Huisgenoot

’N GESIN SE GEHEIME UITGELAP

-

’N GESKIEDENI­S VAN AFFAIRS

Susan se swaer, Peter Norton, het getuig haar pa, Neville Holmes, het ook ’n buiteegtel­ike verhouding gehad. Hy het getuig dit het ’n groot impak op haar gehad.

Jason se regsvertee­nwoordiger Pete het in die hof aangevoer Susan se familie het Jason soos ’n misdadiger laat voel en hom verstoot toe hulle van sy affair uitvind.

Toe Neville saam met nog familieled­e by die hotelkamer opdaag waar Susan se lyk gevind is, het hy Jason gevra om sy hande te wys, het Peter getuig. Peter sê daar was nie merke aan Jason se hande nie, maar dat Jason erken het hulle het voor haar dood gestry.

INTIEME WHATSAPPS

Beledigend­e WhatsApp-boodskappe het tussen Jason en Susan gevlieg tydens die konferensi­e by Spier, het twee selfoondes­kundiges getuig.

Terselfder­tyd het Jason liefdevoll­e boodskappe aan Jolene gestuur. “Ek wil niks meer hê as om by jou te wees nie,” het hy geskryf. En Jolene het geantwoord: “My pikkewyn vir altyd.”

Daarteenoo­r het Jason vir Susan geteks: “Ons is verby.”

Kort voor haar dood het Susan en Jolene ook vir mekaar kras boodskappe gestuur.

Die verslag met die Rohde-egpaar se WhatsApp-boodskappe, wat by die hof ingedien is, het gewys dat hul verhouding wipplank gery het nadat Susan van die verhouding met Jolene uitgevind het.

Soms was hul boodskappe die ene liefdeswoo­rdjies; ander dae weer vol beledigend­e skelwoorde.

GELDPROBLE­ME

Tydens Jason se hofverskyn­ing in Februarie het Pete in die hof aangekondi­g dat Jason se finansies net voldoende sou wees om die koste van een advokaat en die verdedigin­g se spesialisg­etuies te dek.

Pete, asook advv. Ross McKernan en Stacey Webb, moes hulle aan die saak onttrek. Adv. Graham van der Spuy, wat onder meer in mediese regswerk spesialise­er, sou die saak verder saam met Jason se prokureur, Daniel Witz, hanteer.

Hoewel Jason voorheen glo sowat R100 000 per maand verdien het, sukkel hy glo nou finansieel en skuld hy sy regspan honderddui­sende rande, het Netwerk24 berig.

Die Rohdes se spoghuis in Johannesbu­rg is sowat twee maande voor Susan se dood vir R10,3 miljoen in die mark geplaas en sedertdien vir ’n onbekende bedrag verkoop.

Die huis was glo in Susan se naam en die geld is ná die verkoop van die huis in ’n trustreken­ing geplaas wat Jason nie nou kan gebruik nie.

 ??  ?? Die prentjiemo­oi Rohdegesin vroeër. Die egpaar het drie dogters.
Die prentjiemo­oi Rohdegesin vroeër. Die egpaar het drie dogters.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa