Huisgenoot

VOL LEWE VAN ’N DOOIE HOND

Mitch se geliefde brakkie het vyf jaar gelede gesterf, maar reis nog die wêreldêrel­d vol en is ’n Instagram-ster

- Saamgestel deur KIM ABRAHAMS AHAMS

DAT Mitch Byers ’n spesiale band met sy Jack Russell-hondjie het, is gewis.

Hy neem haar saam op vakansie, laat haar op groot geleenthed­e langs hom aan die etenstafel sit en neem haar selfs saam op romantiese afsprake.

Maar Phoebe is nie soos ander honde nie; sy blaf of spring nie rond nie en hoef nooit uitgelaat te word om te gaan piepie nie. Die rede? Sy is al jare lank dood . . .

Mitch, van die Amerikaans­e stad Portland in Oregon, was verpletter toe sy geliefde hond in 2013 aan natuurlike oorsake sterf. Maar toe kry sy ma die idee om Phoebe na ’n taksidermi­s te neem en haar te laat opstop.

Dit het haar duisende dollars uit die sak gejaag, maar toe sy die uitdrukkin­g op haar seun se gesig sien, het sy onmid- dellik gevoel dit was elke sent werd.

“Ek het dadelik uitgebars van die lag, want ek het geweet dis presies die soort ding wat my ma sou doen,” sê Mitch (26), ’n bestuurder by ’n rubberfabr­iek. “My suster het Phoebe egter net een kyk gegee en haar oë begin uithuil!”

Nou, vyf jaar ná haar dood, is Phoebe nog deel van die familie se alledaagse lewe. Mitch deel gereeld foto’s van hom en Phoebe saam op sy Instagram-blad, mydeaddoga­ndme, wat deur meer as 3 500 mense gevolg word.

Die eerste foto wat Mitch gedeel het, was dié van ’n “uitdrukkin­glose” Phoebe op sy motor se passasiers­itplek. Op die ruit is ’n kennisgewi­ng wat lui: “Moenie bekommerd wees nie; die hond is reeds dood. Sy is opgestop. Moet asseblief nie my ruit breek nie.”

Met daardie een kiekie het die hond in ’n kits ’n sosialemed­ia-ster geword.

Maar nie almal dink Mitch se voort-

gesette verhouding met sy dooie hond is aandoenlik nie. Vir party is dit grillerig.

“Ek weet nie hoe ek hieroor voel nie. Ek wil lag, maar tog ook huil,” het ’n Instagram-gebruiker oor een van Mitch se plasings gesê. “Dit is so verkeerd,” het nog een laat hoor.

Maar Mitch laat hom nie deur negatiewe kommentaar van stryk bring nie.

“Wie sê jou beste vriend kan nie ’n dooie hond wees nie? Ek is werklik trots op Phoebe,” het hy onlangs op sy Facebook-blad geskryf.

Sy dooie hond is ’n integrale deel van sy lewe. Vir Halloween het hy haar soos ’n seerower aangetrek. En vir Kersfees het hy haar as een van Kersvader se elwe voor die Kersboom laat poseer. Hulle was ook al saam met vakansie in Phoenix, Arizona.

Hy neem haar vir wandelings op die strand ( ja, hy dra haar onder sy arm) en Phoebe het hom vergesel na ’n ete- afspraak met ’n Instagram-aanhanger.

Vreemdelin­ge op straat se reaksie op Phoebe wissel van verwarring tot skok of simpatie. Maar Mitch sê ’n dooie hond as troeteldie­r het sy voordele.

Toe hy by ’n kroeg aan die kus van Oregon opdaag, het die kroegman hom eers probeer wegwys en gesê honde word nie toegelaat nie. Maar toe hy besef Phoebe is dood, was daar geen verdere teenkantin­g nie.

En toe hy eers met ’n koue bier by die kroegtoonb­ank kuier, het hy kort voor lank agtergekom Phoebe is ’n uitstekend­e manier om die ys te breek. “Toe ek my oë uitvee, het ek hope cool mense ontmoet en stories oor allerhande dinge uitgeruil,” sê Mitch.

“Almal was absoluut versot op haar. Ek dink ek het selfs ’n paar mense oortuig om hul eie honde te laat opstop wanneer die tyd aanbreek.”

 ??  ??
 ??  ?? BO: Phoebe met haar oorfone aan, besig om haar lyf platejoggi­e te hou. HEEL BO: Phoebe toe sy nog gelewe het. PHOEBE IN LEWENDE LYWE
BO: Phoebe met haar oorfone aan, besig om haar lyf platejoggi­e te hou. HEEL BO: Phoebe toe sy nog gelewe het. PHOEBE IN LEWENDE LYWE
 ??  ??
 ??  ?? Phoebe het haar baas, Mitch, al na groot geleenthed­e vergesel; sy het al in die gees van Halloween gekom met spesiale kostuums en die land vol gereis. Dié dooie hond is nou ietwat van ’n aanlyn sensasie.
Phoebe het haar baas, Mitch, al na groot geleenthed­e vergesel; sy het al in die gees van Halloween gekom met spesiale kostuums en die land vol gereis. Dié dooie hond is nou ietwat van ’n aanlyn sensasie.
 ??  ?? Mitch Byers en Phoebe is onafskeidb­aar. Mitch se ma, wat hy beskryf as sy “geliefkoos­de dooiehondv­rou“, het Phoebe laat opstop ná haar dood in 2013.
Mitch Byers en Phoebe is onafskeidb­aar. Mitch se ma, wat hy beskryf as sy “geliefkoos­de dooiehondv­rou“, het Phoebe laat opstop ná haar dood in 2013.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa