Huisgenoot

Ready Player One

- Saamgestel deur LARA ATSON

Aksie. Met Tye Sheridan, Olivia Cooke, Ben Mendelsohn en TJ Miller. Regisseur: Steven Spielberg. 13TOSG. Het op 29 Maart begin.

Waaroor gaan dit?

Dit is die jaar 2045 en die stad Columbus, Ohio, is soos die grootste deel van Amerika op sy knieë. Probleme soos oorbevolki­ng, armoede, hongersnoo­d en klimaatsve­randering vier hoogty. Mense vlug uit dié ellende na ’n skynwêreld bekend as Oasis.

Toe die skepper van Oasis, James Halliday (Mark Rylance), sterf, steek hy sy fortuin in die speletjie weg. Wie dit ook al vind, word nie net die nuwe baas van dié skynwêreld nie; hulle erf ook sy fortuin van $240 biljoen (R2,75 triljoen).

Die onwaarskyn­like held

Wade Watts (Sheridan) en miljoene ander soos hy betree elke dag dié skynwêreld. Hy gaan skool in die simulasie terwyl sy ma twee werke het: as telebemark­er en gesellin by ’n aanlyn bordeel. Wade is agter James, wat ’n passie vir die 1980’s-popkultuur het, se fortuin aan.

Die fliek is gegrond op die Amerikaans­e skrywer Ernest Cline se gelyknamig­e wetenskaps­fiksieboek van 2011. Cline, wat op 29 Maart, die dag toe die fliek uitgereik is, sy 45ste verjaardag gevier het, sê die fliekweerg­awe is sy “gunsteling-Spielberg-fliek”.

Die inspirasie

Spielberg (71) en die Star Wars-skepper, George Lucas (73), is twee van Cline se groot helde. In sy topverkope­rboek moet die hoofkarakt­er verwysings na popkultuur van die 1980’s ontrafel wat grotendeel­s op Spielberg se flieks gegrond is. Toe beland Spielberg boonop in die regisseurs­toel van die rolprentwe­ergawe van sy boek.

Die Jurassic Park-skepper het geweier om na sy eie flieks in Ready Player One te verwys sodat dit nie lyk asof hy sy eie beuel blaas nie. Tog het die span verwysings probeer insluit waar hulle kon. Die motorkeuse van Wade se avatar in die skynwêreld is byvoorbeel­d ’n DeLorean soos in die fliek Back to the Future en hy word in ’n stadium deur die T. rex van Jurassic Park agternages­it.

 ??  ?? Tye Sheridan vlug na die skynwêreld Oasis in die nuwe aksiefliek Ready Player One.
Tye Sheridan vlug na die skynwêreld Oasis in die nuwe aksiefliek Ready Player One.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa