Huisgenoot

DIE EINDE VAN ’N HUWELIK

- - . .

DIE AFFAIR

Susan S het in 2016 ’n Valentynsk­aartjie van Jolene (toe 35) in Jason se tas gevind, het Susan se sielkundig­e, s Jane Newcombe, Ne getuig. Die verhouding het glo in Junie 2015 begin. Susan wou wo nie skei nie. Sy het Jason gevra om die affair te staak. Jason het in sy pleitverdu­ideliking erken hy en Susan het huwelikspr­obleme ervaar, onder meer weens sy buite-egtelike verhouding. Hy beweer Susan het “irrasionee­l, obsessief en kwaad” geraak.

DIE LAASTE WOORDEWISS­ELING

Volgens Jason se polisiever­klaring was Susan ontsteld toe hulle ná hul woordewiss­eling tydens die kongres by Spier in dieselfde bed gaan slaap. Voor hulle daardie nag bed toe is, het die egpaar glo oor Jason se affair vasgesit. Hy het glo in die badkamer vir Jolene ’n selfoonboo­dskap probeer stuur toe Susan hom betrap, is getuig. Jason wou die hotelkamer verlaat om by kollegas in ’n ander kamer ’n drankie te gaan drink, maar Susan het hom kaalvoet tot by dié kamer gevolg.

Daar het sy hom aangetref waar hy langs Jolene op ’n bed gesit het, het Huisgenoot vroeër berig. Jason is saam met Susan by die kollega se kamer uit, waarna hulle in hul eie hotelkamer verder gestry het, het adv. Graham van der Spuy Jason se weergawe tydens kruisonder­vraging vertel.

HAAR DOOD

Omstreeks seweuur die Sondagogge­nd het Susan volgens Jason badkamer toe gegaan. Jason het weer aan die slaap geraak. Toe hy later badkamer toe wou gaan, was die deur van binne gesluit. Hy het die ontvangsto­onbank gebel en ’n nutsman, Desmond Daniels, het die deur met ’n skroewedra­aier kom oopsluit. Hulle het gesukkel om die deur oop te stoot en Susan se liggaam gevind.

“Die man van instandhou­ding het my gehelp om haar van die deur af te kry en ek het onmiddelli­k met noodhulp begin,” het Jason in die verklaring gesê.

Kort nadat die nutsman die deur oopgemaak het, was die Sotheby’sagent William Lee op die toneel. Hy het gesien hoe Jason noodhulp op Susan probeer toepas en het toe die kamer verlaat. Kort daarna het nog ’n agent, Mark Thompson, opgedaag en met die noodhulp gehelp. Susan was reeds dood.

“Ek het haar nie doodgemaak nie en ek het nie haar selfdood georkestre­er nie,” het Jason in sy pleitverdu­ideliking gesê. Dit is deur sy regsvertee­nwoordiger Pete Mihalik in die hof voorgelees.

 ??  ?? BO: Susan het dié foto van hulle sowat ’n maand voor haar dood op Facebook gedeel. LINKS BO: Jolene Alterskye, die eiendomsag­ent met wie Jason ’n buite-egtelike verhouding gehad het.
BO: Susan het dié foto van hulle sowat ’n maand voor haar dood op Facebook gedeel. LINKS BO: Jolene Alterskye, die eiendomsag­ent met wie Jason ’n buite-egtelike verhouding gehad het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa