Huisgenoot

BESTUUR ADVERTENSI­ES WAT JOU BEREIK

-

Jy bekyk in jou etensuur allerhande webtuistes, want jy is op soek na nuwe onderklere. Skielik is daar ’n vloed advertensi­es vir bra’s in jou nuusstroom. Die slegte nuus? Facebook is soos ’n knaende spoorsnyer wat weet van elke beweging wat jy aanlyn maak, en daar is niks wat jy kan doen om te keer dat sy algoritmes al jou behoeftes uitsnuffel nie.

Die goeie nuus? Jy kan beheer neem van wat Facebook met me jou data doen.

Klik op die afpyltjie afpy regs boaan jou Facebook-blad. Klik no nou op Settings. Klik aan die linkerkant van die blad op Ads. Gaan na Ad

settings en skakel skake Ads based on my use of

websites and apps app af – nou kan Facebook nie jou inligting vir vi adverteerd­ers gee om jou spesifiek te teiken teike nie.

Onder Ads with your social actions kan jy kies wie kan sien hoe jy gereageer het op advertensi­es of geborgde g inskrywing­s.

Gaan nou na Hide Hid ad topics. Hier kan jy kies om advertensi­es wat w relevant is tot sekere moontlik sensitiewe sensitie onderwerpe ses maande, ’n jaar of permanent nie te sien nie. Foonwenk: Jy kan kies om nie advertensi­es op jou slimfoon of tablet te ontvang nie as jy gaan na hierdie toestel se eie Settings (dus nie na die Settings binne-in Facebook nie).

Op Apple se iPhone- en iPad-toestelle maak jy so: Gaan G na Settings, Privacy, en rol dan af tot by Advertisin­g. Klik nou op Limit ad tracking. Dit lyk of Android-toest stelle verskillen­de stellings hiervoo hiervoor het. Ons stel voor jy soek deur jou stellings of raadpleeg jou diensversk­affer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa