Huisgenoot

WANNEER MOET MY KIND ’N FOON KRY?

-

Deesdae het kinders se eerste foon ’n belangrike mylpaal geword; moet dus nie verbaas wees as jou agtjarige begin vra wanneer hy of sy ’n foon kry nie.

Daar is geen “regte” ouderdom om kinders hul eerste slimfoon te gee nie. Dit hang af van talle faktore; die belangriks­te is nie jou kinders se ouderdom nie, maar hoe volwasse hulle is.

Sodra hulle dié magtige kommunikas­ieen-mediawerkt­uig het, maak dit ’n deur na soveel dinge oop dat die ouers hul besluit moet grond op of hul kinders gereed is om ’n selfoon verantwoor­delik en respekvol te gebruik. Daar is ’n verskil tussen tegnologie­s vaardig wees en die vermoë hê om dit verstandig te gebruik. Dink eers mooi na oor dié vrae:

Hoe verantwoor­delik is hulle? Dit sal blyk uit byvoorbeel­d hoe hulle hul huiswerk en takies tuis benader en of hulle jou ingelig hou oor sake waarvan jy moet weet.

Sal hulle ’n selfoon verantwoor­delik gebruik – byvoorbeel­d om dit veilig weg te bêre (en af te skakel of die klank af te skakel) tydens klasse?

Is jou kinders geneig om goed te verloor – hul sportsak, sportskoen­e, boeke, huiswerklê­ers? Indien wel, is hulle werklik gereed vir ’n (duur) foon?

Moet jy jou kinders kan bereik of moet hulle jou veiligheid­shalwe kan kontak?

Sal maklike toegang tot vriende om sosiale redes goed vir hulle wees?

Verstaan hulle hoe teksboodsk­appe, foto’s en video’s gebruik kan word om mense in die verleenthe­id te stel of te teister – en wat die implikasie­s daarvan vir hulle en die slagoffers van sulke afknouery sal wees? EKSTRA BRON: COMMONSENS­EMEDIA.ORG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa