Huisgenoot

DIED KAKAOBOOM

- Ar-

Sjokolade kom van die kakaoboom, ’n tropiese plant wat van ’n warm, vogtige klimaat hou. Die boom word tot 10 m hoog en kan langer as 50 jaar leef. Die kakaoboom verskaf die kakaobone waarvan kakaobotte­r en eindelik sjokolade gemaak word. Die Sweedse botanikus Carl Linnaeus (1707-1778) het die kakaoboom die wetenskapl­ike naam Theobroma cacao gegee. Dit beteken “voedsel van die gode”.

PRODUSENTE

Die kakaoboom het oorspronkl­ik in die Amasone en ander tropiese dele van Suid-Amerika gegroei, maar het na ander wêrelddele versprei. Die lande waar kakaobone geprodusee­r word, is nie te ver van die ewenaar geleë nie. Dié lande is in die tropiese streke van die Amerikas, soos Ecuador en Brasilië, en in Wes-Afrika, waar die Ivoorkus en Ghana die grootste produsente is. Afrika verskaf sowat 70% van alle kakaobone. Kakao word ook in Asië, veral in Indonesië en Maleisië, verbou.

VRUGTE

Die kakaoboom bloei deur die jaar. Bloeisels en ryp en groen vrugte kan dus gelyktydig aan die boom wees. Die vrugte lyk soos langwerpig­e pampoentji­es of peulvrugte. Wanneer dit ryp is, maak hulle ’n diep, hol klank wanneer jy daarop tik. Dit is dan gereed om gepluk te word. Die kakaobone binne-in die vrug is die gesogte deel van die plant. Elke vrug het 20 tot 40 pitte (bone) wat sowat 1 g elk weeg en in die vrug se pulp sit.

’n Kakaoboom lewer elke jaar sowat 1 tot 2 kg bone. Die bone bevat baie vet. Dit is waarvan kakaobotte­r gemaak word. Jy ken kakao seker as ’n fyn poeier waarvan jou ma soms sjokoladek­oek bak of waarvan ’n lekker warmsjokol­adedrankie gemaak word.

 ??  ?? Kakaobone gis en word droog in die son. Sj wa lan botanik
Kakaobone gis en word droog in die son. Sj wa lan botanik
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa