Huisgenoot

WARE WAREMENSE MENSE

-

Deur Bart de Graaff; foto’s: Geert Snoeijer; uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo (Protea Boekhuis, R250)

“Stella Vleermuis is ’n Nama. Sy woon op ’n klein dorpie in Namibië. Pauline Yzerbek woon op ’n effens groter dorpie in Suid-Afrika. Dié twee jong vroue het mekaar nog nooit ontmoet nie. Hulle weet nie eens van mekaar se bestaan nie. Tog het hulle ’n paar dinge gemeen.

“Hulle praat Afrikaans. Hulle het Nederlands klinkende vanne. En hulle behoort albei tot ’n KhoiKhoin-volk, die ‘ware mense’ van suidelike Afrika.”

So skryf Bart de Graaff in sy voorwoord van Ware Mense. Hy is ’n Nederlands­e historikus en joernalis wat in 2015 en 2016 hier gereis het om die nasate van die Khoi-Khoin op te spoor en aan die woord te stel.

Tydens sy reis het hy baie mense soos Stella en Pauline ontmoet, maar ook die hoofmanne en -vroue van dié groep.

Raymond Beddy, die ongekroond­e hoofman van die Regshande-familie, het byvoorbeel­d ’n grondeis ingedien om 18 000 ha voor- vaderlike grond in die Vrystaat terug te kry. Beddy is oud en sy opvolger is Harold Beck, ’n jong onderwyser wat hom vir die herlewing van die Korannas se taal beywer. “Ek vra hom waarom. Hy sê die taal brand in hom.”

In Delft, “een van die onveiligst­e voorstede van Kaapstad”, ontmoet Bart en die 18-jarige Coleusia mekaar. “Sy woon haar hele lewe in Delft en dra die tekens daarvan.” Die laagtepunt van haar lewe was toe sy op drie seksueel gemolestee­r is. Die hoogtepunt? Toe sy met ballroom dancing kennismaak. Dis haar hartstog en terapie. Haar ouers is bruin en een van haar oupas was wit. Rassisme en politiek speel geen rol in haar lewe nie. “Net die geweld.”

Sy en haar vriendinne wil wegkom, sommige uit die land uit, maar almal beslis uit Delft uit.

Ware Mense is ’n verslag van ’n reis en gesprekke deur ’n buitelande­r en gee ’n interessan­te blik op die uiteengesp­atte Khoi-Khoin.

 ??  ?? REGS: John MacNab, Rehobothka­ptein. ONDER: Bernelee Farao van Rietfontei­n,, Namibië.
REGS: John MacNab, Rehobothka­ptein. ONDER: Bernelee Farao van Rietfontei­n,, Namibië.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa