Huisgenoot

KAAPSTAD SE EIE TOMB RAIDER-STER

-

Die jongste Tomb Raider-fliek trek tans wêreldwyd aandag en Suid Suid-Afrika Afrika ka kan met trots sê ’n Kapenaar is deel van die opwinding. pwi Keenan Arrisonn Arrison (3 (37), ook bekend as Dannny Danny in die kykNETdraa­m dramareeks Sara Se Geh Geheim, is in die aksier sierolpren­t te sien as Ro Rocket, een van vyf huu huursoldat­e wat vir diie die a antagonis, Mathias Voggel Vogel (gespeel deur Walton GGog Goggins), werk. Keenaan Keenan s sê hy is al sedert sy kinderdaae kinderdae ’n aanhanger van die Tomb Raaid Raider-videospele­tjie, waarop di die fliek gegrond is. “Nou heth het ons die lokettreff­ffeer treffer v van 2018 met Alicia Vikannde Vikander as die fokuspunt. Dis ’n droom vir enige akteur en rekenaarsp­eletjiefan­atikus.”

Alicia (29), wat in 2016 die Oscar gewen het vir beste byspeler vir haar spel in The Danish Girl, speel Lara Croft. Sy het die rol by Angelina Jolie oorgeneem, wat Croft in die vorige twee flieks gespeel het. “My hoogtepunt was om drie dae lank saam met Alicia aan een van die fliek se grootste gevegstone­le te werk. Die toneel was uitdagend en verfrissen­d, maar om saam met ’n ongeloofli­ke waaghalssp­an te werk het die wêreld beteken,” sê Keenan.

Grant Powell en Vernon Willemse van Stunteam het hom opgelei om sy gevegsroet­ine uit te voer en die waaghalsko­ördineerde­r Mo Marais van Stunt Network was aan die stuur van die toertjies. “Die dissipline en fokus was ongeloofli­k en dis vaardighed­e wat ek vir die res van my loopbaan met my sal saamdra.”

Tomb Raider is oor ses maande verfilm, hoofsaakli­k in Suid-Afrika en Engeland. Keenan se tonele is in Kaapstad verfilm, maar hy het die première in Londen bygewoon. Hy het hegte bande op die stel gesmee. “Ons het as ’n eenheid in ’n span weggestap en goeie vriende geword.”

 ??  ?? BO: Op die stel by die akteur Adrian Collins (regs). LINKS: Keenan vertolk die rol van Rocket. ONDER: By Tomb Raider se première in Londen.
BO: Op die stel by die akteur Adrian Collins (regs). LINKS: Keenan vertolk die rol van Rocket. ONDER: By Tomb Raider se première in Londen.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa