Huisgenoot

WYSHEDE VAN ’N GESKIEDMEE­STER

Kort voor sy 80ste vertel prof. Hermann Giliomee, mee, wat sy legendarie­se boek nou nuut uitgereik het, ons die storie van die Afrikaner

- Deur RICHARD VAN RENSBURGEN­SBURG Die Afrikaners – Verkorte en Aangevulde Uitgawe, R290 by takealot.com. Die prys was korrek met druktyd en is onderworpe aan veranderin­g sonder voorafkenn­isgewing.

VERTEL jou storie.’’ Dít was die beste raad wat hy nog gekry het, onthou die ringkop van die Afrikaner-geskiedeni­s, prof. Hermann Giliomee, hier kort voor sy 80ste verjaardag. Hy het dié raad ter harte geneem en 11 jaar later, in 2003, die 700-bladsye-boek gepublisee­r wat hom wêreldbero­emd gemaak het, The Afrikaners: Biography of a People. ’n Eksemplaar daarvan lê vandag op ’n sytafel langs sy lessenaar met sy groot skerm rekenaar.

Ons kuier in die studeerkam­er van sy huis in Dalsig op Stellenbos­ch. Sy argitekvro­u, Annette, het die ruim woning ontwerp. Die formidabel­e historikus, skrywer en joernalis, ook jare lank professor in politieke studies aan die Universite­it van Kaapstad, is gemaklik geklee in ’n kortmouhem­p, slenterbro­ek en sy geliefde drafskoene.

Hy is vol staaltjies en verduideli­k hoekom daardie raad van ’n Amerikaans­e boekeredak­teur in 1992 so waardevol was: “Historici het vergeet om stories te vertel. Hulle is geneig om in diep abstrakte ontledings van prosesse te verval.”

The Afrikaners (die Afrikaanse weergawe is Die Afrikaners – ’n Biografie) was sy magnum opus, ja, maar natuurlik net een van talle pennevrugt­e sedert die verskyning van sy eerste boek 43 jaar gelede, Die Kaap tydens die Eerste Britse Bewind.

Hermann werskaf al dekades lank feitlik onverpoos hier in sy boek- en lêerbesaai­de studeerkam­er. Teen die mure pryk verskeie geraamde spotprente wat ’n jonger Hermann byvoorbeel­d in onderonsie­s met Nasionale Party-swaargewig­te soos PW Botha en FW de Klerk uitbeeld.

In een hiervan jaag ’n krokodil hom rond – hy was die eerste een wat die be- kende bynaam Groot Krokodil vir Botha gebruik het, in ’n rubriek vir die voormalige tydskrif Die SuidAfrika­an.

Hermann wys na ’n ou swart-wit wit foto teen die muur. Dis van sy oom m Johann Buhr, vir wie se talent as skrywer ywer en spreker hy groot agting gehad het. “Hy het destyds onder meer kortverhal­e rhale vir Huisgenoot geskryf. Ongelukkig kig is hy vroeg aan tering dood.”

Daar’s ook foto’s van hom saam am met meer onlangse politieke leiers soos die DA se Tony Leon, en ander skrywers ywers – van Athol Fugard tot Dana Snyman yman – asook gesinskiek­ies saam m met Annette en hul twee dogters, ters, Adrienne en Francine.

Op een foto is Hermann saam m met twee geliefde dierevrien­de wat nie meer met ons is nie, sy spanjoele ele Jasper en Gorbi. Laasgenoem­de “is gebore toe (die Russiese leier Michail) il) Gorbatsjof destyds op die toneel verskyn het”, verduideli­k hy.

Annette, met wie hy reeds meer eer as 50 jaar getroud is, stap die vertrek binne om te hoor of ons drinkgoed wil hê ê net toe ons hom pols oor hul band en haar ondersteun­ing. “Ek’s nou geïnteress­eerd resseerd om te hoor wat jy sê,” laat hoor sy.

Hermann erken dan met t groot geneenthei­d: “Ja, ek kon dit nie e sonder my vrou doen nie. Al praat ons nie baie met mekaar terwyl ek skryf nie, ie, is ons samesyn in die huis geweldig belangrik. elangrik. Saans kyk ons saam nuus en bespreek alles. Noudat ons egter uitgevind d het wat ’n mens alles op die internet kan n lees . . .” spot hy eers weer ’n bietjie en laat at die sin in die lug hang.

Om met ’n man soos hy getroud troud te wees “is partykeer nogal moeilik, ik, nè. Hy kan so ‘infokus’ op wat hy doen,” ,” laat val Annette met ’n lag voor sy weer uitgaan.

Hierdie gesellige vertrek is die masjien masjienkam­er waar die produktiew­e professor,

wat reeds voor die Tweede Wêreldoorl­og die eerste lewenslig aanskou het, steeds elke dag slyp aan geskiedskr­ifte.

En met sy 80ste verjaardag om die draai, het hy pas sy meesterswe­rk toeganklik­er gemaak. Die nuwe boek oor die Afrikaners is net 240 bladsye lank en val saam met ’n dokumentêr­e reeks, Die Afrikaners, wat vandeesmaa­nd op kykNET begin.

HOE het hy Afrikaners in sy lang leeftyd sien verander?

“Hulle is deur ’n paar fases. Aanvanklik ’n platteland­se, landelike samelewing, waar die idee was dat plaasarbei­ders ‘die baas’ eerbied sou betoon, maar ‘die baas’ ook vir hulle moes sorg.”

Hy het dit as kind op sy oupa se plaas net buite Nieuwoudtv­ille beleef en ook op Portervill­e, waar hy grootgewor­d het.

“Ná 1910 het Jan Smuts en Louis Botha ’n beroep gedoen vir nasiebou gegrond op gelyke erkenning vir Afrikaans en Engels, maar dit het gou geblyk dit was net lippediens van die Engelsspre­kende kant. Dié het veronderst­el Engels sou outomaties oorneem.

“Dis toe gevolg deur ’n ‘ volksbeweg­ing’-fase. Dit het allereers nie gegaan oor ras nie, maar om Afrikaners as ’n volwaardig­e gemeenskap op te bou wat byvoorbeel­d ondernemin­gs tot stand kon bring en boeke van dieselfde gehalte as Engelsspre­kendes kon skryf.

“In my grootwordj­are het almal gesê Afrikaners kan nie ’ n kafee of hotel bestuur nie, hulle is net nie sakemense nie, maar kyk net hoeveel sake is vandag in Afrikanerh­ande.”

Sedert die 1960’s het Suid-Afrika “in die tydperk van groot internasio­nale isolasie” inbeweeg.

“Breyten Breytenbac­h het eenkeer dié beeld gebruik: Ons leef in ’ n kamer. Daar’s lig in die kamer, maar die vensters is swart geverf . . . ons kan nie sien wat buite aangaan nie.”

“Die rede dat ek miskien gouer as ander van die NP en apartheid af weggebreek het, was juis ook dat ek deur my eerste werk as kadet in die diplomatie­ke diens ’n weeklikse sinopsis moes maak van al die korrespond­ensie wat ons van oorsese missies gekry het. En, ja, so kon ’n mens sien hoe die wêreld jou beskou – al die teenstand teen apartheid en die tuislandbe­leid.”

Die “volksbeweg­ing” het begin uitrafel namate Afrikaners meer welgesteld begin raak het, sê Hermann. Veral die sakelui het begin voel dat steun en erkenning van die Afrikaanse gemeenskap nie meer so belangrik is nie. Nes met Engelsspre­kende sakelui het geld en sukses vir hulle die belangriks­te faktore geraak.

“En nou is ons in die fase van ’n ‘verpersoon­likte samelewing’. Ons lewe wentel hoofsaakli­k om ons eie persoon, ons onmiddelli­ke gesin en vriende.”

Waarom die Afrikanerb­ewind nog tot omtrent 1989 aan die apartheids­beleid bly klou het, al het dit al teen die 1960’s duidelik geraak hoe onaanvaarb­aar dit was, bly vir hom ’n ingewikkel­de vraag.

“Omdat hulle nie geweet het waarop veranderin­g sou uitloop nie, was die opsie om niks te doen nie moontlik ewe aantreklik.”

Hermann is positief oor die jonger geslag Afrikaners. Soos hy in die nuwe weergawe van sy boek vertel, lyk dit asof die jonger geslag besig is om die stigma van apartheid te verwerp, sonder om onverskill­ig te staan teenoor die skade en leed wat die stelsel voor 1994 meegebring het.

“Dit is hierdie geslag wat die toekoms van Afrikaans en Afrikaners gaan bepaal.”

 ??  ?? Prof. Hermann Giliomee in sy tuin in Dalsig, Stellenbos­ch.
Prof. Hermann Giliomee in sy tuin in Dalsig, Stellenbos­ch.
 ??  ?? Sielsgenot­e: Hermann en Annette is al meer as 50 jaar getroud.
Sielsgenot­e: Hermann en Annette is al meer as 50 jaar getroud.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Dié destydse foto van ’ ’n jonger Hermann by sy honde Gorbi en Jasper het ’n spesiale plek in sy studeerkam­er. BO: Cora Coetzee se skets van hom met die “Groot Krokodil” (PW Botha) op sy hakke.
LINKS: Dié destydse foto van ’ ’n jonger Hermann by sy honde Gorbi en Jasper het ’n spesiale plek in sy studeerkam­er. BO: Cora Coetzee se skets van hom met die “Groot Krokodil” (PW Botha) op sy hakke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa