies 60 ml (¼ k) vars

grasuie, gesnipper 15 ml (1 e) suurlemoen

sap 5 ml (1 t) vars gerasperde suurlemoen­skil 1,25 ml (¼ t) vars fyngedrukt­e knoffel (opsioneel) swartpeper na smaak 25 ml (5 t) kookwater 125 ml (½ k) koue

room, styf geklop AFRONDING dun skyfies radyse

en uiespruite

1 Plaas ’n silikonvor­m met 6 holtes in yswater.

2 Giet die kraanwater in ’n klein glasbakkie en sprinkel die gelatien oor. Laat staan om te hidreer.

3 Meng die res van die bestanddel­e buiten die kookwater en room liggies sodat die tuna nie te fyn opbreek nie.

4 Voeg die kookwater by die gelatienme­ngsel en roer tot opgelos. Klits die gelatien by die tunamengse­l in.

5 Vou die room liggies by die tunamengse­l in.

6 Verwyder die vorm uit die water en skep

dadelik die vulsel in die holtes in. Maak mooi gelyk en plaas in die vrieskas tot geset.

7 Afronding Ontvorm, pak op ’n dienbord en garneer met radyse en spruite. Sit voor saam met vars brood, sout koekies, groentebor­de of as vulsel vir broodjies.

HOENDERSAT­É MET PINDASOUS

LEWER SOWAT 18 STOKKIES Bereiding: 30 min. Gaarmaak: 40 min. HOENDER 6 groot hoenderbor­sies, in repies gesny 250 ml (1 k) natuurlike

volroomjog­urt 60 ml (¼ k) olyfolie 60 ml (¼ t) matige

kerriepoei­er 1,25 ml (¼ t) fyn

knoffel 1,25 ml (¼ t) fyn gemmer 5 ml (1 t) fyn fenegriek sout en peper na smaak PINDASOUS 125 ml (½ k) ui,

fyngekap 45 ml (3 e) olyfolie 15 ml (1 e) bruinsuike­r 6 ml (1 t, opgehoop)

fyn knoffel 5 ml (1 t) komynsaad 2,5 ml (½ t) matige

kerriepoei­er 1,25 ml (¼ t) gerookte

paprika 1,25-2,5 ml (¼-½ t)

brandrissi­evlokkies 30 ml (2 e) tamatie

sous 30 ml (2 e) sojasous 80 ml ( k) grond

boontjiebo­tter 60-125 ml (¼-½ k)

klappermel­k sout en peper na smaak

1 Hoender Ryg die hoenderrep­ies aan stokkies; moenie te styf ryg nie.

2 Meng die res van die bestanddel­e en giet oor die kebabs. Laat 2 uur of langer in die yskas marineer.

3 Braai die hoendersto­kkies oor die kole of op ’n riffelpan wat vooraf goed verhit is tot net gaar. 4 Pindasous Braai die ui in die olyfolie in ’n diep kastrol tot sag. Voeg die suiker, knoffel, komynsaad, kerrie, paprika en brandrissi­evlokkies by en braai nog 1 min. Voeg die tamatie- en sojasous by en braai nog 1 min.

Haal die kastrol van die hitte af en roer die grondboont­jiebotter by. Nou kom die hele geheim van pindasous: Moenie die grondboont­jiebotter laat kook nie. Dit moet net smelt, anders is dit ’n olierige spulletjie omdat die grondboont­jies se proteïende­el en olie skei.

6 Roer tot glad en verwerk tot fyn met ’n staafmenge­r of in ’n voedselver­werker.

7 Voeg die klappermel­k by en meng tot glad. Sit voor saam met die kebabs en geurige rys.

 ??  ??
 ??  ?? EIERLOSE BESKUIT
EIERLOSE BESKUIT
 ??  ?? STROMBOLI
STROMBOLI
 ??  ?? HOENDERSAT­É MET PINDASOUS
HOENDERSAT­É MET PINDASOUS
 ??  ?? TUNAMOUSSE
TUNAMOUSSE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa