Huisgenoot

Egbreuk en egskeiding is soms erger as die finaliteit van die dood

-

met hartseer dat ek Jenna Clifford se storie gelees het (Dis verby – hy’t my nie lief, 15 Maart).

Ek het eens gedink ek leef in ’n ewigdurend­e sprokie. Maar 19 jaar gelede, ná 25 jaar, was dit verby.

As jy dit nie self deurmaak nie, sal jy nooit verstaan nie. Dis erger as die dood. Die dood is ’n eerbare en finale afskeid. Egskeiding is ’n oneerbare afskeid, daardie gevoel dat jy nie goed genoeg was nie. Alles wat ’n mens saam opgebou het, word eensklaps afgebreek.

Ek is deur my eks en sy prokureur in ’n egskeiding ingekul in ’n stadium dat ek in ’n diepe depressie was nadat ek van sy eerste skelmpie uitgevind het. Natuurlik het my eks en sy prokureur ’n eensydige skikking opgetower wat net hom bevoordeel het. Ek is gelaat met R127 000 kontant, my kar en meubels.

Onlangs was Sharon en die Munsie- ville-man en sy skelmpie op die kykNETprog­ram Skelmpie. Soos Sharon gesê het: As jy nie meer getroud wil wees nie, sê dan so. Moenie jou maat inloop nie.

Wat het hy/sy aan jou gedoen om jou oneerlikhe­id en ontrouheid te verdien? Later vind jy uit daar was vele ander skelmpies. Jy hoor uit sy eie mond hy was nooit lief vir jou nie.

Die sekretares­se, 23 jaar jonger as hy, was toe die wenner van al die skelmpies. Maar sy kan hom gerus kry en hou – as sy kan. Al wat ek graag sou wou sien, is reg en geregtighe­id, maar dis helaas te laat vir my. Gelukkig moet elkeen van ons eendag rekenskap gee.

Intussen het ek my sielsgenoo­t gevind – my Harley-Davidson-motorfiets. Ek geniet elke oomblik in my Harley se saal. Four wheels move the body; two wheels move the soul!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa