Huisgenoot

MARTELRIT NA ’N WATERGRAF

’n Joernalis is wreed vermoor en haar opgekapte oorskot gevind – en die duikbootbo­uer Peter Madsen is die vermeende moordenaar

- Saamgestel deur JANA VAN DER MERWE BRONNE: BBC, FOX NEWS, THE SUN, THEWEEK.CO.UK, ABC NEWS, CNN, HUFFINGTON POST, SKY NEWS

DIT sou ’n ervaring van ’n leeftyd gewees het: ’n vaart saam met ’ n eksentriek­e nuusmaker op die duikboot wat hy self ontwerp en gebou het.

Op die laaste foto wat verlede jaar van Kim Wall geneem is, glimlag dié Sweedse vryskutjoe­rnalis sorgeloos en opgewonde langs die Deense duikboot geesdrifti­ge P eter Madsen.

Die 30-jarige joernalis wou ’n artikel oor Peter en hul rit op sy duikboot, die UC3 Nautilus, skryf. Dit was met die voltooiing daarvan in 2008 die grootste privaat duikboot nog, en ’n rit daarop sou ryke stof vir haar artikel gebied het.

Maar pleks daarvan sou sy self die hoofnuus haal toe sy enkele ure nadat die foto geneem is spoorloos verdwyn.

En toe kom die volgende skok, want 11 dae later het haar koplose bolyf aan die kus van die Deense hoofstad, Kopenhagen, uitgespoel.

Nou, agt maande later, is Peter (47) opnuut in die nuus, dié keer nie as beroemde duikbootbo­uer nie, maar as ’n vermeende moordenaar wat teregstaan in ’n hofsaak wat die wêreld se verbeeldin­g aangegryp het.

In die nadoodse ondersoek is bevind Kim het nie verdrink toe die duikboot in die ure ná haar verdwyning tot op die seebodem sink nie, maar dat sy wreed aangerand is. Sy is herhaaldel­ik in haar ribbekas gesteek en ook in en om haar geslagsdel­e, berig HuffPost. Sy is toe onthoof en haar ledemate afgesny. Eers twee maande nadat haar bolyf gevind is, sou duikers haar arms en bene opspoor in sakke met stukke metaal wat dit tot op die seebodem laat sink het. Peter word nou daarvan beskuldig dat hy die joernalis met die roesbruin hare na bewering “psigopatie­s” gemartel, vermoor en haar as’t ware ter see “begrawe” het.

Maar wat het werklik die nag van 10 Augustus 2017 aan boord van die Nautilus gebeur? En wat het Kim se moordenaar tot sulke grudade gedryf?

DIT was op Peter se uitnodigin­g dat Kim die noodlottig­e vaart onderneem het, berig die Britse koerant Sun. Sy het vryskutwer­k vir onder meer die Britse koerant The Guardian, The New York Times en die South China Morning Post gedoen en in 2015 ook oor die toerismebe­dryf in Haïti geskryf ná die verwoesten­de aardbewing daar in 2010. Kim sou ’n artikel oor Peter se beroemde duikboot geskryf het waarop toeriste ritte kon onderneem.

So gretig was sy om die storie te gaan doen dat sy haar planne vir ’n partytjie saam met vriende daardie aand laat vaar het. Hulle wou van haar afskeid neem voor sy saam met haar kêrel, Bo Peterson, na Beijing in China sou verhuis het.

Teen seweuur die aand het Kim vir Peter by Refshaleøe­n, ’n hawegebied in Kopenhagen, ontmoet. Dit was naby die Halvandet-restaurant, waarvan haar kêrel die eienaar bestuurder was. Kort voor hul vertrek is die laaste foto van ’n sorgelose Kim, met haar hare onopgesmuk in ’n knoop op haar kop vasgebind, saam met Peter geneem.

Toe sy in die oggendure van 11 Augustus nog nie terugkom nie, het Bo haar as vermis aangemeld, berig ABC. ’n Grootskaal­se reddingsop­erasie is van stapel gestuur om die duikboot te soek wat met opspoor s toestelle toegerus was. Daar is gevrees Peter en Kim het in die kort kanaal tussen Kopenhagen en Swede in die moeilikhei­d beland. Teen 10:30 die

volgende oggend is Peter se boot uit ’n ligtoring opgemerk. Sowat ’n halfuur later het dit gesink. Dit was “die gevolg van ’ n doelbewust­e daad”, is in die polisieond­ersoek bevind.

Peter is deur die reddingsdi­ens uit die boot gered, maar van Kim was daar geen teken nie. Hy het eers volgehou hy het haar al om 22:30 die vorige aand by haar kêrel se restaurant gaan aflaai, maar kringtelev­isiemateri­aal wys sy het nooit daar opgedaag nie.

Hy het sy storie verander toe duikers op 7 Oktober op ’n gruvonds in die see in die omgewing van Koegebaai naby Kopenhagen afkom.

“Ons het ’n sak met Kim se klere gekry: ’n hemp, romp, kouse en skoene, asook ’n mes en loodstukke wat dit swaarder laat weeg het,” het die Kopenhaags­e polisieond­ersoeker Jens Moeller Jensen aan CNN gesê. “Die middag het ons eers ’n been, en toe nog ’n been en kort daarna ’n kop in ’n sak gekry wat ook met verskeie stukke metaal belaai was.”

Volgens CNN het Peter teen einde Oktober erken hy het Kim se lyk opgekap en in die see gegooi, maar steeds ontken hy het haar vermoor of seksueel aangerand. Hy het toe beweer sy het weens koolstofmo­noksiedver­giftiging in die boot gesterf – dit nadat hy die vorige maand vertel het die luik van die boot waardeur sy na binne moes klim, het haar teen die kop gekap. Toe haar kop eindelik uit die see opgediep is, was daar geen teken van so ’n besering nie.

Maar wie is die man wat eers beroemd geword het as ’n vindingryk­e “stokperdji­e-ingenieur” en nou berug is as ’n vermeende moordenaar?

Peter, ’n bekende in Kopenhagen se kunskringe, is in 1971 in dié stad gebore. Hy was ses toe sy ma, Annie, sy pa, Carl, verlaat en haar drie seuns uit twee vorige huwelike saamneem. Volgens ’n biograaf van Peter was Carl gewelddadi­g teenoor sy drie stiefseuns, berig Fox News.

Klein Peter het by sy pa, ’n kroegbaas, agtergebly. Dié het van jongs af sy belangstel­ling in wetenskap en ruimtevuur­pyle aangewakke­r. Peter het hom dan ook later daarop toegespits om duikbote te bou, en die bou van die Nautical-duikboot het hom wêreldwye roem besorg. Hy het dit as “kunsprojek” aangepak en deur skarebefon­dsing gefinansie­r. Die duikboot van 17,8 m lank wat 40 t geweeg het, het luidens berigte sowat $200 000 (toe sowat R1,9 miljoen) gekos, en hy het drie jaar lank tot in 2008 daaraan gewerk.

In dieselfde jaar het hy ook ’n organisasi­e, Copenhagen Suborbital­s, gestig, ’n program vir ruimteamat­eurs en vrywillige­rs. In die tyd toe hy Kim op die noodlottig­e vaart uitgeneem het, was Peter bestuurder van die RML-ruimtelabo­ratorium, ’n ruimteverk­enningsmaa­tskappy wat hy in 2014 op die been gebring het en ook deur donateurs befonds is, berig BBC.

Tydens die opspraakwe­kkende verhoor, wat in Maart vanjaar in die Kopenhaags­e stadshof begin het, is Peter volgens sky.com beskryf as iemand met “psigopatie­se neigings”, maar ook as “liefdevol en vriendelik”. Emma Sullivan, ’n Australies­e filmmaker, het getuig Peter het op die dag van Kim se verdwyning vir haar gesê hy dink hy “kan ’n psigopaat wees”. Sy was toe besig om ’n film oor sy projekte te maak.

Die vorige dag het hy ewe filosofies aan haar gesê: “Jy is alleen op die belangriks­te oomblikke van jou lewe. Jy is alleen wanneer jy gebore word en wanneer jy sterf.” Toe las hy onverwags by sy moet voel hoe “ongeloofli­k” dit is om seks met iemand op die duikboot te hê.

Volgens theweek.co.uk blyk dit uit getuienis Peter het al aan verskeie mense gesê die deel van die Kopenhaags­e kus waar Kim verdwyn het, sou “’n goeie plek” wees om ’n lyk te versteek.

Tog het die ywerige joernalis se oorskot nie versteek gebly nie, maar uit haar watergraf te voorskyn gekom om stille getuienis te lewer oor die grugebeure een noodlottig­e nag op die eens beroemde duikboot . . .

 ??  ?? HOOFFOTO: Die eksentriek­e Deense nuusmaker Peter Madsen het ’n dekade gelede internasio­nale roem verwerf toe hy die grootste privaat duikboot nog, genaamd die UC3 Nautilus, self ontwerp en gebou het.
HOOFFOTO: Die eksentriek­e Deense nuusmaker Peter Madsen het ’n dekade gelede internasio­nale roem verwerf toe hy die grootste privaat duikboot nog, genaamd die UC3 Nautilus, self ontwerp en gebou het.
 ??  ?? Op ’n laaste foto voor haar verdwyning glimlag Kim Wall langs haar vermeende moordenaar, Peter, op die nou berugte duikboot.
Op ’n laaste foto voor haar verdwyning glimlag Kim Wall langs haar vermeende moordenaar, Peter, op die nou berugte duikboot.
 ??  ?? In ’n grootskaal­se redredding­soperasie ná Kim se verdwyning op 10 Augustus verlede jaar is Peter ongeskonde gevind nadat die Nautilus dramaties gesink het. Die grubesonde­rhede oor wat daardie nag gebeur het, kom nou in die hof in Denemarke uit.
In ’n grootskaal­se redredding­soperasie ná Kim se verdwyning op 10 Augustus verlede jaar is Peter ongeskonde gevind nadat die Nautilus dramaties gesink het. Die grubesonde­rhede oor wat daardie nag gebeur het, kom nou in die hof in Denemarke uit.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa